Die DA se jammerlike gesanik

Dis soos die Bybel se ‘laaste dae’

For updates, new stories, and additional comment, click here to follow @DrewanBaird on twitter

Drewan Baird. Oudtshoorn. 26 April 2014. 12h50. Iewers in die Skrif, ek vergeet presies waar, in een van daai vele beskrywings van hoe God se skepsels gaan kak net voor Hy terugkom om sy geliefdes te kom haal, word daar gesê daar sal ‘n gween wees en ‘n gekners van tande.

Die onophoudelike, aanhoudende, jammergattige gesteun en kreun en gesanik en gekla van die DA oor hy Oudtshoorn nie kan regeer nie, dryf my gereeld tot ‘n geween en gekners van tande. Ek is ten minste reg vir die Oordeelsdag, want aan die verkeerde kant gaan ek beslis wees.

En die DA liég soos ‘n tannetrekker oor hierdie jammerlike mislukking van die plaaslike koukus se onbeskryflike onvermoë om die eenvoudigste politieke onderonsies te wen.

Dis mos nou vrééslik eenvoudig: As jy die meerderheid in die raad het, moet jy regeer, behalwe as jou “meerderheid” nie régtig ‘n meerderheid ís nie, omdat sommige van jou meerderheid nie in goeie naam en faam is nie.

En… As jou meerderheid onderling baklei en nie kan saamstem nie, maak jy jou eie naam net krater as jy die “minderheid” die skuld gee vir jou eie lamsakkige vrotgeit.

Die DA regeer Oudtshoorn nie om slegs EEN EENVOUDIGE REDE: Die plaaslike DA-koukus het probeer om belastingbetalers, tot Helen Zille se afgryse, te verneuk. En ten minste een van die DA se koukus-lede het die DA se “Zero Tolerance” waaroor die party so hoog opgee, se beginsels stiptelik nagekom… en dís waarom die DA nie regeer nie – OMDAT DIE DA TE VROTSLEG IS OM TE REGEER, selfs nádat die party ‘n meerderheid in die raad bekom het.

Dat die DA Oudtshoorn nie regeer nie, het net mooi NIKS met die ANC-koalisie te make nie; die koalisie regeer gewoon voort want daar is geen moontlikheid van ‘n suksesvolle wantroue-mosie nie.

G’n “truuks” nie, soos die blou jammergatte voorgee nie.

Wat nou werklik verregaande is, is dat die DA sy eie onvermoë en mislukking gebruik om te bemark!

In die naam van alle gode en kabouters! Presies hóé pateties kan jy nou wéés!?

Seker een van “oom Jac” se laaste skokwekkende planne.

For updates, new stories, and additional comment,
click here to follow @DrewanBaird on twitter

________________________________________________________
DBC Logo
Make the call: 076 349 6316
________________________________________________________

What readers say about O!O | Home

Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out / Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out / Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out / Change )

Google+ photo

You are commenting using your Google+ account. Log Out / Change )

Connecting to %s