Boereverneukery

Slangolie teen afslagpryse!

Click to follow @DrewanBaird on twitter

Drewan Baird. Oudtshoorn. 15 Augustus 2013. 12h30. Noujatoe.

Maar baie jammer, my lankmoedige lesers, ek kan nie berig oor wat ek weet nie.

Darem dit: Die Stoffels v DA-saak word teruggeplaas op die hooggeregshofrol nadat Stoffels se prokureur dit verlede Donderdag in ooreenkoms met die teenkant verwyder het, met koste wat oorgestaan het.

Nou raak sake so warm soos een van daai Oudtshoorn Februarie-dae wanneer selfs die Infanterie-troepe nie rondgefoes word nie…

Hou hierdie spasie dop.

Drewan Baird. Oudtshoorn. 14 Augustus 2013. 18h05. My informante, en daar is véle, laat weet…

“Meneer, ek hoor nou van die mense wat by Balla inni pad bly sy vrou skel ma se P oor die ketting.”

He-he-he…

“Meneer, Stokkies se vrou se hy moet gan werk soek, No Money No Koeki.”

Ha-ha-ha…

O!O het mos gesê.

Toemaar, môre gaan ‘n span van 4 orde bring.

Maar die DA het unieke probleme.

Jurie Harmse is de moer in oor die Son se berig vandag dat Ben van Wyk en Felicity Magxaka burgemeester en onderburgemeester gaan wees.

Jurie sê hy kom nie eens vergadering toe volgende Dinsdag as hy nie een van die top 3 – burgemeester, onderburgemeester, of speaker – is nie.

Die DA moet nog vir Cope – wie ook al die Cope raadslid is teen volgende Dinsdag – akkommodeer.

En vir Chris MacPherson. En vir Wéssie…

Nee, die span van 4 gaan nie die DA help nie. Die DA gaan die span van 4 help.

Drewan Baird. Oudtshoorn. 14 Augustus 2013. 13h15. Genáde ons! Ma’ nóú raak die onderhandelinge rof, gehoor!

Hel, my foon lui onophoudelik; dis e-pos op sms op BBM op Whatsup op gesprek: Almal het inligting oor dit en oor dat.

En dan moet ‘n mens ook nog onderskei tussen dit wat ‘n bepaalde kant wil hê ‘n mens moet dink en wat vals is.

Lekker!

Ek is mal daaroor.

Ek sal ‘n paar goed vertel. Maar die sous hou ek vir myself en my kliënte.

Lionel Esau is nie lus om weer terug te staan nie. Maar patricia de Lille laaik Lionel nie en die Eden-burgemeesterspos is vir ‘n (voormalige) OD-lid bespreek toe die Helen en Pat saak ingetrek het.

Esua het nie OD-wortels nie, sien.

Henry McCombie ook nie.

Tertuis Simmers ook nie.

Toe besluit “provinsie” maar. Verrassende keuse, moet ek sê. En ek twyfel of die besluit uitgevoer sal word.

Lionel is nie lekker nie.

Ek sê maar liefs niks oor die jongste gevry nie.

Ek hoor die DA-base wil hê Wessie moet skuldig pleit op bepaalde aanklagte môre. En dan trek die DA ‘n soort J Arthur Brown en berispe net.

Maar Wessie wil glo nie hoor nie.

Ons sal nou maar sien hoe betroubaar my inligting is. Onthou, “vrinne”, as jy inligting wil “plant” moet jy nie ‘n lakmoestoetsstelletjie saamgee nie.

Dit gaan nie net oor posisie nie; dit gaan ook oor joppe. En die edele onderhandelaars werk almal tot voordeel van die kiesers en het geen persoonlike agendas nie.

Die probleem is die trop bronstige eenhorings wat Sinterklaas se takbokke heeltyd deur die onderhandelingsamers jaag.

En dan is Rooikappie en Wolf ook nog aan mekaar oor ouma se oorskot.

Ek verseker die belastingbetalers en die kiesers van Eden: Julle word geboor, gehoor!

Ek sal my storie vertel as die bloed opgevee is.

Dis veral daai vredeliewende – en veral godsdienstige! – raadslede wat my so laat lag met hulle kaskenades.

