Wie sal ons beskerm teen ons beskermer teen ons beskermers?

Ai Nic

Click to follow @DrewanBaird on twitter

Drewan Baird. Oudtshoorn. 8 August 2013. 10h30. Nic Barrow.

Ek weier om op Nic se ad hominem skuimbekkery te reageer.

Maar ek moet vandag met hierdie berig aandui dat ek Nic Barrow se bydraes op Oudtshoorn baie, baie hoog aanslaan en dat dit my pynig om ‘n eens blink beeld voor my oë te sien verdof.

Op 8 April 1998 skryf Gerda Coetzee in Die Burger oor die begin van die KKNK:

DIS so bietjie meer as vyf jaar gelede dat ek een oggend ‘n oproep gekry het van ene Nic Barrow van Oudtshoorn. Die gesprek was iets in die trant van: “Hulle sê vir my jy gaan al jare lank Grahamstad toe vir die fees?” “Ja,” sê ek, “hoekom?” “Nee man,” sê Nic, “Ek dink ons kan ‘n beter fees reël op Oudtshoorn. Wat dink jy daarvan?” Wat ek daarvan dink? Ek hum en ha. Die gedagte aan nog ‘n fees van dieselfde omvang lyk vir my byna onhaalbaar op dié tydstip. Ek weet ook van die groot vraag na Afrikaanse produksies by die Grahamstad fees en wens iemand wil sorg dat meer daarvan by dié fees uitkom. Maar Nic vra en praat en beloof om my op die hoogte te hou as hy die daad by die woord begin voeg.

Wat my die meeste pla is: Wie is Nic Barrow?

Die reaksie van ‘n kollega in die nuuskantoor van die SAUK wat jare in Suid- Kaapland gewerk het en almal in die geweste ken, is: Wat wil jy van hom weet? Waarop ek vra of hy dink die man sal ‘n kunsfees op Oudtshoorn gereël kan kry.

Kyk, kom die antwoord, as Nic Barrow vir my sê hy gaan piekniek hou op die maan en hy vra my of ek saamgaan, dan pak ek dadelik my tassies en die vleis en sit gereed vir die vertrekslag.

Nic het meer vir Oudtshoorn gedoen as enigiemand anders wat ek ken.

Hy het homself onderskei as prokureur, sakeman, en kunstevoog.

Oudtshoorn moet Nic baie dankbaar wees.

Omdat ek soveel agting het vir Nic se vermoë is sy teenswoordige probleme vir my persoonlik ‘n swaar pil om te sluk.

Nic se tirades teen my kwets, maar is terseldertyd ook vrek snaaks – dat iemand met my onbenullige statuur nou soveel aandag kan trek van iemand met Nic se oorweldigende statuur is vir my gemoedsverbysterend.

Met apologie aan die wysheidsouteur van die Ou Testament: Vier is dit wat vir my te wonderbaar is, ja, vyf wat ek nie begryp nie: die weg van ‘n arend in die lug, die weg van ‘n slang oor ‘n rots, die weg van ‘n skip in die hart van die see, die weg van ‘n man by ‘n maagd, en die bemoeisiek van Nic met my doen en late.

Nadat Nic in die dae voor die verliesings (sic) Woensdag merkwaardig stil was, het hy soos verwag die oggend na die uitslae vroeg begin rumoer – asof ‘n DA-oorwinning ‘n silwer koeël is wat sy persoonlike monsters kan fel.

Hie is sy eerste sarsie:

BAIE DRINGEND!

WEES GEWAARSKU!

Alle betalings wat vanaf vanoggend gemaak word, wat nie STRENG verband hou met die algemene administrasie en bedryf van die Munisipaliteit, is onwettig en ongemagtig.

Hierdie betalings sluit in regskoste, koste vir aankope van voertuie, huur van tente en huurmotors, betaling aan adviseurs, ens. sal van U PERSOONLIK verhaal word.

