Verdagte koerantberigte

Oorweeg die feite

Click to follow @DrewanBaird on twitter

Drewan Baird. Oudtshoorn. 30 September 2013. 09h00. Daar is ‘n tweede aspek van Die Hoorn se redakteursbrief wat aandag moet kry: Dat die teenswoordige politieke stryd ‘n “speletjie” sou wees; “iets so oppervlakkig soos ‘n boksgeveg of ‘n tenniswedstryd”.

Die onvermoë om taal en innuendo te begryp is ‘n tragiese realiteit van die moderne finger tribe fenomeen.

Suid-Afrika is in ongelykheid en disputisme vervalle. Ek dink baie hieroor en onwillekeurig aan wat ek ‘n leeftyd gelede oor Gianfranco Miglio (1918-2001) se menings oor die na-oorlogse Italië geleer het.

Miglio is beïnvloed deur Max Weber en Carl Schmitt en het tot die gevolgtrekking gekom dat die dominansie van die sterkste groepe die beste oplossing was vir ongelykheid en geskil.

Ek dink baie maal dat ons politiek moet bedryf soos die All Blacks rugby speel – sorg vir ‘n bullebakpak; skep chaos in die versekering dat die pak ‘n oorweldigende kansigheid het om die bal oor die voordeellyn terug te wen.

Hierdie soort beeldspraak is ‘n analogie. Om nou nie vérdere verwarring onder stiksieniges te saai nie… die HAT omskryf analogie as ‘n gedeeltelike ooreenkoms tussen twee dinge wat in ander opsigte verskillend is. Soos dat die menslike hart soos ‘n pomp is. Die hart is natuurlik baie belangriker as ‘n pomp, maar ek hoop almal wat “nooit” O!O lees nie, verstaan nou.

Perdalkies moet ek ook nou maar verduidelik, want dit smaak my dié ding word óók nie mooi verstaan nie: Ek verteenwoordig kliënte wat my vaardighede koop om mense goed te laat sien soos hulle, my kliënte, dit sien. DBC se slagspreuk: Have them see it your way – stratetic, tactical, and crisis communication.

As my critici moet weet wié almal kliënte van my is, skenk hulle geboorte. Op die plek. Onthou die Wittgenstein-staaltjie: Dinge is nie altyd soos dinge lýk nie.

Hier op O!O gee ek mý mening. Jy is nie net welkom om my mening te lees nie; ek wil graag hê dat jy my mening sal lees. Maar dit bly mý méning. En jy is natuurlik baie welkom – ek moedig jou aan – om jóú mening ook te gee. En baie van julle dóén dit – géé julle menings.

Nou kom ons praat gou weer oor die spel-analogie. Dis al wat dit is: ‘n Analogie. As jy méér as ‘n analogie daarin wil raaklees, doe zo voort. Maar hopelik word Oudtshoorn se mense darem nou nie deur onwillge insig mislei nie.

Ek herhaal wat ek tot vervelens al herhaal hét: Dat die DA Oudtshoorn tans nie regeer nie is ‘n absolute funksie van die DA se eie doene.

Ek het ‘n verantwoordelikheid teenoor my kliënte en ek eerbiedig dit.

Courtenay Griffiths, die advokaat met die moerse reputasie wat Wes-Kaapse regterpresident John Hlophe verteenwoordig in die tribunaal wat van vandag af in Kempton Park sit, het ‘n reputasie dat hy die “onverdedigbare” as kliënte het – mense soos Charles Taylor.

Ek het ‘n goeie verhouding met die advokaat wat die burgemeester destyds verteenwoordigheid in die burgemeester se saak teen my. Dié advokaat het een van Suid-Afrika se mees gehate moordenaars verteenwoordig.

Ek het al gekuier saam met advokate wat Suid-Afrika se voorste kriminele verteenwoordig – hulle doen hulle werk en basta.

Ek doen myne. Ek doen dit, so sê my kliënte, nogals nie te sleg nie.

