“Hou op kerm en kla en sanik en lieg”

“Laat geld julle in ‘n konstitusionele demokrasie, Ivan, of bly verdomp stil! Hou op neul, man!”

For updates, new stories, and additional comment, click here to follow @DrewanBaird on twitter

Drewan Baird. Oudtshoorn. September 18, 2014. 06h02. Die voormalide DA-koalisieburgemeester, Raadsheer James Swiggelaar, het Maandag die meestal ingevoerde DA-groepie voor die munisipaliteit toegespreek:

Welkom!

Welkom!

Welkom veral aan die DA.

Ons hier by die munisipaliteit sien die DA omtrent nooit.

Want die DA boikot komitee-vergaderings.

En die DA boikot raadsvergaderings.

Ons sien DA-raadslede net as hulle kom geld soek.

En ons sien DA-raadslede darem ook as hulle kom verduidelik dat hulle nie bedank het nie.

Want DA-raadslede weet nie WAT hulle teken nie; hulle weet nie OF hulle teken nie; hulle weet nie HOEKOM hulle teken of NIE teken nie.

So het oom Ben van Wyk, die DA se voormalige burgermeesterskandidaat, in Junie verlede jaar ‘n skikking geteken en later vir Helen Zille oortuig dat hy nie geweet het WAT hy teken nie, of dat hy GEDOG het hy moes teken; en dat ‘n koukuskollega en een of ander prokureurtjie hom gesê het om te teken.

As die DA OOIT deur die een of ander wonderwerk op Oudtshoorn aan bewind kom, wie weet wat hulle sal teken, of nie teken nie.

Daar blyk ‘n geletterdheidsprobleem te wees – kan die mense ooit lees?

Die DA se Wes-Kaapse leier, DOKTOR Ivan Meyer, weet byvoorbeeld nie die verskil tussen ‘n lopende- en ‘n trustrekening nie. Om nie te praat van hom steur aan feite nie. Sy praat is so los soos ‘n graad-een kind se voortande.

Op 31 Mei verlede jaar het die DA die bewind probeer steel. Ons het hulle gekeer.

Op 24 Junie verlede jaar het die DA honderde duisende rand van Oudtshoorn se belastingbetalers probeer steel om een van hulle kollegas se persoonlike skuld te betaal. Ons het hulle gekeer.

Vandag probeer die DA die Nuus steel. En ons keer hulle, want die nuus is DIT:

Hou op kerm en kla en sanik en lieg en kry 13 raadslede om die burgemeester te lig en die raad is julle s’n.

Daar HANG die sleutel.

EENVOUDIG!

Maar die DA se WIT MANS braai saam en die DA se BRUIN koukuslede vergader apart by ‘n hotel en een van die DA se raadslede is voorlopig bankrot verklaar en daar is glad TWEE mense wat elkeen kleim hy en sy is die DA se Cope-vennoot en een van die DA se koukuslede is so met weersin vervul oor die honderde duisende wat probeer steel is dat hy nie wil saamwerk nie…

En dan kla die DA die EEN aan wat kapsie maak teen die attempted stealing – en DIE wat probeer steel het kom NIKS oor nie!

Die DA se beginsels is soos selfoonontvangs tussen Oudtshoorn en Calitzdorp – dit kom en gaan.

Laat geld julle in ‘n konstitusionele demokrasie, Ivan, of bly verdomp stil! Hou op neul, man!

En kom werk ‘n slag. Ons moet ALS self doen hier!

One thought on ““Hou op kerm en kla en sanik en lieg”

  1. Daar is geen genesing vir onnoselheid nie:
    In Bybelse perspektief: As jy oog jou laat struikel pluk hom uit
    In Sake perspektief: As ‘n werknemer jou laat struikel, pluk hom uit
    In Politieke perspektief: As ‘n raadslid jou laat struikel, pluk hom in.

    “Waar sal ons hulp vandaan kom”

    In Bybelse perspektief: Van U wat hemel en aarde geskape het en sonde veroordeel
    In Sake perspektief: Van ‘n leier wat van koers kan verander en bottelnekke elimineer
    In Politieke perspektief: Van amusante met baie woorde, wat nie baanbrekers se stert werd is nie.

    “Waar ‘n Wil is, is daar ‘n Weg” “O genees ons asseblief, Asb, Asb, Asb”

    In Bybelse perspektief: Spring in as die engele die bad roer…..
    In Sake perspektief: Sit die bakke uit as dit pap reën
    In Politieke perspektief: Roer die dominoes dat die spel kan aangaan.

    Kom aan Helen, jy weet van beter. “Verwyder die ou kaarte dit laat mens baie klop, of wil jy nie ‘n sout slaan nie”
    Wat is vir jou belangrik, Die DA van Suid Afrika, of ‘n paar goue vissies in ‘n bak op Oudtshoorn…
    As jy nie gaan optree nie, gaan ‘n snoek in jou vistenk beland op Oudtshoorn en net daar vrek as hy jou goue vissies gevreet het.

    Het jou doktor enige genesing gebring met die inspuitings wat hy hier op Oudtshoorn uitdeel, Ek dink nie so nie. Ek dink die Blou virus is besig op jou stadig op te neek.

    Sterkte, julle luister mos nie na gewone mense nie.

Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out / Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out / Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out / Change )

Google+ photo

You are commenting using your Google+ account. Log Out / Change )

Connecting to %s