A note of appreciation

Thanks!

Decision makers turn to O!O first for what’s really happening in Eden
… You’re reading, aren’t you!?
Advertise on O!O – click here for details

Click to follow @DrewanBaird on twitter

Drewan Baird. Oudtshoorn. 3 August 2013. 04h15. I received this personal note from a well-known and respected attorney in George:

Hi Drewan,

I see things are seriously hectic there in your town!

Just a quick note to say keep up what you’re doing. Trust that sometime, somehow justice and righteousness will prevail. Guys like Mr. Barrow will reap their rewards. Just keep reporting the truth without getting involved in personal hate games.

Regards

By all gods and faeries and the near-human Kiffar, Kiffu and Kiffex from the Azurbani system, I withhold the name because I will not risk exposing an esteemed professional to the vitriol, and the opprobrium, and the obloquy, and the calumniation, and the traducement, and the vituperation, and the invective of Nic Barrow and “Die Waghond” and the attorney acting for “Die Waghond“.

I will not subject yet another to scandalous abuse.

But thank you again, my George correspondent, for the snippet of rationality in this Oudtshoorn ocean of backwardness.

________________________________________________________
DREWAN BAIRD COMMUNICATIONSensaytional – 076 349 6316
Making sure they see it your way
________________________________________________________

Click here to receive updates | Advertise on O!O | Home

13 thoughts on “A note of appreciation

  1. Geagte meneer George Prokureur wat kies om annoniem te bly, al is daar baie aanklagtes in my gemoed teen mnr Baird, is die een waaraan ek hom skuldig bevind het sy slegsêery en manteldraaiery. Deur net op hierdie blog rond te snuffel, is daar oorgenoeg getuienis van mnr Baird sy manteldraaiery en slegsêery. As jy mense op so ‘n vieslike wyse slegsê, soos hy bv al vir mnr April sleggesê het, hoort dit onaanvaarbaar vir enige ordentlike mens te wees, ook vir ordentlike prokureurs. Hy probeer dit afmaak deur te sê dit is “infotainment”.
    Wat u stelling oor ” ‘n meisie met losse sedes” betref, u het uself baie onduidelik uitgedruk.

  2. Ai tog, ek wil nou nie werklik op hierdie forum in hierdie tipe van dispute beterokke raak nie, maar ek swig voor die versoeking om te antwoord Gertruida:

    1. U stelling – “iemand is onskuldig tot hy skuldig bevind word” – waar laat dit die oordeel wat u reeds oor meneer Baird uitgespreek het? Hy is myns insiens onskuldig to hy skuldig bevind word…
    2. Tipies word ek verkeerd aangehaal – wys jou net die mag van selektiewe aanhaling. Lees die hele sin wat ek geskryf het oor die meisie van losse sedes dan beantwoord dit sommer self jou vraag. Maar wag, kom ek maak dit vir jou makliker en verduidelik dit vir jou. Die sin begin met “Dit laat my wonder of…” met ander woorde, wat hierop volg is nie my eie standpunt nie, maar een wat ek eerder aan iemand anders toedig. Duidelik is dit teenstrydig met wat ek skryf in die res van die kommentaar. Ek verduidelik eerder dat net soos die voorbeeld van die meisie belaglik is, is dit belaglik om te aanvaar dat meneer Baird lieg, bloot gegrond op sy sondes/geskiedenis.

    Sien, dis nie so moeilik nie, mens moet net lees en konteks in gedagte hou.

  3. Geagte mnr die George Prokureur wat kies om annoniem(sic) te bly,

    Ek weet nie na watter “good work” verwys word wat mnr Baird moet “keep up” nie.

    U sê: “Dit is eenvoudig ‘n geval van aanmoediging om voort te gaan en die waarheid te berig sonder vrees, en sonder om deel te neem aan die “sideshows” en persoonlike haat gevegte.”

    Ek weet nie wat bedoel word met haatgevegte nie, maar om iemand bv ‘n “idiot” te noem, kan sekerlik as deel van ‘n haatgeveg beskou word, of nie? Wat die waarheid betref, berig mnr Baird nou die waarheid, of het hy die waarheid berig toe hy in Februarie vanjaar die volgende hier op O!O geskryf het:

    “It is unimaginable yet tragically true: Noël Pietersen used ratepayer money to pay for his civil suit against his nemesis, local entrepreneur Nic Barrow, and then used ratepayer money to fund his defence against using ratepayer money in the first place!

    “Only in an ANC South Africa!

    “And only in a municipality run by idiots.”

    Hier het Baird dit as ‘n feit gestel dat Pietersen munisipale geld gebruik het. Soos u seker weet het Pietersen sy saak gewen, ook in die appelhof. Die hele debakel tans waarin mnr Nel en die DA en mnr Barrow van diefstal en bedrog en wat nog beskuldig word, spruit uit die saak tussen mnre Nel en Pietersen.

    Intussen het mnr Baird ‘n joppie gekry by dieselfde, in sy woorde, “idiots”. (Ek persoonlik dink natuurlik dat ‘n mens nie so lelik van ander mense moet praat nie.)

    Hy gaan nou so ver as om ‘n “preliminary report” oor die saak teen onder andere Nel en Barrow te publiseer. Ek kan in my wildse drome nie dink dat dit professionele regslui soos adv Morisson en adv Vermeulen se goedkeuring sal wegdra dat hierdie “prelimanry report” gepubliseer word nie.