As ek soms domastrante teenstanders het, is dit nou een maal tot my voordeel. Ek het ‘n bulpak.

Nou ja…

Oudtshoorn is eenvoudig te belangrik om oor speletjies te speel.

As jy van speletjies wil hoor, hoe klink dít: Jy koop mense om; jy maak beloftes wat vou; jy probeer belastingbetalers uit miljoene verneuk… Die DA op Oudtshoorn.

As ‘n DA my nou sou vra om hom of haar te adviseer… Ag my lankmoedige lesers, ek doen dit al lankal; en ek word betaal wat ek werd is: Baie.

Wie dié DA-kliënte ís?

Maar wil julle nou hê die arme plaaslike koerante moet ‘n gêskit blaas?

Onthou: Die verskil tussen die DA en die ANC is…

Hoe haal Sam Mkokeli van die Sunday Times ‘n DA-LP nou weer aan: “We are just like the ANC, if not worse.”

Ek het eerstehandse kennis van beide partye. Daar is geen verskil nie.

Behalwe miskien dít: Die ANC is straatwys genoeg om kundige mense te gebruik.

Die DA is tevrede met Koos Celliers en Theuns Botha en Anton Bredell. En die plaaslike lot vertrou op die monumentale politieke insig en ondervinding van Chris MacPherson. Dít, my lankmoedige lesers, is nou wragtag nie mý skuld nie.

Drewan Baird. Oudtshoorn. 27 September 2013. 03h15. “Volgens die raadgewer (Drewan Baird) van die Groter Oudtshoorn se burgemeester (Gordon April) het die ANC verlede week doelbewus disinformasie versprei om die DA/Cope-koalisie voor Vrydag se raadsvergadering te kul. (Sodat die wil van die meerderheid nie tot uitvoer kon kom nie, klaarblyklik.)”

Só lees Die Hoorn (‘n plaaslike koerant op Oudtshoorn) se redakteursbrief Donderdag.

Nou ja toe.

O!O het verlede week só berig oor die voortslepende stryd om beheer van die Oudtshoorn raad:

“The disinformation showered on the DA since Monday – which the poor sods bought lock stock and barrel every time – paved the way for a knock-out blow Friday morning: The DA now has only 11 votes in Council… and it will stay 11 for some time to come.”

Demokrasie en die wil van die meerderheid. Tja, nou dís nou vir jou ‘n ding, gehoor!

Koerante wat die DA ten alle koste ondersteun berig deesdae met trompetgeskal oor die ANC (en sy koalisie-vennote) se sogenaamde magsbeheptheid op Oudtshoorn.

Van die DA se verregaande taktieke op, byvoorbeeld, Springbok (Nama Khoi) waar die DA teen wil en dank aan mag klou nadat die ANC reeds in Mei ‘n meerderheid in die raad bekom het, word gerieflik vergeet. Maar dis ‘n ánder storie dié.

Die DA-raadslede wat “die meerderheid” van die mense op Oudtshoorn verteenwoordig het sedert 31 Mei soveel skandes en skades gemaak dat hulle “meerderheid” met oorgawe in die hek geduik het – as gevolg van DA-optrede, en nié as gevolg van ANC-optrede nie.

Twee raadslede, Pierre Nel en Ben van Wyk, se stemreg is opgeskort… Hulle is nie deur die Speaker “geskors” soos daar in die “hoofstroom media” berig word nie – hulle stemreg is opgeskort… by wyse van ‘n raadsresolusie wat met 12 stemme teen nul deur ‘n volle raad aanvaar is; nie deur die Speaker nie!

Hoekom is Nel en Van Wyk só gestraf?

Want Nel en Van Wyk se handtekeninge verskyn op ‘n bedrieglike skikkings-ooreenkoms van miljoene rande wat tans die onderwerp van ‘n Valke-ondersoek is.

Die ganse DA-koukus en sy Cope-meeloper (vir hoe lank nog weet niemand nie) is aandadig aan hierdie “fast one”, maar omdat die DA halstarrig weier om die beweerde “resolusie” (!) wat die skikking magtig bekend te maak, kan daar nie teen hulle opgetree word nie.

