Dronknes in die hooggeregshof op George

‘n Verleentheid vir Oudtshoorn

Click to follow @DrewanBaird on twitter

Drewan Baird. Oudtshoorn. 16 Augustus 2013. 13h30. Die saak waarin “Die Waghond”, glo ‘n burgerregte-organisasie wat deur die bekende Oudtshoorn-prokureur Nic Barrow, verteenwoordig word, die munisiplaiteit dagvaar vir inligting, het vanoggend in die hooggeregshof in George voorgekom.

Die munisipaliteit het reeds die inligting verskaf, volgens ingeligte bronne nie dat die munisipaliteit meen Die Waghond het ‘n reg daartoe nie, maar omdat die munisipaliteit eerder meen dat daar niks is om weg te steek nie.

Slegs die koste moet nou geargumenteer word. En dit word Maandag gedoen.

Maar die nuus van die dag is die gedrag van Nic Barrow…

Die burgemeester, Gordon April, wat die verhoor bygewoon het, het Barrow gegroet en Barrow het só gereageer:

“Fok jou. Jou moer man.”

April het sy prokureur, Hardy Mills, opdrag gegee om die voorval aan die regter te rapporteer.

Mills het Regter Burton Fourie in sy kamers ingelig.

Barrow, by all acounts, gave a violent start, as Conan-Doyle used to say about those surprised by Sherlock Holmes.

Hy het gestotter en bloedrooi geraak.

‘n Geskokte regter Fourie wou van Barrow weet of sy reaksie beteken dat hy die voorval ontken.

Mills het onmiddelik aangedui dat Barrow se advokaat die voorval beleef het en dat dié dit nie sou ontken nie.

Alfred Schmidt het woordeloos en bewegingloos bly sit.

Regter Fourie sal nou Mills se beantwoordende verklaring oor die naweek lees.

Wat regter Fourie se “esteemed colleague” regter Nathan Erasmus oor mnr B te sê gehad het, en mnr B se reaksie daarop, sal dus ook onder die goeie juts se oë kom.

Alle gode en feëtjies en kabouters en storie-karakters van die boeties Grimm.

Godsk! Wie kan Nic nog ernstig opneem?

Platvloers. Dronknesmaniere.

Hou nou net ook in gedagte dat Barrow Mills se mandaat bevraagteken het… Totdat Mills die burgemeester – die “Uitvoerende Burgermeester van die Groter Oudtshoorn” – aan regter Fourie voorgestel het. Fourie wou toe weet wat die moontlike problem kan wees, synde dat die burgemeester, wat die mag het om die mandaat te gee, teenwoordig is!

Barrow moes maar bes gee, toe die hof wou weet of Barrow werklik met hierdie punt wou voortgaan – in die teenwoordigheid van die burgemeester self.

Toe wou Barrow sekere aspekte in Mills se verklaring, wat mnr B effe, laat ons nou maar sê, verdag laat lyk, geskrap hê.

Ook hiervan wou die hof nie hoor nie omdat Barrow mos duidelik ander remedies het oor moontlike objeksies…

Die derde bravado was dat Barrow aangedring het dat die kostes van die dag vir die munisipaliteit se rekening moet wees.

Ook dit is deur die hof verwerp. Kostes staan mos nou oor.

Nie ‘n goeie dag vir Nicholas John Barrow nie.

________________________________________________________
DBC Logo slogan list
Make the call: 076 349 6316
________________________________________________________

Click here to receive updates | Advertise on O!O | Home

33 thoughts on “Dronknes in die hooggeregshof op George

  1. nou wil Nic barrow sy pad tussen hotel en museem tol? met Gordon April as Brett Pyper se opvolger

  2. As nic R 60 000 bygedra het hoeveel het ABSA bygedra? dankie vir vakansieprogram en nou vlieg jy nog 1TIME ook

  3. Mr. Barrow

    I just have one question. Are all your actions and use of abusive language endorsed by Oudtshoorn Waghond and its members. You are posting all your correspondence of this back and forth e mail battles on the website of this ” vrywillige Burgerlike Organisasie”..

  4. Ek het gedog jy lees nie meer hierdie ANC blog nie Nicolaas. Jyt mos nie ‘n kriminele record nie want jy weet mos hoe om die verkeerde dinge te verbloem. Lekka vakansie hou ou mater!

  5. Webster, Hoekom skryf jy onder ‘n skuilnaam? Is jy so bang jou bliksem? Hoekom sê jy nie vir ons wie jy is nie? Ek kan dink dat dit net Baird is wat so laag sal wees. Ek sal graag wil uitvind hoe lyk jou pa en ma se kriminele rekords?

