Peter Roberts se persverklaring

“Ek is en bly ‘n trotse Demokratiese Alliansie-raadslid”

For updates, new stories, and additional comment, click here to follow @DrewanBaird on twitter

Drewan Baird. Oudtshoorn. 8 Februarie 2014. 14h30. Peter Roberts, DA Wyk 7, sê…

Dit is my plig as verkose raadslid van die Oudtshoorn Munisipaliteit om ten alle tye in die beste belang van die mense van Oudtshoorn op te tree, en meer spesifiek, die inwoners van Wyk 7, wat ek verteenwoordig as raadslid.

As raadslid moet ek die wette van die Republiek van Suid-Afrika eerbiedig en verdedig.

Ek het die besluit gemaak, om na vore te kom ten op sigte van die aangeleentheid oor die Nel-skikking, gebaseer op my eie oortuiging van reg en geregtigheid en die beginsels, waardes en visie van my party, die Demokratiese Alliansie.

Na kommunikasie met my leier Helen Zille, en na sy my saak aangehoor het, het sy my verwys na die DA se regsspan, sodat hulle my kan adviseer wat presies my te doen staan in hierdie verband.

Ek bedank my leier en ons regsspan vir die uitstekende leiding en ondersteuning wat ek ontvang.

Ek is en bly n trotse Demokratiese Alliansie raadslid.

For updates, new stories, and additional comment,
click here to follow @DrewanBaird on twitter

________________________________________________________
DBC Logo
Make the call: 076 349 6316
________________________________________________________

What readers say about O!O | Home

6 thoughts on “Peter Roberts se persverklaring

  1. DArling ek het jou lief bo alles! Stoksielalleen met mosie sonder sekondant. Moenie my laat lag nie, Naiwiteit is nie debatteerbaar nie.

  2. Peter jy gaan nog baie druk kry. Dankie vir die moed van jou oortuiging. Jy is ‘n man der manne en ek is so bly jy loop nie oor nie. As ‘n mens mos verskil is die logika onder raadslede mos oorloop. Moenie oorloop, al word jy ook geskors. Eintlik moet jou gehalte man bevorder word tot LPR of LP. Sterkte met nog gewigtige besluite in die toekoms.

  3. “Dit is my plig as verkose raadslid van die Oudtshoorn Munisipaliteit om ten alle tye in die beste belang van die mense van Oudtshoorn op te tree, en meer spesifiek, die inwoners van Wyk 7, wat ek verteenwoordig as raadslid”
    Net pieter roberts glo die onsin wat hy hier vertel en hoop ook ons moet dit glo, Die man is “gelaybuy”hoe dom kan mens tog wees.Sou hy bedank of oorloop,sal die anc nooit wyk 7 wen nie,want dit is n “wit” wyk.Jy het so pas jou bed natgemaak Mnr Roberts

  4. Nou toe nou….there seems to be more to the eye than this…….of wat se ek nou…hiers ‘n groter spel aan’t gang..

  5. Kyk ek gee nie om watter party ‘n raadslid in die raad verteenwoordig nie solank hy/sy net in belang van die kiesers optree.In die geval slaag Roberts met vlieende op skrif vaandels.Oudtshoorn het meer sulke raadslede nodig en ek voorspel dat die raadssaal vorentoe vol van sulke raadslede gaan wees.
    Indien die raad byv more ‘n raadssitting moes gehou het oor ‘n 7% salarisverhoging vir raadslede bly almal sit om dit goedgekeur te kry.Niemand sal dan uitloop nie.
    Roberts jy het per slot van sake my steun vir jou mannemoed tot voordeel vir die mense van Oudtshoorn en spesifiek jou kiesers in die wyk.Jou gewete is skoon.As mense in die evangelietyd ‘n leuen kon finansier vir die waarheid hoop ek hulle kan in vandag se tyd die waarheid finansier.
    Die sogenaamde Nel skikking met die betrokkenes daarby is ‘n leuen uit die put van die hel wat gefinansier sou word uit belasting betalers se geld.
    Ontvang my seen Roberts vir jou opregte skoon en eerbare politieke beginsel. Die waarheid sal altyd seevier.
    Sterkte ou grote.

  6. Well,well well. So there is such a thing as an honest politician. I be damned.

Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out / Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out / Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out / Change )

Google+ photo

You are commenting using your Google+ account. Log Out / Change )

Connecting to %s