Die meerderheid van die mense van Oudtshoorn word dus tans verteenwoordig deur slegs 11 stemme in ‘n raad van 25 en die meerderheid van die mense van Oudtshoorn moet by hulle verteenwoordigers gaan aanklop vir die redes waarom die meerderheid se belange deur die meerderheid se verteenwoordigers só deur die modder gesleep word dat die meerderheid se verteenwoordigers nie die meerderheid kan laat geld nie.

Nou oor taktiek en strategie en disinformasie…

Disinformation, n. Misinformation that is deliberately disseminated in order to influence or confuse rivals (foreign enemies or business competitors etc.)

Alle “disinformasie” wat die DA romp en stomp en soos dit reil en seil opgeslurp het in sy heethoofdige koors om beheer van die raad vir sy 12 vermaledyde “verteenwoordigers van die meerderheid” te bekom, was inderdaad feitelik korrek en waar:

Die DA het by twee geleenthede twee agtereenvolgende raadsvergaderings sonder toestemming misgeloop – drie agtereenvolgende oortredings lei tot ‘n raadslid se outomatiese afdanking.

Cope se raadslid John Maxim hét wel by twéé geleenthede drie agtereenvolgende komitee-vergaderings sonder toestemming misgeloop (hy haal dieselfde laai uit in die Eden-raad) en die Speaker behoort hom die raad te verbied, hangende ‘n bevinding van LUR Bredell.

(So bang was Maxim vir die Speaker se gaffel verlede Vrydag dat hy senuweeagtig bly aandring het dat die DA die raadsaal moes verlaat – hý, en die DA-raadslede, het presiés geweet wat kon gekom het.)

Maar die angswekkende “skikking” van die Pierre Nel v Oudtshoorn Munisipaliteit is ietwat erger as om drie vergaderings mis te loop, of hoe my lankmoedige lesers?

As die DA nie so onnosel was op 31 Mei nie, het die DA Oudtshoorn al regeer op 31 Mei.

As die DA nie op 31 Mei onwettig opgetree het nie, het die DA al teen middel Junie regeer.

As die DA nie die Pierre Nel v Oudtshoorn Munisipaliteit-saak bedrieglik probeer skik het nie, het die DA al teen 12 Augustus regeer.

Die DA regeer Oudtshoorn nie, want die DA het sy “meerderheid mense” gruwelik versaak.

Die DA se onvermoë om Oudtshoorn te regeer het min te make met die ANC (en die burgemeester se raadgewer) en alles te make met die DA se onbeholpenheid en politieke onnoselheid.

Dis hoog tyd dat Oudtshoorn se mense ingelig word van die ware toedrag van sake. In ‘n dorp met twee weeklikse plaaslike koerante en twee daaglikse streekskoerante is dit allerbeklaaglik dat die mense kennelik nié ingelig is nie…

Gelukkig is O!O-lesers eenvoudig in ‘n ander klas.

Decision makers turn to O!O first for what’s really happening in Eden
… You’re reading, aren’t you!?
Advertise on O!O – click here for details

________________________________________________________
DBC Logo slogan list
Make the call: 076 349 6316
________________________________________________________

Click here to receive updates | Advertise on O!O | Home

21 thoughts on “Verdagte koerantberigte

  1. En wat moet ‘n mens dink as die joernalis willens en wetens ongeloofwaardige verduidelikings publiseer of sonder om die “feite” wat die persoon ter stawing van sy storie gee te ondersoek of na te vors?

    Se bv: die persoon lieg vir die joernalis en vertel hom ‘n storie wat geen sin maak nie, maar die joernalis skryf dit net so, sodat dit vir die leser lyk of die persoon die aantyging weerle het terwyl die joernalis voor sy siel weet as hy die storie net ‘n bietjie verder vat gaan hy boonop wys dat die persoon ‘n leuenaar is en dat die aantygings wel waar is.