En kan die ous ontken wat hulle gesê het!? Verbysterend.

“Wie, ék!? Ma’ nooitgesién nie! Ék het nooit só iets gesê nie!”

Shakespeare se Constable Dogberry het gesê: “… you have committed false report; moreover, you have spoken untruths; secondarily, you are a slander; sixth and lastly, you have belied a lady; thirdly you have verified unjust things; and to conclude, you are a lying knave. (Much ado about nothing, 5.1.204-208.)

Jou deursnee raadslid. Met uitsonderings, wil die regsmense hê moet ek sê. Met uitsonderings.

En hulle bedónir mekaar hoor – sommer ouens wat aan dieselfde kant veg!

En die ouens met die minste eis die meeste van die ouens met die meeste wat agteroorbuig in vrygewigheid.

Ek het nog géén onderhandeling gesien nie, nog net toegewings. Dís nou nie juis ‘n kuns nie.

Jy wil wát hê!?

Oukei, kry vir jou.

Nee wag, ons sal jou méér gee…

Asseblieftog.

Vet pret.

As dit net nie so tragies was nie.

Maar daar is twee op pad…

________________________________________________________
DBC Logo slogan list
Make the call: 076 349 6316
________________________________________________________

Click here to receive updates | Advertise on O!O | Home

9 thoughts on “Boereverneukery

  1. slangolie teen afslagpryse: Verneem betroubaar dat heer Balla Jurie Harmse sy onvoorwaardelike liefde inhuis verklaar het teenoor die DA (Voorheen in sy eie woorde: “die Dom Ape alias die boere.”),en geen toppos tussentyd gaan aanvaar nie.Met die aksie safe hy baie ondersteuners,die DA kamerades wat ook nou topposte gaan kry.Maw sou Harmse ‘n lange gooi byt die DA getroue supporters in die stof.Op so wyse verskaf hy werk aan ander werksloses. Mooi so getroue dienskneg,oor vele was jy getrou,oor vele sal jy nog aangestel word.Die stof het gaan le en almal se bona fide is nou onder verdenking.Nou wag ‘n liplekker governance onder die DA,in my woorde “Die Automobiel”.Die automobiel besem gaan skoonvee.Rock hulle Harmse rock hulle.Hou dop.

  2. Ben van Wyk Burgemeester? Is Oudtshoorn dan nou `n Egipte dat ons militere leierskap moet he.Ben was `n militere grap in `n informele nedersetting soos riemvasmaak waar hy twee strate gepatroleer het met sy gepantserde voertuig-daai wit mazda bakkie.Pieter Luiters het hardop geskree!! Die DA het ons nie geld gegeee….nie, maar baklei agter die skerms met arme Jac Bekker oor die ooreenkoms nie nagekom is nie.
    Aaag neeee aaa DAAA… Ben teken dan vir 4.5milj.en huil agterna: “ek het nie gewiet wat ek teken nie” Die Kolonel sal mos die donnerse weermag wegteken.

  3. Nike moet niks se oor Douse nie,wonderlike mens die Douse.Ek wonder of hy nie hartseer was op vrouedag nie,want hy donner al wat girlfriend is.

  4. Ed snorkel het `n foutjie began voltooi asb. Het die DA die oortollige vier op die payroll vir hierdie maand?

  5. Nike moet my nie se jy het nie geweet Colin Sylvester ,Amy Sylvester se man was deel van die Riversdale(Theunsie se blikkie boontjies) nie, Hy was saam met Enrico van Rooyen die onderhandelaar van die groot vyf,
    Het die DA die oortollige

  6. He-he-he… En dis maar twéé van vele. Miskien verander hulle weer volgende week?

  7. Mnr. Morena Douse en Mev. Amy Sylvester nou eweskielik DA??? Hoop net die DA raadslede neem kennis.

  8. Die hele spul raak n grap. Hoor by my informant dat 2 amptenare (GROOT ANC ONDERSTEUNERS) nou skielik DA ondersteuners geword het. Sal ek die name noem dat almal wat hier lees weet hoe vals hulle is? Mnr Ed. as jy vra doen ek dit met graagte.

Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out / Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out / Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out / Change )

Google+ photo

You are commenting using your Google+ account. Log Out / Change )

Connecting to %s