Die RSG-nuusitem oor die… Situasie

Liza Albrecht se storie…

Click to follow @DrewanBaird on twitter

Drewan Baird. Oudtshoorn. 22 September 2013.

06h10. RSG het om 21h00 en 23h00 gisteraand só berig:

Die ANC het die DA in die Oudtshoorn munisipaliteit as lafaarde uitgekryt, nadat hulle Vrydag tydens ‘n raadsdebat uitgeloop het. Die DA het na bewering die vergadering verlaat nadat die speaker twee DA-raadslede se stemreg opgeskort het. Die DA sê hy kon toe nie die nodige meerderheid behaal om ‘n mosie van wantroue teen die burgemeester, die adjunkburgemeester en die speaker in te stel nie. Hulle beweer ook dat die ANC pogings om die stadsraad te bestuur in die wiele ry, sedert die DA beheer oor die munisipaliteit verlede maand in ‘n tussenverkiesing gewen het. Die ANC-woordvoerder, Pierre Uys sê die vergadering het sonder die DA voortgegaan.

Vanoggend om 06h00 het RSG gisteraand se berigte só opgevolg:

Die ANC het die DA in die Oudtshoorn munisipaliteit in die Suid-Kaap as lafaarde uitgekryt, nadat hulle Vrydag tydens ‘n raadsdebat uitgeloop het. Die DA het na bewering die vergadering verlaat nadat die speaker twee DA-raadslede se stemreg opgeskort het. Die DA sê hy kon toe nie die nodige meerderheid behaal om ‘n mosie van wantroue teen die burgemeester, die adjunkburgemeester en die speaker in te stel nie. Hulle beweer dat die ANC pogings om die stadsraad te bestuur in die wiele ry, sedert die DA beheer oor die munisipaliteit verlede maand in ‘n tussenverkiesing gewen het. Die DA het intussen ‘n klag by die polisie aanhangig gemaak teen die Speaker van die stadsraad weens minagting van die hof. Die party voer aan dat die ANC speaker (sic), Johann Stoffel (sic) pogings verhinder om ‘n stadsraadsvergadering ingevolge ‘n hofbevel byeen te roep.

05h25. RSG het gisteraand om 19h00 só berig:

Die DA in die Oudtshoorn-munisipaliteit in die Suid-Kaap het ‘n klag by die polisie aanhangig gemaak teen die Speaker van die stadsraad weens minagting van die hof. Die DA voer aan dat die ANC (sic) speaker, Johann Stoffel (sic) pogings om ‘n stadsraadsvergadering byeen te roep, verhinder. Dit volg na ‘n tussenverkiesing verlede maand waartydens die DA beheer oor die munisipaliteit by die koalisie van die ANC en die National People’s Party (sic) afgeneem het. Die DA-woordvoerder, Liza Albrecht sê Stoffel weier ook om mosies van wantroue teen, onder andere, die burgemeester te oorweeg.

Nouja, die paar feiteflatertjies is waarskynlik ‘n funksie van die DA-leierskap, wat kennelik die bron van die berig is, se onvolledige kennis oor die samestelling van die Oudtshoorn-raad, wat waarskynlik aanduidend is van die terloopse aandag wat Oudtshoorn eintlik van die Marksgebou kry, se ware houding jeens Oudtshoorn.

Daar is volledig aan die Henney-bevel voldoen Vrydag.

Die DA het sy eie mosies van wantroue laat vaar toe die party se raadslede die raadsaal verlaat het.

Hier op Oudtshoorn is die DA slegs nié aan bewind nie as gevolg van DA-optrede, en nié as gevolg van ANC-optrede nie:

As die DA nie onwettig opgetree het op 31 Mei nie, was die DA ‘n week later aan bewind.

As die DA nie halstarrig geweier het om sy onwettige optrede te erken nie, voordat die Wes-Kaapse Hooggeregshof op 10 September so bevind het nie, was die DA net na 7 Augustus aan bewind.

As die DA nie die belastingbetalers uit sowat R4.5m probeer con het nie, was die DA Vrydag aan bewind.

Die DA beter maar sy melaatse hand teen sy eie hoenderborsie druk en sy truuks in Nama Khoi (Springbok) aan die kiesers van Suid-Afrika (en Oudtshoorn) verduidelik. Die Dubbelstandaard Alliansie se lamlendige tamatiekissie kreun onder die gewig van van teenstrydigheid.

En Helen Zille is tjóépstil; gráfstil.

Ek verneem op onberispelike gesag van ‘n parlementslid wat in gesprek met Zille oor Oudtshoorn van Die Leier verneem het dat Oudtshoorn se naam nie eens voor haar genoem moet word nie.

Die Oudtshoorn DA-koukus is ‘n nasionale grap en ‘n ondermynende verleentheid vir Oudtshoorn. Die onderlinge verdeeldheid is so sigbaar soos ‘n pitsweer op die wang; die politieke onbeholpenheid soos weerlig oor Volmoed op die donkerste Karoo-nag; die bestuursonvermoë soos katkots op jou gunsteling spierwit rusbank voor die TV.

Oudtshoorn onder beheer van Wessie van der Westhuizen, Chris MacPherson, Ben van Wyk, Jurie Harmse, Pierre Nel, Johan Fourie, Felicity Magxaka, Ewa Fortuin, Dianne de Jager, Julia le Roux, Raymond Wildschut, en Cope se John Maxim!?

Peter Roberts is die enigste koukuslid wat nog vertrou kan word – hy het nie aan die Nel-skikking deel gehad nie en ‘n mens kan maar net wonder wat hy nog in DA-geledere maak synde hy al op skrif gedreig het om die DA op Oudtshoorn te sink.

Perdalkies is Roberts se wyk 7 een van die twee wyke wat die DA se Wes-Kaapse sekretaris, Anton Bredell, in gedagte gehad het toe hy onlangs laat val het dat daar nog twee tussenverkiesings op Oudtshoorn kom.

Tja Anton, O!O se ore is óral.

Wat voer die DA in die mou?

Decision makers turn to O!O first for what’s really happening in Eden
… You’re reading, aren’t you!?
Advertise on O!O – click here for details

________________________________________________________
DBC Logo
Make the call: 076 349 6316
________________________________________________________

Click here to receive updates | Advertise on O!O | Home

Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out / Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out / Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out / Change )

Google+ photo

You are commenting using your Google+ account. Log Out / Change )

Connecting to %s