    Wat dan? Wat se ‘n mens van so ‘n joernalis?

    Kom ons se die joernalis word in alle eerlikheid geflous deur die persoon se leuens. As iemand dan vir hom uitwys waar die leuen le, gaan die joernalis dan terug na die storie toe en stel die feite reg, of los hy die wanindruk net so?

  2. No Comment dien ook as ‘n antwoord Sceptic. Die reels bepaal egter dat jy iemand ‘n regverdige kans gee om te antwoord op bewerings wat gemaak word teen hom. Ek doen myne altyd skriftelik en telefonies. Ek hou ook telefoonrekords ingeval die persoon later se dat ek hom nie ‘n kans gegee het om te antwoord nie. Ek sal ook as verwysing aanhaal dat ek skriftelik en telefonies om kommentaar gevra het en dat hy nie gereageer het nie. Jy moet EGTER elke keer met die een praat oor wie jy skryf. Jy kan nie nie op laas week se NO Comment gaan nie. Dis protokol. Hofsake en kriminele sake word natuurlik uitgesluit. Die cops praat self. Vra maar weer as jy iets wil weet Drewan..😀

  3. @ Hein, moet my nou asb nie veroordeel omdat ek ‘n skuilnaam kies nie, ek wil net reageer op wat jy skryf oor die evrskil tussen ‘n regte joernalis, en ‘n blogger. Nou ek is geen kenner nie, en ek is nie eens ‘n vreeslike geleerde man nie,maar ek merk op uit klompie van O!O se berigte dat die “ander party” (wie se kant gevra word deur die regte joernalis) ‘n amptelike standpunt ingeneem het om glad nie O!O se vrae te antwoord nie, en om glad nie op sy versoeke te reageer nie. Sal jy nie saamstem dat hierdie optrede dit vir O!O ONMOONTLIK maak om te doen wat, volgens jou, ‘n REGTE joernalis doen nie?

    Is die joernalis of blogger se plig nie maar beperk tot om die “ander party” te vra vir sy weergawe nie? As die “ander party” dan nou weier of versuim om sy weergawe te stel, beteken dit die REGTE joernalis moet nou sy artikel glad nie meer publiseer nie, of kan hy maar voortgaan om sy artikel te publiseer, en dan sommer ook sy negatiewe afleiding te publiseer as gevolg van die weiering om sy weergawe te stel?

    Ek vra maar, want ek wil ook graag ingelig wees. Ek skat, NO COMMENT is seker goed genoeg…

  4. Ronnie. Ek is verbaas dat jy ‘n ou wat onder ‘n skuilnaam skryf ‘n gentleman noem. Ek noem hulle tweegesig lafaards, want dis presies wat hy is. Weg van sy rekenaar af het hy nie ‘n bek op hom nie omdat hy vrekbang is mense vind uit hy blog op O!O.

    Ek het ook nog nie enige intelligente post van hom gesien nie. Dalk het dit iewers tussen sy munisipale kontrakte of tenders verdwyn. Ek dink in elk geval hy was by Kairos op skool want hy het geen idee van hoe om te debatteer oor die spesifieke onderwerp (Verdagte koerantberigte) wat Drewan gespost het nie. En jy noem hom intelligent?

    Amper verstik ek in my Sondagmiddag-poeding..😀 Liefie met die skuilnaam, jy is die laaste koekie wat van man staan moet praat. Ek doen dit hier openlik. Ek het dit teen die polisie gedoen. Meer as een keer as jy dit nie weet nie. Ek doen dit nog elke dag van my lewe. En ek sal dit teen jou ook doen. Dalk moet jy my approach dat ek dieselfde vir jou kan se wat ek na bewering vir die polisie gese het.

