Selfde Titanic, different tickets

Ingeval jy dalk dié politieke tour de force gemis het…

For updates, new stories, and additional comment, click here to follow @DrewanBaird on twitter

Nathan Trantaal. Rapport. 9 March 2014. ’n Tyd geliede sit en roek ek oppie treinstasie en wag vi die trein om te kom.

’n Middle-aged wit vrou kom sit langs my en vra my ’n cigarette. Ek gie vi haa die cigarette en as ’n reward begin sy vi ure aaneen haa opin­ion oor als te gie, vanaf die swart kinners wie sy uplift, tot die swart government wie biesag is om die land straight hel toe te stuu.

Ek lyste nie rêrig’ie, ek wonne waa die trein is. Dan êrens ver innie distance hoor ek sy sê: “Die ou goverment het hul foute gehad, maar hulle het hul goeie punte ook gehad, en dis verkeerd om die baba met die badwater uit te gooi.”

Voor ek haar ma kan uitvloek, trek die trein in en sy klim in first class en ek in third.

Die ANC is ’n government met ’n poor man’s mentality. Hulle lat my dink an toe ek klein was en daar wassie geld of kos innie hys’ie. Soedra daar wee geld was om kos te koep, dan spend my ma al die geld yt in one go, en ôs, die kinnes, iet al die kos op in one go. As jy sien iemand maak vi hom ’n sandwich, dan maak jy vi jou oek, wan jy dink heeltyd daa gannie later mee wiesie.

Ek dink dai is hoekom daa soe baie corruption is, die government suffer van post-traumatic stress, hulle kry ammel nog nightmares waar die wit mense die land terugvat en weer met hulle apartheid-shit begin. Soe nou try ammel soe baie vat soes hulle mee kan wegkom. Ek wiet, want ek is oek nog soe, ek droem heeltyd iemand vat my kos af.

Die ANC briek maklik al tien gebooie innie Bybel heeldag en nag, ma apartheid is soe siek dat’it nie ees innie tien gebooie issie.

“Jy sal nie ’n stelsel skep wat jou naaste en jou naaste se nakomelinge vir tien geslagte in boeie sal klap nie.”

Ek wiet baie wit mense dink Suid-Afrika was ’n bieter plek onne die ou ­re­gime en as jy kan insien dat die wêreld vi elke mens die sum van sy eie personal experiences is, dan is hulle probably reg. Maar’it is net sociopaths vi wie die wêreld begin en eindig by hulself.

Ienagge mens wie net die slightest hint van compassion het vi sy fellow mens sal nooit vir ’n second kan dink dat die land bieter was onne die ou government ’ie.

Die ou government was soes ’n pa wie twie kinnes het, maa wie die een abuse en die anne een soes ’n princess treat. Die kinnes onthou die pa differently, want toe die pa doodgaan toe sê die een kind vi die anne een: “Die wêreld was ’n baie bieter plek toe ôs pa nog geliewe het.”

Suid-Afrika is wat dit altyd was: ’n plek met te veel skuld en te veel kinnes. Al veskil is dat wit mense nou van dieselfde problems het wat die res van ôs allie jare gehad’et. Maa on balance issit nog altyd wit mense wie die beste af is. As jy kyk hoe dinge deteriorate, en hoe ôs inne land bly wat al hoe meer voel asof’it annie brand is, kan ek veby die differences kyk en se: Ôs is innie selfde boat, maa ôs issie dieselfde nie.

Is ’n bietjie soes die Titanic. Wit mense is innie first class compartments en’ie res van ôs in steerage. Net omdat’ie skip sink, bedoel’ittie jy hettie mee ’n first class ticket’ie, dit mean maa net daa is ’n kans jy sal vedrink nes’ie res van ôs.

For updates, new stories, and additional comment,
click here to follow @DrewanBaird on twitter

________________________________________________________
DBC Logo
Make the call: 076 349 6316
________________________________________________________

What readers say about O!O | Home

One thought on “Selfde Titanic, different tickets

  1. Ieste klas, finansiële las, trek die skoon aan as dit pas!
    “Warm debatte, politieke slapgatte, die natte, en die skatte”
    Gelyke latte, slat oor almal se gatte, kry maar jou watte want die houe lê soes patte!!
    Ieste klas of te not, dies amal se lot, wat jy saai sal jy maai tot jy moet otter braai.

