Soek die DA; wen ‘n Datsun!

Wáár, o wáár is die DA!?

Click to follow @DrewanBaird on twitter

Drewan Baird. Oudtshoorn. 19 August 2013. 19h45. Die DA het die raad op 31 Mei oorgeneem.

Die DA het die tussenverkiesing in wyk 13 op 7 Augustus gewen.

Maar die ANC regeer Oudtshoorn onbevange, onverstoord, ononderbroke!

Wáár is die DA!?

Ek herinner my die mediakompetisies van my kinderdae – soek dít; soek dát; en wen ‘n Datsun!

Kan iemand my sê waar die DA is?

Ek lees in die plaaslike hoofstroommedia dat die DA glo Donderdag – dis nóú Donderdag – die waks gaan laat spat. Die DA gaan óórneem.

Chris MacPherson maak die mooiste moederskap en melktert-beloftes in die Oudtshoorn Courant en gee hoog op oor die DA se beginselvaste etiese en morele aanslag op plaaslike bestuur.

Wat van Wessie, Chris?

Wat van die Pierre Nel-skikking, Chris?

Wat van die leuens in die raad oor die bateregister en die organogram, Chris?

Wat van die aangewese burgemeester (Ben van Wyk; nie een van die ander lot wat op dié amp aanspraak maak nie) se dofkop flousvaardigheid wat sommer so om die bos gelei kan word om te dink hy is burgemeester van ‘n DA-beheerde raad, net om sy eie partylidmaatskap opgeskort te kry… en dan verskoon te word op gronde van sy flousvaardigheid?

Alle gode en feëtjies en kabouters en al die engeltjies wat op die punt van ‘n naald kan dans en die eenhoring wat glo naby Steenbras hou… wat gaan hier aan!?

Kom ons wag dan maar vir Donderdag om “gered” te word…

Of hoe?

Chris?

Het jy iets om die mense van Oudtshoorn te vertel, Chris?

________________________________________________________
DBC Logo slogan list
Make the call: 076 349 6316
________________________________________________________

Click here to receive updates | Advertise on O!O | Home

3 thoughts on “Soek die DA; wen ‘n Datsun!

  1. Lewer asb kommentaar oor die gebruik van belastingbetalersgeld deur OM gedurende die tussenverkiesing.

Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out / Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out / Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out / Change )

Google+ photo

You are commenting using your Google+ account. Log Out / Change )

Connecting to %s