Die Speaker oor disinformasie en leuens

‘n Ope Brief aan die mense van Oudtshoorn:
Daar is soveel bogpraatjies oor die munisipaliteit – hier is die ware feite

For updates, new stories, and additional comment, click here to follow @DrewanBaird on twitter

Drewan Baird. Oudtshoorn. 2 Mei 2014. 02h30. Die speaker, raadsheer John Stoffels van die NPP, het gister bepaalde feite oor die politieke situasie in die raad in ‘n ope brief aan inwoners bekend gemaak.

Stoffels sê in gesprek dat die weerbarstige leuens, veral oor die sogenaamde miskenning van demokrasie, reggestel moet word.

Hier is die volledige teks van die brief:

Oudtshoorn is nie bankrot nie
• Die munisipaliteit het ‘n gesonde bankbalans;
• Kontantvloei is positief en verbeter deurgaans;
• Belastingbetalers en inwoners skuld die munisipaliteit R96m in inbare agterstallige belasting en dienstegeld;
• Nege sake-ondernemings skuld meer as R50 000 elk in agterstallige belasting; die hoogste enkele uitstaande bedrag is R550 000;
• Bepaalde voormalige en huidige raadslede skuld saam sowat R2.5m in regskoste, sonder inagneming van gevolglike verspilde koste wat ook nog bereken en ingevorder moet word;
• Alle skuld word aggressief ingevorder om die kontantvloei verder te verbeter;
• Agterstallige skuld in die bedrag van R10m is sedert Januarie ingevorder;
• Lopende skuld-invordering het verbeter van 51% in Januarie tot 97% in Maart;
• Alle finansiële verpligtinge word stiptelik nagekom;
• Verskeie besparingsmaatreëls geld.

Daar is nie korrupsie en diefstal onder amptenare nie
• Verskeie hofsake oor wanbestuur is onlangs afgehandel sonder skuldigbevindings;
• Beweerde ongerymdhede kry onmiddelike aandag;
• Die munisipale bestuur werk saam met ondersoekbeamptes in huidige ondersoeke;
• Die raad en die munisipale bestuurder is besig met verskeie interne ondersoeke.

Demokrasie word nie onderdruk nie
• Die Wes-Kaap Hoë Hof, Kaapstad, het beslis dat die DA se onsuksesvolle poging om die raad op 31 Mei verlede jaar oor te neem onwettig was;
• Nadat die DA wyk 13 op 7 Augustus van die ANC afgeneem het, het die DA ‘n meerderheid raadslede saam met Cope;
• Die meerderheid raadslede kon egter nog nie daarin slaag om mosies van wantroue in die ANC/Icosa/NPP-koalisie te laat aanvaar nie omdat twee lede, Pierre Nel en Ben van Wyk, se stemreg opgeskort is hangende ‘n Konstitusionele Hofuitspraak nadat bevind is dat hulle belastingbetalers wou bedrieg met ‘n onwettige skikking wat die mense van Oudtshoorn R687 568 sou kos;
• Die DA se nasionale en provinsiale leiers het hierdie saak deeglik ondersoek en geen aanduiding gegee dat Nel en Van Wyk onskuldig is op die klagte nie;
• Die Wes-Kaapse minister van plaaslike regering, wat ook die DA se Wes-Kaapse sekretaris is, het geen aanduiding gegee dat Nel en Van Wyk onskuldig is op die klagte nie;
• Die Wes-Kaap Hoë Hof, Kaapstad, het bevind dat die minister inderdaad moes optree… maar hy het tot nog toe geen bevinding gemaak dat Nel en Van Wyk onskuldig is nie;
• Van Wyk se DA-lidmaatskap is aanvanklik opgeskort hangende ‘n tugverhoor, maar nadat hy betoog het dat hy weens gebrek aan ondervinding nie toerekenbaar was nie, is hy in sy amp herstel;
• Nel se DA-lidmaatskap is blykbaar steeds opgeskort, wat beteken dat die DA Nel tans nie goed genoeg ag om ‘n party-lid te wees nie, maar goed genoeg om wyk 2 se mense te verteenwoordig;
• DA-leier Helen Zille het die Oudtshoorn Sakekamer onlangs ingelig dat Nel en Van Wyk ongetwyfeld presies geweet het wat hulle doen toe hulle die skikking onderteken het… maar steeds doen die DA géén stappe nie;
• Sedertdien is 10 DA-raadslede en die Cope-raadslid deur regswerking verwyder nadat hulle sonder toestemming afwesig was by 3 agtereenvolgende raadsvergaderings – die DA bevraagteken die grondwetlikheid van hierdie wetlike bepaling voor die Wes-Kaap Hoë Hof, Kaapstad;
• Die DA federale voorsitter, James Selfe, het die DA-raadslede gewaarsku dat hulle verwyder sou word indien hulle 3 agtereenvolgende raadsvergaderings sonder toestemming misloop – die DA-raadslede het hulle min gesteur;
• Vandeesmaand is ‘n 11de DA-raadslid deur regswerking verwyder nadat ook hy sonder toestemming afwesig was by 3 agtereenvolgende raadsvergaderings;
• Die meerderheid het ook nog geen nuwe mosies van wantroue probeer indien nie omdat die DA- en Cope-raadslede blykbaar onderling verskil en nie ‘n meerderheid ondersteuning vir sulke mosies kan kry nie;
• DA-raadslid Peter Roberts is verlede Donderdag dissiplinêr deur die DA verhoor, maar nadat een van die twee klagtes teen hom teruggetrek is, is die saak, tydens hierdie skrywe, steeds hangende…
• Oor die naam en faam van sy raadslede behoort die DA self te besluit, en sulke besluite word nie geneem nie;
• Die DA moet sy sogenaamde meerderheid laat geld as die DA sy huis in orde kan kry;
• Intussen regeer die ANC/Icosa/NPP-koalisie Oudtshoorn soos ‘n dorp in ‘n konstitusionele demokrasie regeer moet word.

