Ron Lottering loop sy kritici trompop

“Oudtshoorn word slegs van selfs groter sukses weerhou deur raadslede wat Oudtshoorn boikot”

For updates, new stories, and additional comment, click here to follow @DrewanBaird on twitter

Drewan Baird. Oudtshoorn. 2 May 2014. 02h40. Munisipale Bestuurder Ron Lottering het gister gereageer op voorbladstories oor sy kritiek op die ondermyning van sy administrasie en op klagtes wat die DA teen hom ingebring het:

Ek het hoegenaamd nie politiek gespeel toe ek verlede week gereageer het op ondermynende uitlatings oor my administrasie nie! My vermoë om doeltreffend en doelgerig te bestuur word inderdaad ondermyn deur die DA- en Cope-raadslede se halstarrige weiering om raads- en komitee-vergaderings by te woon en dit sou onverantwoordelik en vals wees van my om hierdie olifant in die vertrek te ignoreer. Dat my direkteurs en bestuurders en amptenare onder hierdie verregaande omstandighede so voortreflik presteer spreek boekdele vir hulle toewyding en inisiatief.

Dit is my plig as hoof rekenpligtige beampte van die munisipaliteit om die naam en faam van die administrasie te beskerm en daarom het ek ‘n ope brief geskryf om die ware toedrag van Oudtshoorn se bestuur amptelik te bevestig.

Die absolute infame leuens wat tans oor die bestuur van die munisipaliteit versprei word kan eenvoudig nie geduld word nie. Dit gaan nie soseer oor reputasies en ego’s nie, maar die mense van Oudtshoorn verdien tog die waarheid!

Wanneer hierdie leuens aangeblaas word deur mense wat veronderstel is om verantwoordelike leiers in politieke partye te wees, moet sulke mense uitgewys word. My kommentaar op die DA LP Jac Bekker was gewoon om te verwys na die DA se eie besluit oor hom: om hom as Oudtshoorn se DA LP te vervang. Enige belediging wat afgelei word moet dus voor die DA se deur gelê word en nie uit my verwysing na die DA se besluit oor hom nie.

Die afgelope week se openbare- en voorbladverwysings na bedenklike aanlyn-bestuurstatistiek oor Oudtshoorn dui eerder op die huidige administrasie se sukses, omdat die data wat so opslae maak verskeie boekjare oud is. Die situasie lyk tans geheel en al anders en dié verbetering dui onteenseglik op ‘n ommekeer van Oudtshoorn se probleem-erflating van ‘n vorige bedeling.

Maar as daar dan nou na antieke geskiedenis gekyk móét word… Oudtshoorn het vir ses jaar agtereenvolgens, sedert 2006/7, swak oudit-verslae ontvang; in 2006/7, 2007/8 en 2008/9, disclaimers; in 2009/10, kwalifikasie; in 2010/11, bevindings; in 2011/12 was die state te laat vir oudit. Oudtshoorn het egter die afgelope twee boekjare skoon ouditverslae ontvang! Dat hierdie prestasie afgemaak word terwyl die DA Kaapstad se soortgelyke prestasie ophemel, dui op skreiende partydigheid en vooroordeel.

Oor die DA se klagtes teen my: Oudtshoorn het ‘n sterk bankbalans. Oudtshoorn se kontantvloei is positief en verbeter algaande. Oudtshoorn gebruik nie ‘n oortekkingsgerief nie. Oudtshoorn kan sy kapitale verpligtinge nakom. Oudtshoorn vorder die R116m agterstallige skuld fluks in. Lopende rekeninge is 97% op datum. Oudtshoorn het by ‘n begroting wat ‘n jaar lank deur die DA-raadslede vertraag is gehou en provinsie se riglyne nagekom. Wanbesteding kom nie ter sprake nie.

Die Blossoms-aantyging oor R10m wat agterstallig sou wees en ‘n tersaaklike hofsaak oor ‘n dagvaardiging van “miljoene” is eenvoudig snert. Dis ‘n infame leuen.

Die DA se inligting oor die adminstrasie sal dalk nie so vrot wees as die DA se raadslede ‘n slag werk toe kom nie.

Oor my aanstelling en handelinge moet die DA besin. Hulle regsmening lyk van dieselfde gehalte te wees as die regsmening waarop hulle staatgemaak het toe hulle annus horribilus op 31 Mei laas jaar begin het.

O, en ek het nie “onwettige” kospakkies met munisipale voertuie versprei nie, slegs “voedsame” kospakkies.

Oudtshoorn word slegs van selfs groter sukses weerhou deur raadslede wat Oudtshoorn boikot. Ek en my bestuurspan kan nie vir hierdie agterosse wag nie, ons vat voor!

Ed’s note: Last week Lottering erroneously mentioned that Bekker was 156th on the DA list of 165. It turns out that Bekker is 156th out of 200… which increases his chances of a parliamentary seat from nothing to zero.

For updates, new stories, and additional comment,
click here to follow @DrewanBaird on twitter

________________________________________________________
DBC Logo
Make the call: 076 349 6316
________________________________________________________

What readers say about O!O | Home

3 thoughts on “Ron Lottering loop sy kritici trompop

  1. Councilors moet werk. Wat beteken weg bly van raadsvergaderings. Ek hoor dat as n councilor sonder verskoning wegbly kan daai councilor beboet word. Dan speel jy mos politiek. Vir amper n jaar het cope da councilors en die province die dorp terug gehou. Toe hulle sien die audits begin verbeter toe dink hulle aan maniere om die non-white clever blacks te stop. Maak reg wat verkeerd is Mr Lottering maak reg. Die da cope lieg bekke kan maar lieg. Ruk die dorp reg sonder hulle. Nooit weer sal die puppets en masters oudtshoorn regeer nie. Never again.

  2. As ek as besoeker aan Oudtshoorn kyk en in die strate ry is daar ooglopend agteriutgang en slaggate van Kunstefees tyd nog niks gedoen nie. Die water loop nog steeds in die straat. rekeninge wat agterstallig was, is nog steeds en meer agterstallig. Dit is baie snaaks dat die kontantvloei verbeter en daar word nie onderhouds werk gedoen nie. Die wat die afgelope maand gedoen is was net geld mors. Wil OO nie weer n paar foto van slaggate vir ons neem nie dan wys vir ons die positiewe van sy party.

Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out / Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out / Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out / Change )

Google+ photo

You are commenting using your Google+ account. Log Out / Change )

Connecting to %s