Gaan lees die Uitspraak van die Regter in die saak van Tlokwe (Potchefstroom).

Die rampokkery gaan nou stop. Onmiddelik!

Die uwe,

Nic Barrow
Namens Oudtshoorn Waghond
(O!O het die pos ontvang om 10:10 op 2013/08/08)

En toe, in wat ‘n vooraanstaande sakeman ‘n “vloekskrif” noem, skryf Nic:

Wat ‘n verkragting van die Reg. Gordon April en Lottering is besig om die belastingbetalers se geld BIG TIME te mors. Hulle sal hiervoor betaal. So sal Mills en die twee sogenaamde advokate Morrison en Vermeulen ook les opsê. Daar is absoluut geen sprake van enige kriminele handeling in hierdie Skikking nie. Dit was tot voordeel van die belastingbetaler. Wat die ergste is, is dat die twee sogenaamde advokate geen verklarings hoegenaamd van my, Nel, van Wyk of enige ander moontlike getuie geneem het, behalwe van die Munisipaliteit en April. Het diè twee dan nog nie al gehoor van Audi alteram partem nie? Nee, die bliksems kom steel ons geld en gee ‘n halfgebakte ‘forensiese verslag’ vir die polisie om op te reageer. Hoe kon die donners nie vir my gekontak het vir my weergawe nie? Ek sou hulle van genoeg bewyse voorsien het om hulle klein breintjies te oorreed dat daar fokol meriete in die saak is. Die Appel is behoorlik geloots ingevolge die Reëls van die Konstitusionele Hof. Dit is dan ook aan hulle prokkie, Duncan Korabie, gestuur. Hy het ontvangs erken. Die feit dat daar Appèl aangeteken is, is omtrent deur elke donnerse koerant gerapporteer. Die Terugtrekking van Appèl is ook behoorlik aan die Griffier van die Konstitusionele Hof gestuur, soos per die Reëls. Ek het al hierdie donnerse bewyse in my besit. Ek het ook die notule van ‘n vergadering wat die Skikking bevestig en opdrag gee dat dit by my kantoor onderteken moet word. As die twee sogenaamde advokate net die telefoon opgetel het en my geskakel het, sou ek alle bewyse aan hul gegee het. Nee, hulle bliksem voort, steel die belastingbetalers se geld en gee ‘n sogenaamde verslag aan die polisie wat nie die papier werd is waarop dit geskryf is nie. Hiervoor gaan hulle KAK! My naam is deur die modder gesleep. Hoekom sou ek na die Skikking dan SELF die Pers gebêl het daaroor? My got! Is die fokken mense mal? Hulle sal boet hiervoor. Siviel Regterlik en Krimineel. Daarby gaan ek hulle by hulle vereniging aankla. Hier is ‘n groot onreg gepleeg. Die fokken verslag is so swak opgestel en so vol gate dat ‘n eerste jaars regstudent dit sal gebruik om sy aambuie mee te krap. Julle sal sien dat ek kwaad is, nee ek is die donner in. Drewan Baird, jou skeinheilige bliksem. Ek verrag jou. Sê vir ons hoeveel keer het jy jou broer se handtekening vervals? Wat het jy met jou arme pa en ma se geld gedoen? Ek sal later meer skryf. Ek is nou te kwaad. Kan iemand my in besit plaas van hierdie twee sogenaamde advokate wat die Reg hier kom verkrag het? Ek soek hulle bloed. Hulle gaan lank pataal! NIC BARROW (O!O het die pos ontvang om 10:46 op 2013/08/08)

Ek was gister nogals besig en kon nie aan die leserskomentaar op O!O aandag gee nie.

Toe stuur Nic vir my dié sms: “Sit die fokkin ding op.”

Miskien het Nic in sy frustrasie gemeen hy praat met ‘n plaaslike koerant wat vra “hoe hoog” as hy sê “spring”. Wie weet.

