Nuwe en versoolde DA politieke hoofde in Eden

Oudtshoorn kry die Weskaapse leier, nogals!

For updates, new stories, and additional comment, click here to follow @DrewanBaird on twitter

Drewan Baird. Oudtshoorn. 16 June 2014. 06h35. Dr Ivan Meyer, die DA se Weskaapse leier, is die nuwe politieke hoof van die DA op Oudtshoorn.

Meyer se aanwysing is verrassend omdat Zelda Jongbloed, ‘n voormalige redaksielidvan Die Burger, vroeër met ‘n mate van fanfare as die poliotieke hoof aangekondig is. Sy sou Jac Bekker vervang. En énigiemand sou ‘n verbetering wees op Jac Bekker.

Zelda kyk nou net na Kannaland. Hehehe… ek het so daarna uitgesien om met Zelda swaarde te kruis. Nou sal ek dit darem steeds kan doen.

Ek het die goeie doktor op twitter verwelkom: Welcome to The House of the Setting (DA) Sun, mate.

Meyer sal hom waarskynlik nie so veel aan die plaaslike Chuck Norrisse en Arnold Schwarzeneggers steur nie en daar kan verwag word dat die DA se strategie opgeskerp sal word. Maar, helaas, dis te laat. Hy moet Anton Bredell se onnosel strategieë nou bestuur, die arme man.

Hoekom op gods aarde verduur die DA Bredell nog? Hy vergestalt dofheid.

In Eden word Theuns Botha hestel as die DA se politieke hoof. Hy is verwyder en deur Alan Winde vervang nadat dinge in die distriksmunisipaliteit effe, now wel, handuit geruk het.

Maar nou is die DA se “kragman” terug. Mooi, man!

Interessante ene die, die ene van Theuns.

Dit was Theuns wat ‘n kompromis oor die Wessie0fiasko voorgestel het: Wessie bedank as burgemeester en bly egter ‘n raadslid – slegs op Oudtshoorn; en word op Eden vervang.

Maar wat wou. Waar gaan Wessie nou met ‘n gewone raadslid se salaris tevrede wees!?

Het Theuns se vervanging perdaalkies met hierdie “skikking” saamgehang?

Hoe dit ook al sy, Theuns is terug – selfs nadat sy kollega, Anton Bredell, die voorgestelde kompromis “onwettig” genoem het in sy jongste briefwisseling met die Eden Speaker. En die kompromis is destyds nogals deur die DA Fedex goedgekeur!

Theuns moet dus nou mêniets soos ‘n wafferse spietkop om die ideesverkeer in Eden te rig!

Die burgemeester beskuldig die Onderburgemeester van vooroordeel. Die burgemeester beskuldig die Speaker daarvan dat sy ‘n verleentheid vir die DA is. Die burgemeester beskuldig die Munisipale Bestuurder van onwettige besteding en ‘n heksejag. Die Weskaapse minister van plaaslike regering kies Wessie se kant en skryf lang briewe vir die Speaker om Wessie nou te los. Die Speaker en die Onderburgemeester, en die Munisipale Bestuurder gee nie bes nie en wil Wessie verwyder hê. Die Speaker het laat verlede jaar selfs Oudtshoorn se NPP-Speaker gevra dat die ANC/Icosa/NPP-koalisie help om Wessie te verwyder.

Dit was Theuns wat Wessie destyds as burgemeester aangestel het. Nadat hy Wessie uit die DA wou jaaag en ek (jors troelie) Theuns oortuig het om Wessie te behou.

Die DA in Eden en op Oudtshoorn is so deurmekaar soos kots in ‘n tuimeldroeër – kots met wortels daarin. Want daar’s altyd wirtels in, of jy dit nou geëet het on nié.

For updates, new stories, and additional comment,
click here to follow @DrewanBaird on twitter

________________________________________________________
DBC Logo
Make the call: 076 349 6316
________________________________________________________

What readers say about O!O | Home

3 thoughts on “Nuwe en versoolde DA politieke hoofde in Eden

  1. En dit smaak my hierdie kommentaar is van ‘n voormalige toegewyde DA-lid!? Nou wil jy meer.

  2. N BRUIN man in Oudtshoorn gaan nie werk. Die broederbond regeer mos die dorp. Hulle gaan hom netso HEL op aarde gee. Hulle het nog dai witman baas mentaliteit en anderskleuriges mag nie opdragte en bevele uitdeel nie. Ek sien n swarigheid vir Ivan. Sterkte my vriend.

Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out / Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out / Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out / Change )

Google+ photo

You are commenting using your Google+ account. Log Out / Change )

Connecting to %s