  6. Hulle (Nel, DA en Barrow) moet maar vnet betaal. Barrow kan maar op-en-af spring en mense beledig dit sal nie help nie. Hy moet maar sy laaste vakansie in Europa geniet. En ek gee nie om wat hy vir Oudtshoorn gedoen het nie al wat ek weet hy het kaalgat hier aangekom in ‘n volksie en vining ryk geraak (dit was mos nog in die goeie ou dae) en the rest is history. Ek stem saam as ek jy was Barrow dan sal ek in Europa bly.

  7. Nee Mnr Barrow jy gaan nie my ma en pa daar kry nie, maar wel ‘n paar van my vriende. Jy sal hulle erken aan hulle tattoos, kyk uit vir die nommers 26 en 28. Sterkte ou maat……

  8. Did somehow switch the internet off in Europe? Why would Mr. Barrow need to be in Oudtshoorn to “myself teen jou en jou base se aanvalle te verweer”?

    Mr. Barrow, how can it EVER be in the ratepayers’ interest NOT to collect the wasted legal costs from Nel, or whomever instructed Nel to litigate? If the legal costs aren’t collected, it means that the ratepayers are paying for a very ill conceived, poorly driven litigation matter. BTW, how in the world can you still maintain that Mr. Nel has been proven to be right??? At last count three separate courts have found exactly the opposite, hence the order for costs against him.

  9. So Barrow, jy sê Nel sou R4000 per maand betaal het. Dit is beter is fokkol (te danke aan jou) per maand nie waar nie? En moenie vir my daai stront probeer verkoop dat jy in die Grontwethof sou wen nie. Jy gaan tronk toe boet, maak maar vrede daarmee. As ek jy is bly ek maar agter in Europa. En moenie te veel oor Oudtshoorn worry terwyl jy in Europa is nie, ons sal regkom sonder jou en die waghond.

  10. Mnr Barrow, soos Sherlock Holmes per geleentheid aan ‘n teenstander gesê het: “It is a small point, Count Sylvius, but perhaps you would kindly give me my prefix …”

    Geniet jou vakansie!

    Vir iemand wat O!O nie lees nie…

    En ek is nooit betaal vir daai brief nie, onthou ek mos nou.

  11. Baird, ‘n Laaste iets voordat ek vertrek. Ek sal ook met die onsinnige opmerkings wat Regter Erasmus teen my in die Hof gemaak het handel. Baird, jy weet so goed soos ek dat daardie opmerkings heeltemal onvanpas en ongevraagd was. Ek was nie eens op die Rol as prokureur toe ek destyds vir Pietersen aangevat het nie. In die tussentyd kan jy solank daaraan dink aan ‘n verduideliking waarom JY destyds die brief aan die Regter op my versoek geskryf het. Jy het met alles saamgestem. Nou swaai jy gat-om soos jy jou hele lewe lank doen.

  12. Baird, Ek en my vrou vertrek Vrydag na Europa vir ‘n vakansie van 14 dae. Ek sal dus nie hier wees om myself teen jou en jou base se aanvalle te verweer nie. Alvorens ek gaan, wil ek sê dat ek na my terugkoms volledig sal antwoord op die ander beskuldigings onder andere die sogenaamde skikking. Ek kan jou en die lesers waarborg dat nie ek of Pierre of Ben enige iets verkeerds en voorbedagte rade en beplanning gedoen het nie. Ek sal bewys dat hierdie skikking in belang van die belastingbetalers van Oudtshoorn was. Dink net ‘n bietjie wat die alternatiewe sou wees? In die heel laaste instansie, wat is die kans dat Pierre Nel die totale regskoste soos deur jou gepubliseer, van meer as R 4.5 Miljoen sou kon betaal? Hofrente beloop 15.5% per jaar wat beteken dat dit alleen ongeveer R 700 000 per jaar sou wees. Volgens my inligting is Pierre se Netto inkomste ongeveer R 11 000 per maand, dan moet hy nog sy blyplek, karretjie en ander uitgawes betaal. So kom ons sê hy sou maksimum R 4000 per maand kon afbetaal, terwyl die rente amper
    R 60 000 per maand sou wees. Hy sou met ander woorde nie eens ‘n gedeelte van die rente op die rente kon betaal nie. Ek weet jy het geen besigheidsin in jou nie, daarom is jy steeds werkloos en al bedelend in die gemeenskap. Jy is natuurlik bewus dat in Mnyimba se saak, se regskoste meer as R 2 Miljoen beloop het, en die saak is ook geskik op die basis dat elke Party sy eie koste betaal. Die saak van die DA en Stoffels is verlede week van die Rol verwyder, wat ook daarop neerkom dat elke Party sy eie koste betaal. Pierre het homself destyds beskikbaar gestel as gewese Speaker om as Applikant op te tree. Wat dink jy het die arme man deurgegaan? Die gemeenskap behoort hom ‘n medalje te gee. Onthou daar is geveg om die crook, Pietersen, weg te hou. Uiteindelik is hy tog reg bewys, nadat Pietersen deur die ANC Raad die tweede keer finaal gefire is. Ewenwel ek praat nou te veel en sal later volledig alles hanteer.