‘n Paar verdere e-posse het gevolg wat op ‘n ongelukkige impak op die bedrogklag teen Nic kan hê.

Nic se klaarblyklike ontsteltenis spruit uit die Morrison-Vermeulenverslag wat uitgeloop het op ‘n bedrogklag.

Die munisipaliteit het Dinsdag ook sy hofstukke beteken in Die Waghond (Nic se burgerregte-organisasie wat as Oudtshoorn se Afriforum beskou word…) se hooggeregshofsaak om inligting van die raad te bekom. Die waarnemende munisipale bestuurder, Ron Lottering, het ‘n beëdigde verklaring in die saak afgelê – Klik hier om die verklaring te lees.

In die stukke verklaar die waarnemende munisipale bestuurder, Ron Lottering, dat Die Waghond se versoek “manifestly frivolous and vexatious” is.

Die munisipaliteit se regspan het aangedui dat alhoewel Die Waghond nie geregtig is op die inligting nie, al die inligting in ieder geval verskaf word om te wys dat die munisipaliteit niks het om weg te steek nie – en om die hond se slapelose nagte tot ‘n einde te bring. Dis amper soos om ‘n bedelaar, het een prokureur gesê, wat nie geregtig is op die R10 wat hy vra nie maar ‘n mens gee dit maar om uit te help, foei.

Die regsmense vra vir ‘n penaliserende kostebevel teen Die Waghond sodat belastingsbetalers nie hoef te betaal nie.

Maar terug by Nic se tirades.

Barrow se persoonlike aanvalle is geen verrassing nie. Sy flenters persoonlike verhoudings met vooraanstaande mense op Oudtshoorn lê die strate so vol dat sy kritiek haas geen impak meer onder enige rasionele individue kan hê nie.

Hy het regter Nathan Erasmus ‘”daai boesman magistraat” genoem. Hy het Chantelle Williams ‘n “black bitch” genoem. Hy het Helen Zille en Theuns Botha en Anton Bredell… nee, kom ons los dít maar. Ek bevind my kennelik in uitgelese geselskap – en jippie – ek het Nic se aandag getrek!

Nic het al onder ‘n sakeman se vuiste deurgeloop oor sy beledigings. (Nog ‘n voorbeeld is verwyder.)

Ek herinner my hoe ek die arme Pierre Nel in raadslid Julia le Roux se huis moes troos toe hy letterlik snot en trane gesnik het nadat Barrow hom uit sy kantoor verjaag het en “alle bande met hom verbreek” het toe die DA in gebreke gebly het om ‘n addisionele R50,000 in regskoste – wat nou “geskik” is(!) – te betaal!

Nic het Diane de Jager uitgekryt… en toe haar nominasie vir die 2011-verkiesing onderteken… en dit toe teruggetrek… en haar weer uitgekryt… en ondersteun haar party tans weer as die redders van Oudtshoorn. Dan sus, dan so.

Pierre Nel. Sy loopbaan is in die dal van doodskaduwee. Sies man. Sies.

Soos die gesegde mos maar gaan, elke hond kry sy dag.

‘n Skikkingsdag?

Vir my is hierdie ‘n hartseersaak. Ek koester geen kwaad teen Nic nie. Ek wens hom net die beste toe. En, Nic, moenie wharrie nie – ék sal nie uitpraat nie. Te veel onskuldiges sal te seer kry. Ek het baie verloor, maar nog nie die dissipline om bek te hou wanneer dit beter is om bek te hou nie.

Groetnis Nic, vaar wel.

________________________________________________________
DBC Logo slogan list
Make the call: 076 349 6316
________________________________________________________

Click here to receive updates | Advertise on O!O | Home

15 thoughts on “Wie sal ons beskerm teen ons beskermer teen ons beskermers?

  1. I just had a little laugh while reading the opposing affidavit of Mr. Lottering. I note that under paragraph 3.1.1 Mr. Barrow wants to know with how many percentage points the electricity usage has escalated. He wants to know if this was in terms of a council resolution. Funny thing is, how does council decide how much electricity is used?

