“Wildehonde” regeer Oudtshoorn “onwettig”

Die DA se Theuns Botha praat los

For updates, new stories, and additional comment, click here to follow @DrewanBaird on twitter

Drewan Baird. Oudtshoorn. 9 Mei 2014. 07h00. Ai, Theunsman. Ai.

Die Hoorn berig vandeesweek oor die DA se Weskaapse onderleier en hoof van regeringsake Theuns Botha se mededelings aan die Oudtshoorn Besigheidskamer:

Op die oomblik is daar op Oudtshoorn rampokkers aan bewind, ’n spul wildehonde wat professionele mense nader getrek het om hulle te help… om te probeer verdoesel wat hulle doen.

Botha het ook gesê dat waar Suid-Afrika en Ghana die enigste twee lande in Afrika is waar ’n verkiesing deur die demokrasie gewen word, Oudtshoorn soos die res van Afrika funksioneer “waar die demokrasie nie ’n verkiesing wen nie”.

“Oudtshoorn het nie ’n minderheidsregering nie, maar ’n onwettige regering,” het Botha gesê.

Dis nou dieselfde Theuns Botha wat so onlangs as nounet met Icosa onderhandel het oor beheer op Oudtshoorn… Dis rampokkers wat regeer, maar as ons een van die rampokkers aan ons kant kan kry, dan sal ons skoon regeer.

Dis dieselfde Theuns Botha wat my weke lank aan my neus al langs daai spreekwoordelike tuinpaadjies rondgelei het om Badih Chabaan se NPP in die DA-kamp te kry na die 2011 plaaslike regeringsverkiesing… Dis rampokkers wat regeer, maar as ons een van die rampokkers aan ons kant kan kry, dan sal ons skoon regeer. (O, ek het hom destyds “verkeerd verstaan”. Waarskynlik soos sy kollegas hom ook so dan en wan verkeerd verstaan. Wat staan in daai Schafer-verslag in Helen se kluis, Theuns?)

Godsk.

Sommige van Botha se opmerkings gaan later vandeesmaand in sy ore weerklink wanneer die rampokkers se regspan bepaalde platinum-uitsprake in die huidige hofgeding gaan gebruik.

Botha is ook van mening dat die Oudtshoorn Munisipaliteit onder vrywillige administrasie geplaas moet word indien die DA daar aan bewind kom, omdat dit die enigste manier is waarop provinsiale departemente ingebring sal kan word om bystand aan die dorp te verleen.

Vreemd… Botha het erken dat hy nie kan begryp dat Oudtshoorn ‘n ongekwalifiseerde ouditverslag ontvang het nie, want, so verneem O!O, hy het erken dat hý dit nie in sý departement kan regkry nie. Maar hy sal toesien dat sy mense Oudtshoorn “kom help”.

Godsk.

Wie ook al nou nog steeds reken die ANC/Icosa/NPP koalisie is “onwettig” is eenvoudig oningelig… of halsstarrig. En nou nie juis Mensa-materiaal nie.

Werklik. Ek slaan my oge op na die plaaslike oorwinningsmotorkades en ek verwonder my dat daar kennelik niémand in DA-geledere is wat dínk nie! Alle gode en feëtjies en kabouters! Sién die DA nie wat duidelik voor hulle gebeur nie!?

So wragtag nié.

Maar hulle wil regeer.

Die DA se sukses in die Weskaap word in die skrille lig van die vernederende nederlae in al die ander provinsies maar net die oorverdowende getrompetter van presies hoe volledig groter Suid-Afrika die DA verwerp.

For updates, new stories, and additional comment,
click here to follow @DrewanBaird on twitter

________________________________________________________
DBC Logo
Make the call: 076 349 6316
________________________________________________________

What readers say about O!O | Home

11 thoughts on ““Wildehonde” regeer Oudtshoorn “onwettig”

  1. I don’t see the problem here. ANC coalition lost its majority a year ago, but still cling to power. I don’t particularly like Theuns Botha, but he is right here. But DA won Oudtshoorn with 52% on the 7 of may, and will of course eventually take over anyway.

    Calling the DA’s performance in the rest of SA a “humiliating defeat” is certainly an… interesting choice of words. Not exactly the words I would use, but to each his own I guess🙂

  2. Mnr Kabouter Baird, ek het nou die dag jou vragie oor die feite geantwoord, maar dit het nooit op O!O verskyn nie. Daar was tog niks lelik daarin nie. Kan u asb ‘n verduideliking gee.

