Ons gaan nóú braai!

Waa’s die Dee-Aa!?

For updates, new stories, and additional comment, click here to follow @DrewanBaird on twitter

Drewan Baird. Oudtshoorn. 13 March 2014. 07h10. Tja boet.

Die DA blou golf dreig al weer vir die hóéveelste maal om oor Oudtshoorn te breek en “skoon” te spoel.

Maar dis rioolwater.

En daar’s nie eens water vir ‘n rimpelinkie nie, wat nog van ‘n “golf”.

Op radio en in die koerante en op ongesofistikeerde strate belowe die bloues links en regs dat die DA Oudtshoorn gaan “oorvat”.

Soos die DA se eie Chuck Norris, Theuns “Mooi Man!” Botha, op 31 Mei laas jaar gesê het: “As ons ‘n hofbevel moet kry, dan krý ons maar die ‘ou hofbeveltjie’!”

Godsk, dis al twee honderd ses en tagtig dae later!

T-w-e-e-h-o-n-d-e-r-e-d-s-e-s-e-n-t-a-g-i-n-t-a-g dá-hi!

Waa’s die DA!?

“Ons gaan nóú br… regeer!”

Die huidige DA-koukus kan nie ‘n begrafnis vir ‘n dooie goudvis bestuur nie, laat staan nog ‘n dorp soos Oudtshoorn run.

En kyk, ‘n dooie goudvis spoel ‘n mens sommer in die gemakkie af. Behalwe as ‘n mens nou net ‘n ongebruikte longdrop tot ‘n mens se beskikking het. Wat ‘n mens nie kan bestuur nie.

“Ons gaan nóú br… regeer!”

Gaaaaap.

For updates, new stories, and additional comment,
click here to follow @DrewanBaird on twitter

________________________________________________________
DBC Logo
Make the call: 076 349 6316
________________________________________________________

What readers say about O!O | Home

5 thoughts on “Ons gaan nóú braai!

  1. Ag, Investigative public, moet jy nou nie staan en laf raak nie, jou klein karnallie! Jy klink al te veel na die verspotte mnr Baird se persoonlike assistent. Hy kan mos nou deesdae een bekostig.

  2. Gurtrude, bly by jou breiwerk, dit betaam jou beter. Hierdie politieke kolom is n bietjie bo jou vuurmaakplek tante. Sterkte met die volgende baksel souskluitjies, rol die poeding uit die doek, vannaand gaan ons fees vier , veral nadat ek weer gelees het van “Chuck Norris, Theuns “Mooi Man!” Botha,, tweehonderd-ses en -tagtig – dae. Man hierdie Kortbroek Bothatjie het darem murg in sy pype en is n man wat n jop gedaan kry. ‘Any takers ? ” Wie will so n japie dan in diens neem, kan net die DA wees !!🙂

  3. Ons wag in spanning op die volgende aflewering, Drewan. Moenie dat die ou klompie regse tannies jou afsit nie. Selfs hulle sal uiteindelik die waarheid moet aanvaar.

  4. Gertruida, ja, omtrent niemand lees meer O!O nie. Ek is hartverskeurd. Ek wil soooo graag ook belangrik wees en van gehou word, maar almal is net snaaks met my. Ek wil nie meer leef nie.

  5. Ai tog, mnr Baird, jy is darem baie snaaks! Hahahahahahahahahahahaha! Hoe lekker lag ek nou.

    So terloops, wat het geword van “in your face factual reporting”?

    As jy een ding belowe en ‘n ander ding doen, gebeur wat ek vermoed is besig om met O!O te gebeur. Al hoe minder mense lees dit. Is ek reg of vergeet? Onthou, ek soek ‘n eerlike antwoord.

Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out / Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out / Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out / Change )

Google+ photo

You are commenting using your Google+ account. Log Out / Change )

Connecting to %s