  13. Sugarman, Dit is uiters laag en gemeen om Brett en die KKK by Baird se gemors by te sleep. Weet jy nie dat ek R 12 000 in kontant bygedra het tot KKK nie, daarby het ek tien-talle kamers, ontbyte, etes en drankies gratis beskikbaar gestel vir die Filharmoniese Orkes en ander musikante. My totale bydrae tot hierdie jaar se KKK is na aan R 60 000. In die verlede was dit om-en-by dieselfde. Nou kom jy jou dom donner en probeer onmin saai waar dit nie hoort nie. Daar is werklikwaar nog eerlike mense in Oudtshoorn. Defnitief nie Baird en sy base nie.

  14. My enigste kommentaar oor jou, Nic, het ek op 8 Augustus op hierdie blog gegee:

    “Vir my is hierdie ‘n hartseersaak. Ek koester geen kwaad teen Nic nie. Ek wens hom net die beste toe. En, Nic, moenie wharrie nie – ék sal nie uitpraat nie. Te veel onskuldiges sal te seer kry. Ek het baie verloor, maar nog nie die dissipline om bek te hou wanneer dit beter is om bek te hou nie.

    “Groetnis Nic, vaar wel.”

    Op jou tirades reageer ek gewoon nie.

  15. Ek lees al lankal nie jou ANC blog nie, maar ‘n vriend skakel my toe ek oppad van George is na die Hooggeregshof saak en vra of ek gelees het wat jy van my skryf. Ek was baie ontsteld en kan nie anders as om myself nou teen jou liegstories te verweer nie. Die ware feite is as volg: Tydens ‘n verdaging van die Hof is ek toilet toe, toe ek uitkom het Gordon April in die portaal gestaan en my aangegluur. Toe ek hom ook terug bekyk, sê hy vir my op sy gewone parmantige klein mannetjie sindroom: “witman wat kyk jy vir my?”, ek sê toe in die hitte van die oomblik: “ag fok jou” en stap weg. Die weergawe in die Regter se kamers soos deur jou geskets is ‘n leuen deur jou ANC prokureur, Hardy Mills. Toe ons na die verdaging by Regters in kamer kom, het Mills gesê dat ek die gewraakte woorde sou geuiter het. Ek het onmiddelik beswaar gemaak en ontken dat dit so gebeur het. Die Regter het onmiddelik vir Mills stilgemaak en gesê dat ek dit ontken. My advokaat sal hiermee saamstem. Wat sê Mills? Of lieg hy ook soos jy? Kom ons bly stil en wag vir die Regter se Uitspraak.

    Baird, jy het nou nog nie vir ons gesê of jy saamstem of jy skuldig bevind is aan drie klagtes van bedrog en of jy verskeie kere mense se handtekeninge vervals is. Kom, wees nou ‘n man vir ‘n slag. Nic Barrow

  16. To be fair. O!O has on many occasions recognised that Nic Barrow has done a lot for Oudtshoorn. I do not think O!O has ever denied this – nor would any informed person do so.

    The question however is not what anyone HAS done, but what they are busy doing, and what they plan to do, and sadly, Mr. Barrows is currently acting extremely poorly. As an attorney (and therefor an officer of the Court) he simply cannot swear at the Mayor. It is completely unacceptable and seriously unprofessional.

    People should stop living in the past and start to look into the present with the future in mind. Let’s for an example say that Joost vd Westhuizen was a brilliant scrumhalf, arguably the best the world has ever seen and he has done a whole lot for SA and the Springboks, yet I would not choose him to play for the Boks now, not even considering how brilliant he used to be…

    If I were to choose between Mr. April and Mr. Barrow I must be honest, I know not which is the better. What I do know for certain is that I can never support a person who considers himself above the law and who acts like a hooligan in public by swearing at another person. Maybe Mr. Barrow should, as the saying goes, rather improve his argument than raise his voice.

    If I was an attorney or advocate I would be ashamed to be belong to the same profession as such a man.