    Hoe klink dit Koekie. Jy het een kans om jou vrou, agga man te staan..😀

  5. Manne nee a man nou raak julle almal kinderagtig en nie kinderlik nie.Al julle ouens is intelligent man.Los nou die bakleiery onder mekaar.Vrouens het nou deesdae manne se rol oorgeneem en vroue manne s’n.Die soort argumente grens aan vrouwees.A nee a manne.Ek skaam my nou vir my geslag.Dit klink nie mooi op die blog nie en ek verwag dit nie van julle league ouens nie.Gee net die keiser die eer wat hom toekom.Is dit so baie gevra.Be a gentlemen always.

  6. @ Hein…vverssstaan eekkkk nnou beter, om persoon se intelligensie te onderskat is gevaarlik hoor.

    Hoe kan mens bang wees vir een wat onder vroue se rokke uitvloek toe polisie hom arresteer het in Oudtshoorn vroeer die jaar, instede van sy mmmaaaan staan.

  7. By the way Andrew: Ek het ook die reg om aan ‘n politieke party van my keuse te behoort. Of verstaan jy nie Demokrasie nie? As jy nie verstaan nie moet jy praat. Ek kan vir jou ‘n kursus by ABET reel..😀

  8. Andrew liefie.. Vat my aan oor wat ek op die Blog skryf. Moenie vir my jou gebrek aan intelligensie wys nie. Ek is kinderlik bewus van dit. Tik jy met een vinger?😀

  9. So jy wil my nou ‘n ander naam gee? Vrotsige DA georienteerde spindokter of toordokter. Gaan skryf oor wie met wie se vrou of man jol los die politiek uit jy het geen benul of verstaan nie wat aangaan nie.

  10. No more DA: Ek dink jy kan my in my gesig kom vra of is jy te bang? Toe maar, jy sal nie die enigste een wees wat bang is vir my nie. Ek hoop jy stel jouself aan my bekend as jy my weer sien. Uit jou skrywe sien ek natuurlik dat jy pampoenpitte het in plaas van breins. Dis ook ‘n gestremdheid weet jy? Ek kan aflei dat jy bitter min weet van regte joernalistiek.

    Kom ek lig jou in. Ek hoop net nie die inligting steek vas tussen die pampoenpitte nie. Die verskil tussen ‘n blogger en ‘n regte joernalis is dat die blogger PERSOONLIKE opinie skryf en daarby volstaan. ‘n Regte joernalis gaan vra vir die ander party sy kant van die storie en skryf dit by die bewerings. Is jy besig om die inligting te verwerk om moet ek dit weer oor verduidelik? By hofsake of kriminele oortredings skryf ons uit die polisie se mond. So dit was nie nodig om julle vriend se kommentaar te kry nie, Die cops het sommer namens hom gepraat. (Ek hoop nie jy huil nog daaroor nie) Dis so eenvoudig soos dit. Ek hoop die pampoenpitte het nie gecrash nie. Maar moenie worry nie. Ek verstaan jou gestremdheid volkome. As jy jou laat lei deur NO BRAINS eindig jy ook op met NO BRAINS. Ek hoop jy kry ‘n cure vir dit..😀

  11. OO, Kry vir ons bietjie inligting oor Theuns Botha. Ek luister maar wat mense praat. Waar daar rook is…

  12. Hein

    Ek waardeer dat jy jou mening sterk uitspreek – onder jou eie naam.

    Daar kan geen twyfel wees dat jy guts het nie – daai acolade wat jy ontvang het destyds bewys dit. (Ek was die enigste wat darroor berig het!)

    Ek het heelwat te sê oor jou pos oor die demokrasie op Oudtshoorn, maar nie vandag nie; ek is elders besig.

    Dankie, egter, vir goeie kommentaar!

  13. Andrew watsenaam. Jy vra wie is ek dan tog nou? My naam is Hein Coetzee en ek het nie ‘n skuilnaam nodig om sterkgevreet agter ‘n rekenaar te wees nie. Ek het nie ‘n skuilnaam nodig om my standpunt te maak nie. Eintlik tel jy 0 en dis nie die moeite werd om met ‘n 0 in ‘n gesprek betrokke te raak nie.

