Het Jurie Harmse al wéér gedraai!?

Die pad na die Siriese hoofstad is flenters gebruik!

For updates, new stories, and additional comment, click here to follow @DrewanBaird on twitter

Drewan Baird. Oudtshoorn. 20 November 2013. 11h50. Die Damaskuspad.

Tony Leon het per geleentheid gesê dat FW de Klerk al meer kere op die pad na Damaskus was as jou deursnee Siriese lorriedrywer.

En Hille Zille stap ook op en af op dié pad.

En Jurie “Balla” Harmse kamp uit op die pad na Damaskus.

Op die agenda vir Vrydag se raadsvergadering – waar die DA glo “gaan oorneem” (die vierde maal sedert 31 Mei) is daar twee punte: Die Speaker se bevinding oor aanklagte van korrupsie teen Jurie Harmse; en mosies van wantroue in die speaker, burgemeester, en onderburgemeester.

Merkwaardig is vir my die agenda. Woordorde met verwysing na Jedi-meester Yoda.

Hoe’t die Wysheidskrywer nou weer gesê:

Drie is dit wat vir my te wonderbaar is, ja, vier wat ek nie begryp nie: die weg van die arend in die lug, die weg van ’n slang oor ’n rots, die weg van ’n skip in die hart van die see, en die weg van ’n man by ’n maagd. (En Vrydag se agenda.)

Die speaker, in stukke by die agenda aangeheg, bevind dat daar nie tans genoegsame inligting is om die tollende Jurie in die blou pakkie aanspreeklik te hou nie!

Jurie word verskoon!

Deur die ANC-alliansie se speaker!?

Magtag, my lankmoedige lesers, ek kan nie glo wat ek sien nie!

Ek het die klagtes teen Harmse onder oë gehad en daar is geen maniér hoe die vent nie dissiplinêr verhoor moet word nie! Daar is beëdigde verklarings wat Jurie verdoem!

Hier is ‘n moerse slang in die gras.

Die ANC-alliansie gaan rustig voort met die spesiale raadsvergadering… en laat Jurie Harmse wegkom!?

Alles dui daarop dat pastoor Jurie se sangoma hom nóg ‘n keer aan huis gaan bad het.

En dit nadat ‘n munisipale funksionaris vir Jurie ‘n aardige bedraggie in die hand gestop het.

Daai onlangse brief van Jurie in die media was glo ‘n poging van Jurie se DA meesters om die man in die blou pakkie (sorry Dalene Matthee) in ‘n blik te druk. Maar hoe druk ‘n mens ‘n paling in ‘n pot snot in ‘n blik!?

Jurie het sweerlik wéér gedraai.

Ek hoor nou daar gaan met stembriefies gestem word Vrydag…

En wat is dit met die mosies van wantroue!?

Het niémand die Schippers-uitspraak geléés nie!?

As ek nou Ingels magtig was sou ek woorde soos discombobulate en flummox en befuddle en nonplus en stupefy gebruik het.

Maar ek is nou nie Ingilsvaardig genoeg nie.

Decision makers turn to O!O first for what’s really happening in Eden
… You’re reading, aren’t you!?
Advertise on O!O – click here for details

________________________________________________________
DBC Logo
Make the call: 076 349 6316
________________________________________________________

Click here to follow @DrewanBaird on twitter for updates, new stories, and additional comment
Advertise on O!O | Home

18 thoughts on “Het Jurie Harmse al wéér gedraai!?

  1. RSG – Ek sluit hiermee af met ‘n African Proverb : “LACK OF KNOWLEDGE IS DARKER THAN NIGHT” en geniet jou oorsese trip terdee en mag die God van Vrede wat alle verstand te bowe gaan jou ryklik seen.

  2. Ek love dit! Die speaker is in stukke by die agenda aangeheg… Arme man, is hy oraait?

  3. Comrade Andy, môre Swaer.

    Ek weet maar min van die hogere politieke dinge wat jy van praat so ek kan nie stry met jou nie.

    Maar een ding is seker en jy sal weet, die Eden Raad het versoek dat Bredell Wessie moet fire. Of hulle nou reg of verkeerd was of nie, Bredell moet dit net doen, want die WET se hy moet. Daar is nie ‘n opsie in die wet vir hom om daaroor om sy maaaind te apply nie en /of om die Eden raad se besluit te wysig of verwerp nie. Hy is NIE ‘n appelowerheid NIE, dit is die Hof se taak.