  2. Jy vlei my verniet dat ek “loshanne” jou gunsteling kommentator is. Ek het nie ‘n spring-joppie vir jou nie.

  3. Nou ja toe, met DB vir hoofgereg en Nic ingeskakel met mes en vurk en beswaard nog ontstoke oor vergifnis van sondes is die vraag. Hoe gaan die DA smaak gee aan die bord??

  4. Mense, dis tyd vir almal om terug te sit en bietjie diep asem te skep. Hierdie ‘tit for tat’ gaan ODN geensins bevoordeel nie maar net verder verdeel in kampe. Dis ook soms beter dat sekere dinge ongese gelaat word OO, want as daardie verekussing eers oopgemaak word, sal mens nooit al daardie vere kan herroep nie.

    Ek wens ek kon alle partye tot hierdie geding berispe, maar ek het geen locus standi nie.

    Kalmeer tog asb almal voordat onherroeplike skade aangerig word. As iemand in sy toorn iets kwytraak, laat dit gaan, “choose your battles in life, do you have to buy into everything that crosses your path ? ” Komaan mense, terwille van ODN, seblief !

  5. Ek het die voorbeeld verwyder. Dis waarskynlik jou prerogatief. Ek laat dit daar. Met moeite.

  6. Met jou selfsugtige openbare aanhaling het jy my privaat spasie betree. Jy is slim genoeg om te weet wat die implikasies van loslip aanhalings is. Jy trap op die gevoelens van ander mense net om jou punt te bewys en kom weg met moord. Ek vorm nie deel van jou verrotte gemeenskap waarbinne jy floreer nie. Kies in die toekoms jou aanhalings. Terloops, jy weet presies wie ek is.

  7. Mnr Baird, toe u nog mnr Barrow se skuimbekwerk vir hom op O!O gedoen het, het u gespring as mnr Barrow gese het spring. U het somtyds sommer gespring om in sy goeie boekies te bly sonder dat hy jou gevra het om te spring. ‘n Mens kon dit pre-emptive spronge genoem het. Ek wonder wat tussen julle skeefgeloop het dat u nie meer vir hom spring nie en die afgelope tyd baie hoër vir mnr April spring. Vir wie is dit die lekkerste om te spring, vir mnr Barrow of vir mnr April en as u moet kies tussen die twee as burgemeester, wie sal u kies? U behoort hulle tog albei baie goed te ken.
    So terloops, gaan O!O steeds vir mnr April spring as hy sy burgemeesterskap verloor?

  8. Nou sê my nou: Hoe maak ek verskoning vir wat jou reaksie as absolute waarheid uitmaak? Haal ek die item uit en maak dit vir lesers duidelik wie die rolspelers is!? Ek noem geen name nie; ek het geen verskoning om te maak nie – verskoning vir wát!? En wie is jy? Hoe moet ek raai? Een van dosyne wat al met Nic Barrow haaks was? Hoe moet ek jou uitken as jy ‘n vals adres gebruik?

  9. Nee mnr Baird. Ek stel nie belang in jou fabels nie. Nog minder is ek gepla oor die avonture van jou drie prinse. Al wat ek vra is ‘n verskoning dat jy jou vergryp aan iets wat jare gelede gebeur het. Ek wag, dankie.

  10. Alle gode van die Egiptenare en Grieke en Romeine… En die drie prinse van Serendip. Ek is min male woordeloos. Ek is.

  11. Ek maak beswaar dat jy ou koeie uit die sloot grawe. Dat jy gebeure tussen my en mnr Barrow opdiep om jou selfsugtige eiebelange te bevorder. Ek verwag van jou ‘n onvoorwaardelike verskoning. Jy weet wie ek is. Doen die regte ding. Dankie

Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out / Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out / Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out / Change )

Google+ photo

You are commenting using your Google+ account. Log Out / Change )

Connecting to %s