Jeffrey Donson kap Zelda Jongbloed en Die Burger

DA leuens ontbloot

For updates, new stories, and additional comment, click here to follow @DrewanBaird on twitter

Drewan Baird. Oudtshoorn. 15 Augustus 2014. 18h30. Die Uitvoerende Burgemeester van Kannaland, raadsheer Jeffrey Donson, het vandag skerp gereageer oor ‘n berig in Die Burger – Bewyse van korrupsie is glo verbrand:

Die Media24-reus, Die Burger, haal vanoggend – Bewyse van korrupsie is glo verbrand – die DA se politieke hoof van die Kannaland-kiesafdeling, Zelda Jongbloed, só aan: “Die Valke het onverwags toegeslaan nadat dit onder hul aandag gebring is dat sleutelbewyse… na bewering verbrand word”.

Daar kan géén rekord gevind word dat Die Burger-joernalis, Malherbe Nienaber, die Kannaland Munisipaliteit genader het om die inligting wat hy van Jongbloed ontvang het, na te gaan nie. Daar is rede om te vermoed dat Malherbe eenvoudig Jongbloed, ‘n voormalige senior redakteur by Die Burger, se weergawe goedsmoeds aanvaar het.

Die Valke, by monde van die woordvoerder, ondersoek ‘n “verslag oor beweerde bedrog en korrupsie”… nie ‘n klag, of klagtes, nie. Die Valke het twee weke gelede reeds dokumente aangevra wat gister aan hulle oorhandig is… sonder enige tekens dat die dokumente eers náby vlamme was.

Brigadier Oliver het vanoggend sy waardering vir Kannaland se samewerking aan die munisipale bestuurder bevestig.

Die Valke gaan die dokumente – en enige ander dokumente wat hulle wil hê – nou aandagtig bestudeer en dan besluit of daar ‘n klag, of klagtes, aanhangig gemaak behoort te word.

Oor die “verbranding” kan ek met ‘n gesonde skeut verkneukeling bevestig dat Kannaland plek gemaak het vir die ouditeur-generaal se personeel en dat die munisipale bestuurder opdrag gegee het dat ‘n kantoor, waarin kopieë van ou nuusbriewe en papiere en leggers wat in onbruik is onnet rondgelê het, opgeruim word.

Pleks van die ongebruikte papier teen belastingbetalerskoste iewers te stoor, is dit verbrand – in die openbaar, soos ‘n amperse auto-da-fé.

Die OG se mense het die munisipale bestuurder reeds bedank vir hulle nuwe werkspasie.

Ek is verbyster dat Jongbloed, ‘n voormalige senior redakteur van ‘n koerant met die onberispelike reputasie van die Media24-vlagskip Die Burger, so voortvarend en onverantwoordelik kan optree! Hierdie verregaande leuen sal sonder verwyl aan Jongbloed se nuwe politieke base, en die openbare beskermer, gerapporteer word.

Bid jou aan: ‘n Weke-oue versoek vir inligting word nougeset toegestaan en in Jongbloed se bloed en in Die Burger se drukkersink word dit ‘n “onverwagse” soort klopjag; kantoorspasie word ingerig en in Jongbloed se bloed en in Die Burger se drukkersink word dit ‘n brandstapel van ‘n ketter in afwagting van heiligverklaring!

Jongbloed se voortvarendheid mag moontlik ‘n funksie wees van ‘n begeerte om haar nuwe politieke base te oortuig dat sy darem ook van tyd tot tyd iets te sê kan hé.

En dan bevat Malherbe se storie ook nog afgesaagde verwysings na Kannaland se Eskom-probleem. Kannaland hét nie ‘n Eskom-probleem nie. Dít het ek nou al soveel maal gesê dat selfs dikkoppe dit teen hierdie tyd al moet weet; almal behalwe…

Hierdie berig laat my wonder of Die Burger eersdaags moontlik gaan berig dat Aspoestertjie se koets iewers in China opgegrawe is.

Baie snaaks, eintlik, hierdie onjuiste berig in Die Burger, as dit Kannaland se reputasie, wat teen groot koste en ‘n enorme bestuurspoging gebou word, nie so ernstig smaad nie. Hieroor gaan die poppe behoorlik dans.

Die klaarblyklike pret wat politieke- en media-boelies daaruit put om op klein Kannaland te pik, mag eersdaags ‘n onaangename gevolg hê… die kleintjie, onder leiding van ‘n Icosa en ANC-koalisie, is besig om spiere te bou.

Die Burger, wat oor jare heen bekendheid verwerf het vir noukeurige beriggewing, moet egter maar self met sy onkapabele personeel afreken. Kannaland is nie dáávoor óók verantwoordelik nie!

Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out / Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out / Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out / Change )

Google+ photo

You are commenting using your Google+ account. Log Out / Change )

Connecting to %s