Die munisipale bestuurder oor die stormskade

Munisipaliteit en sakekamer werk saam

For updates, new stories, and additional comment, click here to follow @DrewanBaird on twitter

Drewan Baird. Oudtshoorn. 11 January 2014. 10h45. Die munisipale bestuurder, Ron Lottering, het verskeie sakemense Vrydag per brief bedank vir hulle waardevolle bydraes om stormskade-verligting te bring.

Lottering sê dat hy die reaksie van georganiseerde besigheid op Oudtshoorn baie hoog op prys stel en dat hy seker is dat die resultate van die gesonde verhouding tussen die munisipaliteit en die sakekamer in dienslewering aan die gemeenskap gesien sal word.

Drewan Baird. Oudtshoorn. 9 January 2014. 09h30. Die munisipale bestuurder, Ron Lottering, het die volgende berig vrygestel oor die stormskade:

Die munisipale bestuurder, Ron Lottering, en die voorsitter van die sakekamer, Niel Els, het vroeg vanoggend die stormskade bespreek en sal vandag deurlopend in kontak met mekaar wees om verligting te bring.

Die paaie sal so spoedig moontlik skoongemaak word nadat die reën gruis en modder gestort het.

Droë komberse en sponsmatrasse word dringend benodig en die mense van Oudtshoorn se hulp hiermee sal baie waardeer word. Skenkings kan by die munisipale kantore in Asstraat en in Voortrekkerweg gemaak word.

Die direkteur gemeenskapsdienste, Gavin Juthe, het tot laat Woensdagnag boumateriaal uitgedeel om noodverligting te bring.

Huise in De Rust is oorstroom en Juthe het Asla, die kontrakteur, reeds op die perseel ontplooi en vergader later vanoggend met verteenwoordigers van die maatskappy om herstelwerk te bespoedig.

Die speaker, John Stoffels, monitor die situasie en sal die raad byeen roep indien nodig.

For updates, new stories, and additional comment,
click here to follow @DrewanBaird on twitter

________________________________________________________
DBC Logo
Make the call: 076 349 6316
________________________________________________________

Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out / Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out / Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out / Change )

Google+ photo

You are commenting using your Google+ account. Log Out / Change )

Connecting to %s