  3. Die “Wildehonde” se politieke natuur is darem nog onder beheer en dit maak dit wettig.Die DA se natuur is op die oomblik op ‘n warm plaat en dit maak dit soos op 31 Mei 2013 en volgens regter La Grange se uitspraak onwettig. Dus indien hulle (ooit!!!???) aan bewind gaan kom sal Oudtshoorn totally deurmekaar wees in alle fasette.Watch die spasie…hulle spul gaan mekaar nog heeltemal polities verkrag.Gelukkig wil Peter Roberts nie aan die speletjie deel neem nie.Lindiwe Mazibuko neem ten minste die eerbare weg deur te bedank deur verder te gaan studeer (haar alibi,en heelwat waterdig).Die Blou Bulle en die Bokke is ten minste van voorneme om vir Victor Matfield en Bakkies Botha terug te bring vir World Cup 2015.Sou die DA egter vir Tony Leon Leon terugbring,dan loop Kaapstadse Burgemeester de Lille beslis.Die middelman in politiek is nou beslis die EFF, Nietemin veels geluk DA met julle 9 wyke en ek verstuit my om dit te se,die uitslag 2009 het dieselfde daarna uitgesien.
    Dus Local Election 2016 is ‘n heelwat ander different ballgame.

  4. Korreksie: Christine Muller het nie Ben van Wyk verwyder nie. Die DA het hom verwyder en as kandidaat vervang met Christine Muller nadat hy die Nel bedrog skikking onderteken het.

  5. Wat het jy ons burgemeester genoem? Ek sal eerder ‘n wildehond wil wees, want ek dink hy is meer oop kop. Jy is darem deesdae ‘n goeie regsgeleerde? Ek dog jy het teologie gesrudeer.

  6. Gertruida hier is die feite soos ek dit sien. Die DA het die raad ‘probeer’ oorneem op 31 Mei 2013. Die proses was verkeerd hanteer, dis hoekom die hof bepaal het dat hulle nie die raad beheer nie. In Junie 2013 maak die DA raadslede hulle skuldig aan bedrog deur n onwettige skikking met Pierre Nel oor die regsskuld wat hy skuld aan die munisipaliteit. Op 7 Augustus word wyk 13 deur die DA gewen. OP DIE OOG AF LYK DIT ASOF DIE DA DIE DORP REGMATIG MOET REGEER. Maar omdat al die DA raadslede behalwe Peter Roberts die bedrieglike skikking ondersteun het is hulle skuldig aan bedrog en aan ernstige gedragskode skending van die munisipale raad. Dit maak dat al die DA raadslede nie meer kan raadslede wees nie. Die Nel-skikking kanselleer eintlik die 7 Augustus tussenverkiesing resultate uit. Die Speaker beskerm beskerm dus die raad teen skelm korrupte DA raadslede. Ek verstaan dus hoekom Peter Roberts nie die raad wil oorneem met die ander korrupte DA raadslede nie, en dis ook die rede hoekom hy geskors is. Omdat hy nie die 13de handtekening wou gee nie. Ek verstaan hy weier om te teken totdat dissipliner opgetree is teen sy korrupte kollegas. Die DA ondersoek die korrupsie sedert verlede jaar Julie, en Ben van Wyk was verwyder as kandidaat vir wyk 6 deur Christene Muller in die tussenverkiesing van 7 Augustus oor sy deelname aan die skikkingsooreenkoms. Ek wonder wanneer gaan die DA optree teen sy korrupte raadslede? Raak die DA nou ook soos die ANC met Nkantla en Zuma? Vir wie moet ons nou stem? Watter politieke party is nog werklik eerlik en opreg? Is daar enige van die heidige politieke partye wat nie korrup is nie? Die DA is nou ook korrup!

  7. Hehehe… Ek lyk inderdaad soos ‘n kabouter, Gertie! Hehehe…

    Sê my, wát is die regte feite? Help my uit, toe, asseblief!

  8. Mnr Baird, jy laat darem net nie toe dat die feite met jou rasionalisering inmeng nie. Ai, hoe lekker lag ek nou!

    Van kabouters gepraat: jy is Oudtshoorn se “ultimate” kabouter! Jy lyk selfs na ‘n kabouter.

  9. Anyone who voted for the DA for the absurd motivation of ‘keeping the ANC out’ must after this past election realise that a vote for the DA was in fact a wasted vote. Hopefully like the surprising number of Oudtshoorn voters who voted for the EFF – including in ‘white’ areas such as the ward which voted at the Technical College – the electrorate is maturing and starting to vote for policy positions they support rather than the old racially motivated reasoning that is a hangover from the past:

    http://www.bdlive.co.za/opinion/2014/05/09/any-threat-to-supremacy-of-anc-will-come-from-within

  10. Van hier af kan dit net slegter gaan vir die da. Die eff sal die amptelike opposisie word in 2019. Teen 2016 gaan 9+ munisipaliteite in die weskaap nie meer (da)puppets en masters wees nie. Ek voorspel die da gaan opbreek in eden. Ek hoor baie da eden en streek raadslede gaan nonsens maak voor en in 2016. Hier kom n ding! Revolt.

Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out / Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out / Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out / Change )

Google+ photo

You are commenting using your Google+ account. Log Out / Change )

Connecting to %s