“Voortgesette Apartheid”

Donson spoeg vuur

For updates, new stories, and additional comment, click here to follow @DrewanBaird on twitter

Drewan Baird. Oudtshoorn. 5 February 2014. 12h15. Onderburgemeester Vlancio Donson het die DA se uitlopery uit gister se raadsvergadering vanoggend vergelyk met Apartheids-onderwys…

Die gebeurtenis van gister se Oudtshoorn-raadsvergadering, toe die DA-raadslede uitgeloop het, laat my dink aan die onluste in 1976 toe die jeug van Soweto doodgemaak is omdat hulle gevra het vir beter onderwys.

Apartheid duur voort onder die DA maar net op ‘n ander manier.

Die Raad het R1 miljoen begroot vir beurse vir matrikulante om vir hulle ‘n loopbaan te gaan vestig deur tersiêre opleiding, maar die DA-raadslede het besluit om uit die raadsvergadering te loop sodat die besluit oor die beurse nie goedgekeur kon word nie. Die feit dat die studente nie gehelp kan word nie maak hulle meer kwesbaar vir geweld, dwelms, werkloosheid, en ander sosiale euwels.

Baie van ons mense drink en gebruik dwelms omdat hulle frustreerd is met hulle armoede. Die jong meisies raak jonk swanger en verval maar weer in ‘n lewe van “nie goed genoeg nie; nie geleerd genoeg nie”. ‘n Gebrek aan opleiding maak ons tronke vol – vol jong bruin mense wat nie die geld het om te gaan leer vir ‘n beter job; ‘n beter lewe nie.

Die DA wil ons mense laag hou, sodat hulle kan hoog wees en ál die mag kan hê, pleks van vir ons kinders gee wat hulle al só lank toekom.

For updates, new stories, and additional comment,
click here to follow @DrewanBaird on twitter

________________________________________________________
DBC Logo
Make the call: 076 349 6316
________________________________________________________

What readers say about O!O | Home

2 thoughts on ““Voortgesette Apartheid”

  1. Foeitog!! Rerig Raadslid Donson, tronke vol jong bruin mense? Drol, daars swart mense en wit mense ook in die tronk! Jammer die DA het uitgestap, maar wie is jy om te praat. Jy hoort nie eers in daai pos nie.

  2. Waarteen en waarvoor en waaroor loop ons nou waarheen en waar toe ?
    Na al die laaaaaaaaaang vakansie nogals.
    Word julle nie goed ver goed om te debateer en te ‘teer” oor dienslewering nie?
    Is die werklikheid te wreed om te aanskou?
    Het julle nie beloof om hierdie kinderlikheid, juis aan te spreek nie.
    AneeA mense word nou groot.
    Dis seker hoekom die DA nie een persoon uit die ganse area, George ingesluit om parlement toe te stuur nie.
    Sckaaaaande!

Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out / Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out / Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out / Change )

Google+ photo

You are commenting using your Google+ account. Log Out / Change )

Connecting to %s