    Jy sien Drewan. Jou feite is op jou sentiment of moet ek se beursie gegrond? Daar was ‘n demokratiese proses en die partye wat jy goedpraat het fair and square verloor. Die regte ding sou gewees het om die verloor op die ken te vat en weg te stap, te gaan bou en dan wraak te neem. Goeie verloorders doen dit. Jy hou nie ‘n dorp gyselaar omdat jy skaam is oor jou verloor nie. Die Main-ou, Demokrasie waarvoor baie mense hulle lewe opgeoffer het, het mos gepraat. Dis my feite, nie die stunts wat uitgehaal word om beheer oor die dorp te hou nie. Of word demokrasie nie erken deur die party wat die land vrygemaak het van Apartheid nie?

    Wat tans in Oudtshoorn aangaan laat my dink aan 7de Laan. Die storielyn is nie meer watswonders nie en die actors spartel om hul rolle in die sepie te behou. Intussen kyk al hoe meer mense Isidingo. Do you catch my drift? Wyk 13 is ‘n sprekende bewys daarvan. Die DA het hier geskiedenis gemaak deur ‘n wyk in ‘n bruin woonbuurt te wen.

    Die gevaarligte flikker ook in die ander bruinwyke. Dis met die afgelope tussenverkiesings bewys. Of word statistieke nie as feite gesien nie? 2016 kan ‘n nagmerrie word vir die ANC want al hoe meer bruinmense kry ‘n gly in die manier hoe dinge gedoen word. Wel hulle het twee ‘n keuses. Stap weg en behou jou laaste stukkie waardigheid en gaan wen jou kiesers terug.

    Of gaan aan met die games en vernietig die ANC in Oudtshoorn. Dit is immers reeds halfpad gedoen. Ek hoop die comrades se oe is net so oop soos joune..😀

  14. @Ed, Hein Coetzee you must be the worst journalist I have ever seen, probably the most bias one as well.

    Instead of calling yourself a journalist of Die Son-call yourself Teflon Wessies personal spokesperson….you’ve been it throughout his whole case so far.

    And have you found a cure for your stuttering yet, or do you stutter because of all the crap you can talk and write?

  15. Wat gister gebeur het is dat Wessie se kollegas op die Eden raad, onomwonde Wessie se oneerlike, onetiese en kriminele gedrag verwerp het. (Dit natuurlik met die uitsluitsel van Maxim wat dit blykbaar aanvaarbaar vind.)
    Om dit effens anders te stel, het hulle vir hom gese. Sies! Voertsek!
    Hul besluit behoort nie ‘n verassing te wees nie. Hulle ken immers die Gedragskode en hul besluit was al een wat hul integriteit kon bewaar.

    Die vraag blyk egter te wees of Wessie se oneerlikheid en kriminaliteit by Eden teen hom gehou moet word op Oudtshoorn?

    Die bewese oneerlikheid en kriminaliteit van Wessie van der Westhuizen heg aan hom PERSOONLIK en gaan met hom saam waarookal hy mag gaan, insluitend na die Oudtshoorn raad.

    Sy persoonlike oneerlikheid maak hom dus onbevoeg om ‘n posisie van vertroue te beklee ongeag waar hy dit sou beklee. Eden of Oudtshoorn, maak nie saak nie, sy oneerlikheid maak hom onbevoeg.

  16. Ag wie is Hein nou? Om Jac ‘n “gesoute politikus” se in vandag se Burger dat die hangende skorsing raak nie Wessie se posisie as DA raadslid van Oudtshoorn nie. Nouja toe. Uit die bek van Oom Jac ” met handjies-agter die ruggie en al”. Watter versindsel van ‘n man wat in die parlement sit en wat nog nie word daar gerep het nie. Onthou Jac nog vir Petrus Rootman? Hy was in dieselfde bootjie as Wessie en was uit beide die Kannaland raad en Eden geskors. Onthou Jac dit nie meer nie? OoM Jac ek se nou vir jou dat sy skorsing by Eden wel sy posisie as raadslid my Oudtshoorn raak! Wessie het beide munisipaliteite se name in oneer gebring!

