Stem DA!

Skitterende advertensie swaai kiesers!

Click to follow @DrewanBaird on twitter

Drewan Baird. Oudtshoorn. 1 August 2013. 11h15. Time constraint prohibits the consummate lauding, applauding, and extolling of all the virtues and merits of the DA advertisements in Die Hoorn and the Herrie.

Man, what an ad, or is it just me!?

Highlights…

Die aanstellings van mense van buite Oudtshoorn…

Wessel Rabbets. Walter Hendricks. Noël Pietersen. Ja, Noël Pietersen, die DA-aangestelde Noël Pietersen. Of Noulie, soos Diane de Jager hom genoem het. Mubesko.

En die DA praat van mense van buite!?

Allamagtag!

Die ANC het swak leierskap – wat selfs deur eie partyleiers erken word.

Wát!?

Die DA se federale raad het die lidmaatskap van die mees gesoute en deurwinterde Pierre Nel en die “aangewese burgemeester” Ben van Wyk opgeskort… maar die DA praat van swak leierskap!?

Die DA-leier kan nie al die koukuslede se lidmaatskap opskort nie want nie al die lede wil erken dat hulle aandadig was aan die Constitutional Court Con – Die Skikking” wat miljoene se koste in belastingbetalers se skote laat val het nie… maar die DA praat van swak leierskap!?

Die plaaslike DA-voorbok, die DA se uitvoerende burgemeester van Eden, Wessie van der Westhuizen, het sedert 2011 dit nog nie reggekry om die bevindings van die KPMG-Verslag uit te voer nie… maar die DA praat van swak leierskap!?

Die ENS-Verslag bepaal dat Van der Westhuizen skuldig is aan bedrog, vervalsing en uitgifte… maar die DA praat van swak leierskap!?

Netstar-data dui op verregaande misbruik van die Eden-burgemeestersvoertuig… maar die DA praat van swak leierskap!?

Die George Lêer-skandaal lees soos ‘n sleg sepie: ‘n Dreigende Van der Westhuizen en vroulief en seun dra sakke vol munisipale lêers weg… maar die DA praat van swak leierskap!?

Van der Westhuizen bied posvlak 5-poste aan om ANC-raadslede vir ondersteuning te vergoed… maar die DA praat van werk vir vriende, familie en partylede.

Wessie!? Die jong heer Hendricks… maar dis ‘n storie vir so Maandag volgende week.

Die DA verkrag die wet en die ordereëls en verwerp alle pogings om hulle verregaande optrede sedert 31 Mei sonder koste te skik… maar die DA praat van “minagting van ons landswette”!?

Die DA se “Skikking” in die Pierre Nel vs. Oudtshoorn Munisipalitiet smyt tot soveel as R4.5m in belastingbetalers se skote… maar die DA praat van “vermorsing van u belastinggeld”!?

Die DA weier om van sy onwettige optrede op 31 Mei af te sien en dwing die saak na die hooggeregshof… maar die DA praat van “vermorsing van u belastinggeld”!?

Tydens die raadsvergadering van 31 Mei het DA-raadslede die speaker kordaat uitgedaag om die DA se optrede “in die hof te toets”… maar die DA praat van “vermorsing van u belastinggeld”!?

Die DA het ten minste drie aanbiedinge om die saak te skik van die hand gewys… maar die DA praat van “vermorsing van u belastinggeld”!?

En dan sluit die DA sy advertensie só af:

“Oudtshoorn verdien beter en die DA se rekord waar hy regeer bewys dit is die oplossing.”

Ai, jai, jai, jai, jai, jai, jai, jai, jai, jai, jai.

Die DA se rekord op Oudtshoorn is skrikwekkend.

Klik hier.

En klik hier.

En klik hier.

En klik hier.

“Oudtshoorn verdien beter en die DA se rekord waar hy regeer bewys dit is die oplossing.”

Ai, jai, jai, jai, jai, jai, jai, jai, jai, jai, jai.

Writes a correspondent: “So, the Desperate Alternative has visions of running our country now that our hard fought democracy is firmly in place. Yet, they cannot even keep control of simple state assets like PC’s, fax machines, refuse bags, etc. A council employee was arrested in Parkwood recently for being in possession of stolen property worth R150k. That’s right; the botox brigade even had toilet rolls stolen from under their noses! And they want to run our country? Know your DA…”

“Oudtshoorn verdien beter en die DA se rekord waar hy regeer bewys dit is die oplossing.”

Ai, jai, jai, jai, jai, jai, jai, jai, jai, jai, jai.

