Godsdiens en wetgewing

Mogoeng Mogoeng se geloofs-uitsprake

For updates, new stories, and additional comment, click here to follow @DrewanBaird on twitter

Drewan Baird. Oudtshoorn. 14 Junie 2014. 06h25. Hoofregter Mogoeng Mogoeng se uitsprake oor die invloed van godsdiens op die Grondwet en wetgewing lok steeds kommentaar.

Mondli Makhanya vra laas Sondag in Rapport (Monduitspoel, 8 Junie) oor Mogoeng se godsdiensuitsprake of geloof dan kwansuis so verkeerd sou wees in regspleging.

Ja.

Geloof is per definisie ‘n konstruk sonder verifieërbare feitelike onderskrywing, of dit nou by “die meeste Suid-Afrikaners” byklank vind of nie. Ek is byvoorbeeld gek na Star Wars maar verwag nie dat die verhouding tussen die keiserlike stormtroepe en die Wookies van Kashyyyk regspraak moet beïnvloed nie.

Mense met ‘n geneigdheid om goed te aanvaar sonder enige bewys behoort nie op wette en howe losgelaat te word nie; ‘n mentaliteit van oorlewering uit die bronstydperk behoort nie moderne samelewings te rig nie, selfs nie, en waarskynlik veral nie, as die meeste Suid-Afrikaners ten minste ‘n uur elke Vrydag, Saterdag, of Sondag toewy aan herinnering van die fraaiste verhaaltjies.

As jy vererg is oor my standpunt, vra jouself af hoe jy sou reageer het as Mogoeng ‘n Moslem was, of ‘n Hindoe, of as hy die tradisionele Afrika-geloof aangehang het, en as sy uitsprake nie die Christelike geloof ondersteun het nie.

Ek het jare gelede ‘n gloeiende oorsig oor ‘n afgestorwe Apartheidsregter gelees waarin die skrywer verwys het na die regter se gewoonte om agter sy toe deur eers te bid en leiding te vra voordat hy die doodstraf opgelê het.

Ek het gewonder hoe die mense wat hierdie gewoonte sou waardeer sou reageer het as dit ‘n swart regter was wat die voorvaderlike geeste se hulp afgebid het.

In regspleging gaan dit oor bewysbare feite, maar daar moet reeds voorsiening gemaak word vir regters se sooibrand en huismoles, want regters is ook maar net mense. Laat ons die proses nie nog verder beduiwel nie.

For updates, new stories, and additional comment,
click here to follow @DrewanBaird on twitter

________________________________________________________
DBC Logo
Make the call: 076 349 6316
________________________________________________________

What readers say about O!O | Home

Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out / Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out / Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out / Change )

Google+ photo

You are commenting using your Google+ account. Log Out / Change )

Connecting to %s