OO: Q&A

OudtshoornOnline se kritici sê lelike goed oor OO – siés!

Aanklag: Niemand lees OO nie

  1. Mense met geld en invloed lees OO.
  2. Maar daar is honderde mense wat OO elke dag op papier lees – sommige groot werkgewers druk die berigte en versprei dit onder hulle werknemers.
  3. Tydens protesoptogte op Oudtshoorn is dit slegs OudtshoornOnline se naam wat op plakkate verskyn – geen ander plaaslike of streekskoerant se naam word genoem nie – die mense léés OO!
  4. En… hierdie mense (klik hier) is beslis nie “niemand” nie!
  5. Die premier van die Wes-Kaap; die LUR vir finansies; die LUR vir plaaslike regering; die hoof van regeringsake vir die DA; die leier van die DA in die Wes-Kaap…

    Niemand lees OO nie!? Wat jy wáár kry!

    Aanklag: OO is te krities oor die munisipaliteit

    1. Ag fóéi! OO beríg maar net die féite!

    Aanklag: Te min mense gebruik die Internet op Oudtshoorn

    1. OO het gemiddeld 1,500 unieke besoekers elke dag wat tot 4,000 bladsye per dag lees.
    2. Mense met geld en invloed op Oudtshoorn lees OO elke dag.
    3. Mense van “Messina tot in Kaapstad” lees OO elke dag – mense wat in plaaslike regeringsake belangstel en OO se kommentaar geniet en insiggewend vind.
    4. Mense wat in die Wes-Kaapse wetgewer in Kaapstad werk en wat in en om die Skiereiland woon, lees OO elke dag.
    5. Mense wat nie op die Internet rondblaai (surf) nie, maar slegs e-pos gebruik (soos oupas en oumas wat hulle banksake aanlyn doen en met hulle kinders en kleinkinders in Perth en Totonto gesels) lees OO want hulle ontvang daagliks ‘n e-pos met ‘n maklike skakel na OO toe.

    Aanklag: OO is te negatief

    OO berig elke dag juis die mees positiewe aspek van Oudtshoorn se gemeenskap: dat die mense van Oudtshoorn verandering wil hê en polities bewus is en Oudtshoorn se sukses wil verseker. Kritiek op die raad en die administrasie help om die beste dienslewering op Oudtshoorn te verseker. Gaan kyk maar wat sê OO se invloedrykste lesers van OO!

    Dís Theuns Botha, Wes-Kaapse leier van die DA, se mening oor OO: “Jy verdien defnitief ook my respek, regtig. Ek beoordeel jou publikasie objektief en ek het werklik toegang tot vele publikasies. Jy vertel dit soos dit is en dit is jou reg en ook die publiek se reg om dit so te ontvang. Ek lees nie altyd in jou publikasies wat ek sou verkies om te lees nie maar wel wat objektief geskryf behoort te word, en dit is reg so. Politici, soos ekself, kan nooit ‘n publikasie afmaak of beledig wanneer daar objektiewe beoordeling en rapportering is nie. Die enigste billike versoek van politici behoort te wees dat die feite korrek weergegee moet word – daarin slaag OO 100%. ‘n Publikasie wat politici noodwendig pas, doen nie sy werk nie. ‘n Publikasie wat objektief en waar rapporteer, doen sy werk! As die waarheid seermaak is die fout by die een waaroor gerapporteer word en nie by die een wat rapporteer nie – vra my, ek was al baie aan die ontvang kant vir foute en flaters! OO doen sy ding vir Oudtshoorn! Miskien moet OO oorweeg om sy konsep en resep te “franchise” in SA – dan glo ek sal die waarheid hard slaan in ons land! Doen so voort! OO is goud werd vir Oudtshoorn! En ja, aanhouer wen – vra jou vrae tot die antwoorde uitgerafel is – gewone regeringsake mag nie geheime wees nie!”

    Nou ja tóé!

2 thoughts on “OO: Q&A

  1. Dear Ed.

    Investigative journalism at its best with the added bonus of fine grammar, penmanship and the odd dose of much needed rhetoric!

    Keep it up.

  2. So n bek kort JEM!
    Dis net leuenaars of oningeligtes wat kritiek uitspreek oor die waarheid! Kyk maar hoe spring ‘skelms’ in die hooge gestoeltes vd regering [ Zuma] ingesluit, soos katte op n warm sinkplaat rond oor hulle skandes wat in die media geopenbaar word! Plaaslik is dieselle storie! SKANDE!

Leave a comment