Wees op die uitkyk vir eenhorings op Oudtshoorn.

En vir die tannemuis en kersvader en vir kabouters en feëtjies.

Al die spesies van Star Wars! Van die Abyssinyne van die planeet Byss tot by die katagtige tweevoetige Zygerriane.

Hey, DA! At least CHALLENGE me, dammit! This is too easy!

Intussen staan daar geskrywe in vandag se Hoorn-redakteursbrief: “Indien jy jou kruisie by die DA trek, wys dit jy glo die dorp het verandering nodig.”

Dankie tog!

Nou weet arme ék ook hoe lyk ob… obj… opjektivityt.

________________________________________________________
DREWAN BAIRD COMMUNICATIONSensaytional – 076 349 6316
Making sure they see it your way
________________________________________________________

Click here to receive updates | Advertise on O!O | Home

8 thoughts on “Stem DA!

  1. Ed. net iets vergeet-`n Onskuldige vraag aan Christina Muller die nurse: Wat het geword van die R60k wat weg is by Bongolethu Kliniek ? As toekomstige openbare figuur verduidelik die mense van wyk 6 waarom jy skielik daar bedank het.Ai Willempie dit lyk my die DA koninklikes doen nie hul huiswerk nie.

  2. “1994 – Wessie word gevang met diamante en word gevonnis met R5000.”

    Ai tog! Lyk my julle ouens daar agter die berg kan van laaaankal net nie sand en klippe wat nie aan julle behoort uitlos nie.

    Snorkel, jy krap waar dit DA nie wil jeuk nie en hier krap jy nou ‘n “koningklike” penarie uit.

    Dit lyk vir my ou Wessie sit met dieselfde probleem as die Koning van die DA.

    Die DA se eie konstitusie like nie die soort dinge nie.

    Ou Wessie kom natuurlik as deel van die ID package in die DA, soos volg:

    “3.2.3 Public representatives from other parties may only be accepted as members of the Party with the prior approval of the Federal Executive or a person designated by the Federal Executive, after consultation with the Provincial or Regional Executive concerned: provided that the Branch Executive must also be consulted in respect of a local government representative.”

    Met die Koning se kriminele probleempie het die Antie in die Kaap gese die DA doen nie ‘n “due diligence” op ‘n voornemende lid nie, net op publieke verteenwoordigers. En hier sien ons dat al die strukture van bo tot onder inspraak het in die besluit wanneer dit by een soos Wessie kom.

    Die aansoek vorm vra spesifiek van kriminele oortredings so almal het geweet daarvan en blykbaar geen probleem met Wessie se kriminele record gehad nie.

    Of dalk het hy nie gese nie?

    In elkgeval sou die “due diligence,” (wat daar gestel is om die party teen mense soos Wessie te beskerm en seker ietsie soos Wessie se bostaande CV sou gelyk het), gewys het hy is totaal ongeskik om ‘n raadslid wat nog te se ‘n burgermeester te wees.

    Maar dit maak nie saak wat die mense in die DA se nie, die Computer is geprogrameer om outomatiese onslagte te maak kragtens 3.5 van die DA se konstitusie. Niemand kan niks daaraan doen nie.

    “3.5.1 A member ceases to be a member of the Party when he or she:
    3.5.1.8 is found guilty of any offence listed in Schedule 1, 2, 5, 6 or 7 of
    the Criminal Procedure Act;”

    Wat jy nou se, Snorkel, met jou blinkklippie stories is dat Wessie eintlik nie ‘n lid van die DA is nie. Dis net dat niemand die Computer vertel het nie. As die Riversdal Ridder rerig Wessie bloed soek, hoef hy net die Computer te verwittig dan doen die Computer die res. Finish en Klaar.

  3. Jammer dat snorkel ontbloot wat ontbloot moet word,`n poging om te keer dat my mense nie die verkeerde besluit moet neem nie.Dit staan soos `n paal bo water en dit is prioriteit van die Plaaslike DA dat indien hulle aan bewind kom hulle eerstens alle “interns” die trekpas sal gee.Wat is die implikasies van so `n stap vir ons gemeenskap: Daar is plus minus `n 1000 van ons jongmense wat as “interns” werk.Hoeveel huisgesinne gaan nie sonder `n inkomste sit nie.Hoeveel jongmense gaan nie op straat sit nie, Dwelmmisbruik,tienerswangerskappe is aan die orde van die dag.Misdaad word egter slegs in toom gehou danksy die passievolle en onbaatsugtige diens van die plaaslike SAPD. Die DA wil deur sy planne ons gemeenskap van sy integriteit ontneem,ons kinders van werk ontneem, ons gemeenskap ontneem van ekonomiese vryhed.

