Patricia kom lieg gou ‘n stukkie

Die DA: 1) Identifiseer ‘n beginsel; 2) Verkrag dit!

For updates, new stories, and additional comment, click here to follow @DrewanBaird on twitter

Drewan Baird. Oudtshoorn. 22 March 2014. 06h00. Die uitvoerende burgemeester van die Kaapstadse metro, me Patricia de Lille, het Maandag die verregaande openbare stelling gemaak dat Oudtshoorn “bankrot” sou wees.

Verbysterend.

• Die jaarlikse bonusse is betaal;
• Die halfjaarlikse rentebetalings is gemaak;
• Krediteure word binne 30 dae betaal;
• Die kontantvloei is positief;
• Kontantbronne neig opwaarts…

Bankrot?

Assebliéf tog!

Iemand met die gebrekkige finansiële insig van Patricia, en met só ‘n los fiskale tong behoort nie vir énige begroting verantwoordelik te wees nie… die arme Kaapse belastingbetalers!

Maar dat Patícia de Lílle só ’n stelling kan maak is lagwekkend.

Patricia kon nie eens haar eie politieke sameflansing suksesvol bestuur nie en moes uitverkoop teen die hoogste prys, en vir die laagste waarde.

Dáái was nou “bankrótskap”!

Patricia het haar haar rug al in Augustus 2010 op haar mense in Oudtshoorn gedraai; nou kom sy vier jaar later en lieg ook nog vir dié mense wat haar genadiglik darem al agtergekom het.

‘n Leuen!

Patricia se leuenagtige en valse uitlating behoort ondersoek te word as ‘n moontlike oortreding van Verkiesingswetgewing.

Oudtshoorn het duidelik nou die plek geword waar die DA al sy swart standaardskapies op die altaar van politieke doelmatigheid keelaf sny om stadig dood te bloei.

Eerlike politieke veldtogte… Lieg; Zero tolerance… vervolg die wat dit toepas… Alle gode en kabouters!

En daar is waarskynlik tog nog hier en daar iemand wat die DA glo as die party so knaend probeer om kiesers te oortuig die DA het standvastige beginsels.

Die DA hét beginsels. Maar net sodat die DA dié beginsels kan verkrag. Die DA gebruik beginsels soos Russiese seksslawe…

For updates, new stories, and additional comment,
click here to follow @DrewanBaird on twitter

________________________________________________________
DBC Logo
Make the call: 076 349 6316
________________________________________________________

What readers say about O!O | Home

Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out / Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out / Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out / Change )

Google+ photo

You are commenting using your Google+ account. Log Out / Change )

Connecting to %s