    Noudat mnr Baird met waarskynlik munisipale geld betaal word, het O!O ‘n propaganda-masjien vir die “idiots” geraak en is mnre Nel en Barrow nou die varke in die verhaal.

    As ‘n “well known and respected attorney” ‘n draaijakkals soos Baird lof toeswaai, is dit laat in die nag.

    Mnr die George Prokureur, as u vir een oomblik dink dat dit mnr Baird se intensies is om die waarheid bloot te lê, is dit duidelik u ken hom nie. Hy is ‘n propagandis wat nie onderskei tussen feit en fiksie nie. ‘n Prokureur behoort te weet dat iemand onskuldig is totdat hy of sy skuldig bevind word. Daar is prosesse aan die gang. Laat die reg sy gang gaan en laat alle partye se kant gehoor word.

    En so terloops, mnr die George Prokureur, wat bedoel u met u stelling dat ‘n “meisie van losse sedes dan nou nie verkrag kan word nie”. Soos ek dit verstaan, wil u te kenne gee ‘n meisie van losse sedes kan maar verkrag word. Sies man, dit is ‘n skandalige opmerking, nog meer so as ‘n prokureur dit maak!

  4. Mooi so sceptic, jy het my uitgevang! Ek is trots op jou. Dit moes gewees het my broers of susters se kinders.

  5. My oh My!

    Never a dull moment, yet every time a dull commenter…

    Gertruida, I fear I do not understand – you state that you are not Andrew’s “tannie” and qualify this by saying that not one of your brothers OR sisters are named Andrew. I fail to see how that could be appropriate – do you consider yourself your brother’s and sisters’ aunt perchance. (where I come from, you are the aunt to your brothers’ or sisters’ children) If so, you are all of a sudden making so much more sense. I always thought the following little Brakpan joke was limited to Brakpan, but it appears that it might just work for Oudtshoorn as well:

    “What is the main question a judge must decide on when he orders a divorce for a Brakpan couple?
    Whether they remain brother and sister…”

    oh, and just as an after thought, if any of my sisters were named Andrew I would probably advise her to change her name, unless she used to be my brother but went for an operation to change that.

  6. Nee tannie, eks my vrou se konsultant.Ek werk nie vir politici nie. Lekker koeksisters bak en stories luister op RSG!. Groete tannie.

  7. Ek staan verstom. Iewers het ek per geleentheid gelees dat die wat sonder sonde is die eerste klip moet gooi. Gertruida, is jy sonder sonde?

    Dit het my ook laat wonder of Gertruida dan ook van mening is dat ‘n “meisie van losse sedes” dan nou nie verkrag kan word nie. Synde, dat mnr. Baird (met al sy sondes) klaarblyklik nie die waarheid kan berig nie? Ek is van oordeel dat ons maar almal sondig is, en maar paar geraamtes in die kas het, dit maak sekerlik nie dat wat meneer Baird berig noodwendig nie die waarheid is nie.

    Soos ek die ding sien, is meneer Baird se sondes geheel en al irrelevant in die lig van die nota hierbo. Die vraag is nie of meneer Baird ‘n onskuldige engel is nie. Dit is eenvoudig ‘n geval van aanmoediging om voort te gaan en die waarheid te berig sonder vrees, en sonder om deel te neem aan die “sideshows” en persoonlike haat gevegte. Die nota was gemotiveer deur die feit dat meneer Barrow gekies het om eerder die man te speel as die bal, en om eerder meneer Baird aan te val by wyse van persoonlike opmerkings oor meneer Baird se ouers. Dit is maar interessant hoe die ouens met die swak argumente maar altyd die hardste moet skreeu…

    Dan net een laaste terloopse opmerkking. Gertruida, miskien moet jy ‘n ordentlike Oxford Concise English Dictionary aanskaf. Soek die groot woorde op en verbreed sodoende jou kennis en verryk jou eie intellek.

  8. Ditto Andrew
    Tant Getruida kan seker nie wag vir die volgende hoogtepunt in haar lewe nie, die soveelste KK&K
    Skuus Tannie Gertrude, ek kon hierdie een nie ‘pass’ nie, dalk het jy tog n punt, wie weet.
    Sterkte OO !!
    OO, enige kans dat jy en Nick weer kan ‘kiss and make up ” en weer hande vat want in die verlede was jul tog so n formidabele span teen die boewery op ODN?

  9. Andrew, ek is nie jou tannie nie. Nie een van my broers of susters se name is Andrew nie.
    Ek is nie in die ouetehuis, ek bak nie koeksisters en ek hekel nie.
    Andrew, is jy ook ‘n konsultant van die burgermeester?

  10. Tannie Gertruida gaan hekel jou truitjie klaar saam met die ander ou tannies in die ouetehuis of gaan bak koeksisters. Los ons nou uit asb ons is besig.

  11. Sjoe, O!O, u gebruik darem moeilike woorde. Kan u asb laat weet wat daai klomp volksvreemde woorde beteken en waar u aan hulle kom? Is dit dalk tydens u teologiese studies in die VSA? Wat die George-prokureur betref: ek is so geimponeer met u dat ‘n prokureur so ‘n hogere agting vir u “good work” het. Weet hy van al u sondes. Ai, O!O, hoe lekker lag ek darem nou. Hahaha!!!
    Is dit nie dalk ‘n geval van jakkals prys sy eie stert en dat u nou gerieflik agter ‘n anonieme prokureur van George skuil om nou kastig u lof te besing nie?

Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out / Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out / Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out / Change )

Google+ photo

You are commenting using your Google+ account. Log Out / Change )

Connecting to %s