    Doodskoot vir gewillige koper van grond
    Deur JOYLENE VAN WYK
    13 Maart 2014
    1141 keer gelees | 3 kommentaar
    Landbou Weekblad

    Die Parlementsgebou in Kaapstad. Foto verskaf

    Die vryemark-beginsel met die verkoop van grond aan die staat het die doodskoot gekry: Die staat gaan waardasies doen.

    Die wetgewing wat sal toesien dat die beginsel van gewillige koper/-verkoper nie meer geld waar die Regering grond wil koop vir die doeleiendes van grondhervorming nie, is deur die Nasionale Vergadering goedgekeur.
    Dié wetgewing, die Wetsontwerp op die Waardering van Eiendom, maak ook voorsiening vir die aanstelling van ’n grondwaardeerder-generaal. Wanneer die grondwaardeerder-generaal in werking tree, sal grondeienaars wat grond aan die Regering wil verkoop, nie om ’n hoër eiendomsprys kan beding as die prys wat deur die grondwaardeerder-generaal vasgestel is nie. Dit geld ook wanneer die Regering grond vir grondhervorming wil bekom.

    Beswaar teen die wetgewing
    Die DA, VF Plus en die ACDP het beswaar teen die wetgewing aangeteken. Die wetgewing is na die Nasionale Raad van Provinsies vir oorweging verwys.
    Die kantoor van die hoofsweep van die ANC het gesê die goedkeuring van die wetsontwerp sal help met die uitwissing van die struikelblokke wat die spoed van grondhervorming die afgelope 20 jaar gestrem het. “Die benadering van gewillige koper/verkoper, wat die sentrale kenmerk van ons grondhervorming was, het nie die Regering gehelp om sy teiken te bereik om 30% kommersiële landbougrond aan die oorspronklike eienaars te gee nie.”
    Die wetgewing is op 6 Maart terugverwys na die portefeuljekomitee vir landelike ontwikkeling en grondhervorming weens ‘n tegniese punt.

    Kommentaar
    Slegs in Afrikaans

    BUTCH
    2014/03/13 08:16:39 AM
    Laat mens maar eers sien wat verder gebeur en of dit finaal gaan raak – hierdie is politiek en grondwethof sal ander maatreels oorweeg

    catryn
    2014/03/13 09:58:01 AM
    Hoeveel grond besit die staat nie reeds nie, miljoene HA grond? Daar is baie grond wat nie gebruik word nie, wat die staat kan opkoop? Wat van ou tuislande, hoekom kan die mense wat daar bly nie hul grond besit nie, dis onbillik, erger as die apartheidsregering? Konings is die Trustee, maar die staat is die eienaar? Gerieflik stel die staat eie waardeerder aan wat hul eie pryse sal maak Daar behoort onafhanklikes aangewys te word en nie die staat nie, hoe kan dit demokraties wees?. Markverwantheid moet ook in ag geneem word, niemand wat grond die afgelope 50 jaar gekoop het, verder ontwikkel het, het dit gratis gekry nie. Basies word wetgewings ingestel, om jou te laat glo jou grond is minder werd as wat dit werd is. Manipulasie en viktimisering is ver van demokrasie af.

    mkruger
    2014/03/13 11:15:12 AM
    Soos al baie erken is ek nie die slimste eendjie op die dam nie en ek moet verder erken my regskennis is nie baie goed nie. Ek wonder maar net of die wysiging nie na die grondwethof toe verwys kan word nie. Behalwe dat dit die eienaar se regte aantas is die nuwe wetgewing gebasseer op ‘n onwaarheid. Die rede hoekom die ou wet nie gewerk het nie was agv onbevoegtheid nie omdat daar fout was met die wet nie. Mens kan mos nie net wette aanpas soos dit jou pas omdat die amptenare onbevoeg en korrup is nie.

Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out / Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out / Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out / Change )

Google+ photo

You are commenting using your Google+ account. Log Out / Change )

Connecting to %s