Wessie skop vas

Maar die DA het glo genoeg gehad

Click to follow @DrewanBaird on twitter

Drewan Baird. Oudtshoorn. 16 Augustus 2013. 09h45. Nadat Wessie van der Westhuizen, die DA burgemeester van Eden, gister op die eerste dag van sy dissiplinêre verhoor die tugproses bevraagteken het, is daar tydens ‘n verdaging ‘n skikking bereik.

Die soi disant DA-kragman, Theuns Botha, het dit duidelik gemaak dat die saak “vandag” (gister) afgehandel moet word.

Volgens die skikking wat vandag onderteken moet word, aanvaar Van der Westhuizen verantwoordelikheid op 4 klagtes wat verband hou met die bedrog, vervalsing, en uitgifte-bevindings in die ENS-verslag.

Maar Wessie het pas geweier om te teken!

Wessie meen nou dat sy prokureur nie sy belange op die hart dra nie en verteenwoordig homself nou. En wessie wil uitsatel hê, maar die raad se regsverteenwoordiger staan dit teen.

Van der Westhuizen is duidelik ongretig om tereg te staan. ‘n DA-burgemeester; ‘n burgemeester van die “onaantasbaar eerlike eties korrekte, moreel voorbeeldige” DA.

Dis hoogtyd dat kiesers se ogies oopgaan: Die ANC en die DA is maar vreeslik soos vinkel en koljander; twee potte van ‘n besonderse enerse koolgietswart.

Vir sy “bekentenis” kry Van der Westhuizen so ‘n skalkse klappie kruis oor die kneukels, byna soos juffrou Latti ons ‘n lewe gelede in die destydse standerd vier ligweg gebliksem het voordat sy ons gesoen en gedruk het – tóé vir ons ‘n erger straf.

Wessie moet sowat R30,000 “terugbetaal”… En Wessie moet bedank as Eden-burgemeester.

Wessie issilissie om te bedank nie.

Maar die Eden DA-koukus en die Eden burkom wil niks weet van Wessie nie. Daar is juis Maandag ‘n burko-vergadering in Eden.

En die DA se federale sweepslaners vergader Saterdag – môre. Die Wessie-skikking word bespreek… En Pierre Nel?

Hier is nou ‘n vraag vir oorweging: As Wessie nie goed genoeg is vir Eden nie, HOE DE BLIKSEM KAN WESSIE GOED GENOEG WEES OUDTSHOORN!?

Helen!?

Ivan!?

Theuns!?

Anton!?

James!?

Práát, mágtag!

Wessie, te sleg – volgens die DA sélf.

En O!O verneem gesaghebbend dat die DA-koukus op Oudtshoorn Wessie nié wil hê nie.

Dít is baie waarskynlik waarom Wessie nie die skikking wil teken nie – hy wéét dat asa hy die Eden-burgemeesterskap dedank is hy in die spreekwoordelike politieke wildernes.

Die Oudtshoorn DA-koukus:

Ben van Wyk, wat sommerso deurmekruis bedonir word deur, soos hy self in sy smekinge. Beweer, Nic Barrow en Theuns Botha – om as “burgemeester” te ken namens die raad in die bedrieglike Nel-skikking.

Pierre Nel, wie se lidmaatskap deur die DA opgeskort is.

Chris MacPherson, wat vir die raad gelieg het en sy ware kleure as geweldenaar voor sy ganse eie koukus openbaar het.

Diane de Jager, wat die swakste raad in Oudtshoorn se geskiedenis gelei het.

Oudtshoorn in súlke hande!?

Sê wéér!

Maar Wessie! Hoekom moet Oudtshoorn met die uitskot tevrede wees!?

________________________________________________________
DBC Logo slogan list
Make the call: 076 349 6316
________________________________________________________

Click here to receive updates | Advertise on O!O | Home

2 thoughts on “Wessie skop vas

  1. Toe trek Peter Robertson n bakkie voor my deur en speel die stem van Helen Zille op band aan die kiesers van Oudtshoorn voor 07 Augustus 2013. Ek luister na die gebaar en probeer oordink wat haar boodskap nou rerig is vir die gemeenskap van OUDTSHOORN. Ek trek dit uitmekaar en analiseer die konsepte tussen die twee groot partye. Net toe kom die ANC gebaar op n vragmotor verby en swik amper in die slaggate binne die pad wat nooit aandag ontvang het tydens ANC bewind nie. Al skreeusnaaks bemark die twee partye hul manifesto en basuin hulle musiek wat ek nie ken nie.
    Dit is alombekend in leierkringe dat organisasies wel swak presteerders het en dat dit reggestel kan word met korrektiewe aksies mits die korporatiewe beeld nie erg skade berokken is nie. n Tweede kans is n opsie mits daar steeds waardevolle karakter eienskappe, respek en vertroue in n presteerder is. Die finale besluit op n kans word gewoonlik aan n konsultant gebied wat nie die swak presteerder ken nie maar liefs die feite bestudeer en daarvolgens aanbevelings maakaan die organisasie oor die toekoms van die swak presteerder.

    Wat is die verskil tussen Wessie en Pierre Nel? Waarom is die een se lidmaatskap opgeskort en nie die ander nie? Het die DA twee beleide?

    Maar nou ja die gemeenskap word net na geluister as die kruisie getrek moet word.

    Gee vir die gemeenskap die beste Helen Zille leiers met integriteit, wat respek en vertroue en jou band opname wat jy voor en tydens die verkiesing gespeel het kan uitleef.

    Vertroue en Respek Helen nie onvergenoegde disrespekvolle leiers nie of anders is als pekelsout…

  2. James Bovatd 1994, according to David said:
    Democracy must be something more than two wolves and a sheep voting on what to have for dinner.

Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out / Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out / Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out / Change )

Google+ photo

You are commenting using your Google+ account. Log Out / Change )

Connecting to %s