    As dit so is dat die ENS verslag verkeerd was en die verhoor vir een of ander rede gefouteer het, dan moet Wessie natuurlik Hof toe om die besluite deur die Hof te laat tersyde stel. Tussen die Eden raad en Wessie is die koeel deur die kerk, Bredell moet nog net sê “BOEM, JY’S DOOD” .

    Bygese natuurlik, ek sou nie my swaar verdiende geldtjies verwet op ‘n kans dat Bredell hom by die wet sal hou en doen wat hy wettiglik verplig is om te doen nie. Daar is duidelik ander onderstrominge wat hom beheer. Dit kannie net slapgattigheid en vrotsigheid wees wat hom daarvan weerhou om sy pligte uit te voer nie.

  4. die ergste scenario waar uit jy en jou vals pastore julle sal mut uit wurm is die vertroue van die gemeenskap in julle. toe die dominees in die apartheids jare die anc gehelp het om ondergronds te operate en die mandaat van die.anc bevordet het, het hul dit nie vir eie gewin gedoen nie maar vir die onderdrukte volk. ek weet van n so called pastoor wat n posvlak drie pos eis. hyt. so ver gegaan om balla.te gaan probeer oorreed om te bedank.

    ek wonder of balla se vrou nu suip want volgens haat wou jy he.sy mut haar man oorreed om trug na die.anc.te.gaan. wat is.dit?

    julle join wragtag die onderdrukkers, loafers, onbevoegdes en wat nog meer! wie.wil aan julle luister?

    wag, ekt n amper miljoen wat.vir my wag waarvoor ek al n paar maande baie hard voor werk. gaan join jy die loafers plannetjies beraam vir more se meeting! ekt nuus vir julle!
    al die sambokke, swepe en kieries in die dorp is uitverkoop. ek mut more vir.di blue jeans in george gaan koop want more moer ons van n kant af!

  5. ronnie lyk my jyt vergeet dat dit ou andrew was wat van hotnots gepraat het en as jy educated is sal jy verstaan dat ek reply het deur van sy woorde te gebruik. dit da gelaat.

    ek werk vir my geld. loaf, bedrieg, inloop ens is nie deel van my dagtaak nie. dai amper miljoen is my dogter se finale universiteitsjaar se geld. en die res gaan ek vir ses weke in die buiteland mee toer.

    vetel ons hoeveel mense het jy gewerf nu laas om vir jou te stem. ek verstaan jy het toe net n handjie vol gehad wat toe wel geregistreer was.

    ek luister liewers na n dronk mens as om na julle so called pastore te luiser. my God is n regverdige God en ek kan my nie deur vals pastore laat bearbei ni. bearbei somme in dai wyk waar jy weer gaan try independent staan.

    geseende dag vir u.

  6. Drewan, watter raadslid het jy ‘n polieke Pro genoem? vernuut my geheue asb. (Pro-stituut – iemand wat net voor payday geluide maak, meestal die uitdrukking van plesier/belangstelling naboots tot groot vermaak van die gehoor)

  7. is McPearsen nog DA ? Drewan, se liewer niks nie want die nar hoort op Jerry Springer!

  8. Ruthie net voordat ek gaan slaap,wat weet jy van openbaringe in die dag.Die liefde,omgee opregtheid en eerlikheid wat jy van praat is alles fake.Jy mislei en bedrieg jouself en die waarheid is nie in jou nie.Beslis lees jy nie Die Bybel of ten minste Die Koran nie,maar die Apartheids Bybel.Op 15 Nov noem jy op die openbare publieke blog die skepsels van God Hotnots.Watter soort tipe ras is jy dan.G’n wonder Andrew nooi jou uit vir die “hond-hond” speletjie.Jy se ook verder dat jy het niks ,maar spog op 19 Nov van die konsultasie wat jou darem so miljoen voor Kersfees sal besorg.Jy praat van opregtheid ,omgee en eerlikheid.Die eerbare ding wat jy kan doen is om die gewraakte apartheidswoord van hotnots terug te trek en almal wat kommentaar lewer op die blog om verskoning te vra vir jou walglike vieslike uitlatings.Jy’t beslis ‘n bloedlyn-vloek op jou en net jy alleen kan dit oor jou lewe en die van jou familie en nageslag verbreek.Jy’s in groot moeilikheid hartjie.Doen die regte ding.Ek help graag.Rustige nag verder.

  9. Comrade Willempie

    Wessie is set to remain Eden mayor, Viva Wessie!!!!

    Having followed his case closely on O!O and in other media I have to state that the counter revolutionary speaker and MM need to be removed by him once he is found innocent.

    Then there is the issue of Esau- Wessie must remove him too.