Dís soos Oudtshoorn tans lyk
• Die ouditeur-generaal het ‘n ongekwalifiseerde oudit-verslag aan die Munisipaliteit uitgereik – dieselfde prestasie waaroor die regering van Kaapstad so gaande is;
• Jaarlikse bonusse is betaal;
• Die halfjaarlikse rente-betalings op eksterne lenings is betaal;
• Krediteure word binne 30 dae betaal;
• Die Eskom-rekening word betyds betaal;
• Kontantvloei is positief;
• Kontantvloei neig opwaarts;
• Die massiewe debiteure-boek wat die raad van die vorige regering geërf het en wat weens langtermyn-aanstellings van die vorige regering slordig en nalatig bestuur is, word tans aggressief met groot sukses gevorder;
• Water-; elektrisiteits-; reinigings-; en riooldienste loop glad;
• Nuwe elektrisiteits- en water- en rioolpunte word gereeld aangesluit;
• Die raad se verhouding met die georganiseerde handel en landbou en toerisme word volhoubaar verbeter en gehandhaaf;
• Nakomingsverslae aan die provinsiale regering word betyds ingedien.

Die munisipale bestuurspan verdien luide applous vir hierdie voortreflikheid!

For updates, new stories, and additional comment,
click here to follow @DrewanBaird on twitter

________________________________________________________
DBC Logo
Make the call: 076 349 6316
________________________________________________________

What readers say about O!O | Home

One thought on “Die Speaker oor disinformasie en leuens

  1. Wannir wil die da iets doen aan skelms in sy midde. Dit lyk asof die masters die puppets protect. Siesa. Die da met sy voormalige np lede en wit parlementslys is nie so zero tolerance soos op die posters nie. Die boodskap verskil van die daad. Ek hOop en wens die coloureds soos ek bly weg van die stembus woensdag of stem vi n anner party. Puppets en masters moet besef die toekoms gaan anners lyk as wat hulle van droom. Non-whites sal die economic freedom kry waavan ons droom. Raak wys. 7 Mei 2014. Hie kom n ding. Youth of South Africa unit!

Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out / Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out / Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out / Change )

Google+ photo

You are commenting using your Google+ account. Log Out / Change )

Connecting to %s