  17. Dankie tog daar is nog mense wat weet wat Mnr Barrow vir hierdie dorp beteken. Almal weet Mnr Barrow vat nie nonsens nie, so moenie moeilikheid soek nie, as jy nie wil hoor nie sal jy voel. Ek se weer Mnr Barrow vir Burgermeester, dan sal jy sien hoe n dorp bestuur moet word, nie in afgrond in nie maar van krag tot krag, die wat n pyp het sit dit in jou pyp en verdomp rook dit, dit is die beste opsie en almal weet dit .

  18. Is KK Klassiek nou Nic se bemarkingsfoeffie vir sy wyn? Betaal ABSA hiervoor en wat se Brett , Nic se handlanger hiervan ? Drewan, sms Nic hieroor asb. oppas vir die gevloek op die sondag/ Hoekom is KKKlassiek so swak bemark in Oudt.?

  19. Mev Van Niekerk. Dit is Baird se uitsluitlike missie om Nel en Barrow so sleg moontlik te laat lyk. Met hulle uit die weg val die DA in Oudtshoorn plat en baan hy die weg vir die ANC om hulle kloue in Oudtshoorn in te slaan. Gevolglik kry Baird weer sy joppie terug Punt

    En weet u wat Mev Van Niekerk? Die DA innie kaap in koop sy plan. Dit is slegs Nel en Barrow wie die guts het om die slapgat kaapse DA aan te vat. Bair weet dit, sy vorige skrywes bevestig dit

  20. O!O, wat is so?
    Dit is duidelik jy wil of kan nie my vrae beantwoord nie.
    En wie op aarde is jy om van gewetenloses te praat?

  21. Ek vrá nié dat Nel uitgeskop word nie, ek berig eenvoudig dat hy op die punt staan om uitgeskop te word.

    Nel het nog altyd sy sê gesê – min mense weet dat O!O sy ontstaan gehad het omdat Nel my persoonlik geïnspireer het om standpunt in te neem.

    Die DA skúld Nel!

    Maar die DA het Nel al vele male met opperste minagting behandel.

    Die “skikkking” – hierdie skandáál – is die gevolg van Nel wat bereid was om op te staan toe niemand anders wou nie… En nou moet Nél boet omdat gewetenloses met moerse ego’s ‘n punt wou bewys wat lánkal níks meer met die oorspronklike saak te doen het nie.

    Ja, miskien moes Nel van beter geweet het, maar wanneer “belangrike” mense wat altyd “weet” druk uitoefen, is dit maar moeilik om nee te sê.

    Nel se loopbaan is verwoes sonder sy direkte mededoening. Dít is een van die verfoeilike gevolge van die DA se teenswoordig walglike politiekery.

  22. Nel uitgeskop word? Een van die mees ervare en gerespekteerde raadshere wat Oudtshoorn het. En jy weet dit.

  23. Mnr Baird, as jy moet kies tussen Gordon April en Nic Barrow vir die mens wat al die meeste gedoen het vir Oudtshoorn, wie kies jy?
    Die feit is dat ‘n mens mense kry wat as gevolg van hul genetiese samestelling en/of agtergrond hul emosies nie onder bedwang kan hou nie en hulself as’t ware nie kan help wat dit betref nie.
    Net so is daar mense wat geld onder valse voorwendsels geld leen en dit nie terugbetaal nie. Hulle kan hulself nie help nie.
    Jy het al baie meer kwetsende goed oor mense gesê as om hulle skelwoorde toe te snou, soos jy al met April in die verlede gedoen het en nou met Wessie doen.
    Jy is nou op slinkse wyse besig om Nic Barrow, na wie jy eens so gloeiend as die redestoker verwys het, uit te tart, wetende hoe hy is.
    Ek wonder of Gordon April sy slim prokureur opdrag gegee het om Nic Barrow se skeltaal aan die regter te gaan oordra of dit op aanbeveling van die slim prokureur was. ‘n Mens sal nooit weet nie, of hoe?
    Die saak gaan tog nie oor wat Nic Barrow vir Gordon April toegesnou het, maar oor regskostes.
    So van regskostes gepraat: wees eerlik – moet ons belastingbetalers vir al hierdie snert betaal.?

  24. Barrow vir Burgemeester!! Die beste persoon vir di job. Almal weet dit !!

  25. Regter Burton Fourie is deeglik en hy sal nie vir Barrow ongespaard laat nie.

  26. Bly vir tye wat mens op n Dom juts ene slim prokureur kan staatmaak.
    Maar n slim prokureur en n slim juts
    Dis nou een te veel vir hedrndaagse waarheid.

Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out / Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out / Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out / Change )

Google+ photo

You are commenting using your Google+ account. Log Out / Change )

Connecting to %s