Oudtshoorn ‘n voorbeeld vir SA, sê DA!

Hóé stem jy vir die ANC? Só stem jy vir die ANC!

For updates, new stories, and additional comment, click here to follow @DrewanBaird on twitter

Drewan Baird. Oudtshoorn. 26 April 2014. 12h10. Dit mag nou wel die goedkoopste volblad op die dorp wees, maar die plaaslike DA het nou Donderdag wat verby is die ANC-geleide koalisie regering van Oudtshoorn in die openbaar onderskryf…

In ‘n “omsendskrywe” op die agterblad van Die Jakhals maak die DA Oudtshoorn “’n voorbeeld van die manier waarop die ANC die land wil regeer”.

Nou wil jy méér!

Dís soos Oudtshoorn tans regeer word:

• Die ouditeur-generaal het ‘n ongekwalifiseerde oudit-verslag aan die Munisipaliteit Oudtshoorn uitgereik – dieselfde prestasie waaroor die regering van Kaapstad so gaande is;
• Jaarlikse bonusse is betaal;
• Die halfjaarlikse rente-betalings op eksterne lenings is betaal;
• Krediteure word binne 30 dae betaal;
• Die Eskom-rekening word betyds betaal;
• Kontantvloei is positief;
• Kontantvloei neig opwaarts;
• Die massiewe debiteure-boek wat die raad van die vorige regering geërf het en wat weens langtermyn-aanstellings van die vorige regering slordig en nalatig bestuur is, word tans aggressief met groot sukses gevorder;
• Water-; elektrisiteits-; reinigings-; en riooldienste loop glad;
• Nuwe elektrisiteits- en water- en rioolpunte word gereeld aangesluit;
• Die raad se verhouding met die georganiseerde handel en landbou en toerisme word volhoubaar verbeter en gehandhaaf;
• Nakomingsverslae aan die provinsiale regering word betyds ingedien.

Merkwaardige prestasie!

Die Oudtshoorn DA verdien hope respek vir sy eerlikheid en openhartigheid om sukses te loof, selfs al is dit in die guns van die opposisie.

For updates, new stories, and additional comment,
click here to follow @DrewanBaird on twitter

________________________________________________________
DBC Logo
Make the call: 076 349 6316
________________________________________________________

What readers say about O!O | Home

4 thoughts on “Oudtshoorn ‘n voorbeeld vir SA, sê DA!

  1. ‘n Paarfoto’s van ons liefling dorp se teerstrate sal baie waardeer word. Veral die hoofweë soos ek duer die dorp ry en besoekers my vertel hoe dit agteruitgaan. Ed jy het dan al sulke mooi foto’s geplaas. Dit het mos niks met die anc bestuur te doen of wat sê ek.

  2. As di kontantvloei dan so goed is waarom word die paaie dan nie in stand gehou nie. Dit lyk of daar geen onderhoud gedoen word nie. Die bonusse moet eers uitbetaal word en moenie praat an jou fooi nie.

  3. 1 ding op te let Ed is die da controled western cape provincial government het na my wete nog altyd op n positive manier support gegee en nog nooit het ek iets bad of negative gehoor of gelees wat die wes kaap oor oudtshoorn geskryf het nie. I can be wrong. Die local caucus het op hulle beurt baie ‘korrupsie ontbloot’ en op elke stage en koerant vertel hoe bad die municipality is. Het die da caucus ooit proof van die sogenaamde ‘corruption’. Is die bewyse vir die western cape government gegee. As daar so erge ‘corruption’ was why het die province nog nie opgetree nie. Lieg bekke

Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out / Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out / Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out / Change )

Google+ photo

You are commenting using your Google+ account. Log Out / Change )

Connecting to %s