    The I.D are now the DA bosses in Western Cape- and Helen,Theuns and Ivan will want to keep the peace with Patricia who was at the ANC’s doors a lot till prior to the 2009 elections.

    And now she is worth more to the DA and ANC before the 2014 elections.

    DA leadership are rudderless- Patricia is their real provincial and federal leader.

  10. dit wat in die nag gebeur word in die dag ge openbaar. ekt niks. ryk aan liefde, omgee, opregtheid en eerlikheid. lekker aand verder!

  11. Be opdrag was deur wie!!!Huh dis nuus vir my.Ruth my hartjie,net vir jou inligting,-sedert 7 Augustus 2013 het Balla verkies om nie meer met my te praat nie.Vra hom en dis tot nou nog so,-en weet jy waarom?Net omdat ek hom nie wou help met stemwerwing vir die DA nie.Hy’t ook aan my gese dat ek ‘n miljoener by die DA kan word,dat hy my op die lys sal sit vir werk.Ek het dit heeltemal reject.Vir my werk die beginsel:Net ‘n bietjie groente en liefde daarby as ‘n vetgemaakte kalf en haat daarby.
    Ek sal jou graag wil bearbei en vir Christus wen,alternatiewelik vir jou bid,maar uit jou kommentaar blyk dit duidelik dat jy slang prediking aanhang en ‘n leuen sal finansier vir die waarheid.Tog so jammer.
    Ek’t alreeds sedert 20 Desember 1986 rykdom in Christus gevind en niks o nee niks sal ek daarvoor verruil nie.
    Ek is duur gekoop my liefie.Nie eers eerskomende saterdagaand se lotto jackpot sal my waarde kan oortref nie.
    Jy wat se jys ryk en het aan niks te kort nie.Dis eindelik jy wat so ellendig,beklaenswaardig arm en blind is.
    Poenankies hou my gerus dop die laaste paar dae.By die Oospoort sal ek en jy mekaar weer ontmoet.
    Dan praat ons weer,- selfregverdige.

  12. drewin, vergeet om te vra waar is die boetie van malawi wat die misipaal laat kom het om hul in bewind te hou. ekt ok n oproep gekry vir n donasie. vreeslik hoe hulle in toorgoed glo.

  13. ronnie, plaas jy vetel ons hoe jy ook saam met die ander godsman be opdrag was om balla te vra om te bedank. julle pastore is soos die bybel se van die ware kleure wat vorendag ga kom in die laaste dae.

    jy mut kerk hou en siele vir christus werf, maar o nee, jy speel vredemaker en eintlik is jy n moeilikheidmaker. skoenmaker, bepaal jou by jou amp.

    drewan, hardkoppigheid kom mens duur te staan. soos ek hoor het stoffels twee hoogeregshowe onkostes om te betaal. wie de donner wil n derde of meer met jou eie geld betaal?

    gedog dalk het jy hom adviseee. sou wragtig die eerste keer wees wat jy jou 56 000 sou kon regverdig.

  14. Nee wag bietjie. Dalk is die Speaker net ontnugter en sien nie kans om deur die hele drama en onkoste te gaan en dan wanneer die uitslag uiteindelik kom en die raad besluit daar is genoegsaam bewyse en rede om ou Jurie te ontslaan en dan onse hiperaktiewe MEC Bredell vra om die gekose gat te skop, dan…. Doen Bredell fokol.

    Wat is die punt om al die verhore en bevindings en goed as daar aan die einde van die dag niks, maar niks daarmee gedoen word nie. Hoekom sal dit in Jurie se geval anders as in Wessie se geval wees???

  15. Jurie my vriend : Daar’s ‘n Evangelie-lied soos volg: AL SE DIE MENSE WAT MY BROEDER,HOU JOU LAMP AAN DIE BRAND.Dis die Jurie nee BALLA wat ek ken wie se miswolk van onkunde dalk net-net op die bestemde tyd gaan of het al verdwyn.Balla jou ‘n vriende het sedert jy raad toe is nou jou vyande geword en jou vyande jou vriende.Ken jou ‘n vriende en ken jou vyande.Vir jou wil ek al die pad ‘n vriend wees.Dit staan nog so en wil ek dit nie verbreek nie.
    ED die DA se verkiesingsliedjie “Dis ‘n DA -DING ‘n lekker DA-Ding ,ons gaan nie worry nie,want ons gaan (Vrydag) wen.So DA dont worry be happy.

Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out / Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out / Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out / Change )

Google+ photo

You are commenting using your Google+ account. Log Out / Change )

Connecting to %s