  17. Nee kyk, as die Son se Hein Coetzee O!O nou lees dan het O!O tussen die groot honde aangekom.

    My feite bly korrek.

    As jy egter iemand wil hê wat vandag oortuig is van presies waarvan hy gister oortuig was, Hein, hou by my verby en gaan slaan tent op in ‘n begraafplaas.

    Ek het ongetwyfeld die DA voorgestaan, alhoewel ek die party gekritiseer het. Maar al het dit ‘n rukkie geneem… My ogies het oopgegaan.

    Hein herinner my aan al die berigte oor Jeffrey Donson en Ron Lottering… Maar nie die berigte oor Dianne de Jager en Jac Bekker en kie nie.

    Ek wens hartlik ek kon so goed skryf soos Hein en dat O!O die Son se reputasie vir akurate beriggewing kon ewenaar!

  18. Ken jy die gesegde? Die se brood jy vreet, Die se woord jy spreek.. Ek dink die blogger ly aan geheueverlies. Hy kan glad nie so ver terug soos Mei onthou nie. Ek post dit hier om sy geheue te verfris.. ;-D

  19. Gedurende die Apartheidsjare het ek elke liewe Vrydag my VRYE WEEKBLAD onder die objektiewe politieke Redakteurskap van Max du Preez met passie en groot belangstelling gelees.
    Vir etlike jare lees ek DIE HOORN en veral sy politieke beriggewing is maar power en “snare te pap”.Die sms’e van HOORN se lesers is kragtig en opreg en so laaik ek dit,ten spyte daarvan dat daar ook ‘n wakende oog gehou word oor die skryfstyl van DIE HOORN se lesers,dit terwyl lesers van O!O vrye teuls gee aan hul opinies sonder enige beperkinge.
    Ten opsigte van politieke berigte moet ek ook maar “die grate van die vis” of die “kaf van die koring skei”
    Ja in die begin was die ED van O!O se beriggewing nie objektief nie,maar die feite deurgegee is en was SPOT-ON.So die HOORN red. moet ook maar eers voor sy eie deur vee,en wraggies hy gooi die eerste klip asof hy “sonder sonde is”Ek kan derhalwe dan ook die afleiding maak dat die HOORN ‘n DA koerant is,en indien die RED my verkeerd kan bewys kiss ek sy koerant koebaai van vandag af.
    Ek per slot van sake versoen my met die beriggewing van O!O objektief en onpartydig.Dit is ook duidelik dat O!O se beriggewing in ‘n ander league is.Aan die Red van DIE HOORN.Ek sal nooit O nee nooit my aan die neus van Ed van O!O laat lei soos u dit stel nie,”En julle wat julle deur Baird aan die neus laat lei,pasop hy het al baie mense hulle koppe laat stamp”.
    In rugby het ons altyd vir mekaar gese:Lees jou veld,lees jou opponent.
    Ek lees my berigte,en ek weet wat ek lees.

  20. Mooi gestel ED !

    Die DA se skandes en oneerlike mannewales word landswyd uitbassuin. Ek kry amper daagliks mense wat in ongeloof my vra of dit waar is wat die DA aanvang ? Ek kan maar net beaam en almal na OO Online verwys.BINGO !!

    Die DA is nou soos n Maatskappy wat nuwe ‘kliente werf” Vir elke een wat hul teen groot onkoste werf, loop twee of drie bestaandes by die agterdeur uit. Net een manier om hul nou van lede-bankrotskap te beskerm -” come clean and serve the people in honesty and transparency with competent people – PUNT !!”

    Het Bredell en Theunsie al bedank ?

    Wie is Zille se werklike Poppe-Meesters wat die toutjies werklik trek ? “Come clean Helen, tel us we pray”

Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out / Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out / Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out / Change )

Google+ photo

You are commenting using your Google+ account. Log Out / Change )

Connecting to %s