  4. Vervolg Wyk 13-Jurie Harmse: Pastoor ongeag my bewondering van ons geestelike leiers wat `n massiewe rol gespeel het in die bevrydingstryd soos Biskop Desmond Tutu,Dr Allan Boezak,Frank Chikane om maar net `n paar te noem en ons eie geestelike leiers hier soos die dominees van kerke soos die Congregational Kerk;VGK;Volkskerk van Afrika en talle gerespekteerde pastore asook die Biskop van die Rooms Katolieke kerk wat optogte gelei het op die plaaslike front. Dit is nodig vir die gemeenskap om te weet dat Jurie Harmse sy mense uitverkoop het vir die aanbieding van die DA vir Deputy Mayor van Oudtshoorn en natuurlik die paar silwerstukke wat hulle ontvang vanaf die DA se Provinsiale geldkoffers.Die vrotsige vyf is nou kamstig arbeiders van die DA.`n mens wonder selfs of James Selfe of Mazibuko van hierdie scheme weet, want dit is `n tendens in die DA dat Zille nie weet wat Theunsie doen nie;dat Bredell nie weet wat Theunsie doen nie;dat Jac Bekker nie weet wat Wessie en Theunsie saam doen nie en dat James Selfe en Mazibuko nie weet wat die hele spul in die Kaap doen nie.

    Vervolg Wyk 5 -Hendrik Ruiters…

  5. Ek wag vir die storie oor die jongheer Hendricks. Daars ‘n Patel en Wessie-konneksie wat die jongheer Hendricks aanbetref. Ja ek weet van die skikkingsakte ens tussen Hendricks en Oudtshoornmunisipaliteit.

  6. Snorkel wil vandag graag `n ontleding maak van die DA se Kandidate:
    Wyk 6 – Christene : Die nurse van sewende laan, `n pion op die skaakbord van die DA- Da is geen manier hoe hierdie nurse `n raadslid kan wees nie, maar wag sy dien tog `n doel om die wonde van Ben van Wyk en Pierre Nel te behandel en ook om na Wessie se depressie om te sien.

    Vervolg Wyk 13…

  7. Die Wessie CV soos belowe:
    Morester Sekonder : 1994 – Wessie word gevang met diamante en word gevonnis met R5000
    – By meer as een geleentheid staan hy en sy sadistiese vroutjie bors aan bors met die
    die prinsipaal. Hulle is die verdelende faktor van die personeel.
    – O wee- toe word Wessie koshuisvader en die WKOD stel bedrogklagtes teen hom in
    – Belangrike dokumente wat sou dien as bewyse word vernietig. In die tyd verval hy
    en vroulief gereeld in depressie en hul dominee word gereeld ingeroep om
    te beraad. Nodeloos om te noem dat dominee nie meer huisvriend is nie.
    – Die depressie bereik `n hoogtepunt toe Wessie en sy vroutjie byna die
    kringbestuurder by die Obos donner.
    – Die tweetjies besluit toe om aansoek te doen om ongeskik verklaar te word so erg
    het hul in depressie verval. Die WKOD het die geleentheid aangegryp om van hul
    onslae te raak deur die aansoek om ongeskiktheid goed te keur.

    Eden FM- Breakfast met Wessie word `n gesogte program. Toe vind vroulief uit maar haar man
    word te min betaal en dien sy bedanking namens hom in.Dit haal die SON.

    Prinsipaal in Redelinghuys op `n omstrede manier.aangestel. Binne bestek van `n paar maande word hy deur sy
    eie volkie daar uitgewerp, en hy gaan werk as omroeper by Radio Weskus.

    Sy Politieke loopbaan begin: Patricia de Lille trek hom nader omdat die ID in Oudtshoorn leierloos was.
    Die ID smelt saam met die DA en Patricia bewimpel dit dat hy Burgie word van Eden. Binne bestek van
    minder as twee jaar lees sy trackrekord soos `n riller,daarvan getuig die ENS ondersoek en bevindinge.
    Wessie en sy sadistiese vroutjie donner byna vir Denver Rennie en verwyder belangrike dokumente in haar
    skorsingsaak (Bedrog)

    CV vervolg…..

  8. da da da da da..botox botox…..da da da da da… botox botox – i love that song

Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out / Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out / Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out / Change )

Google+ photo

You are commenting using your Google+ account. Log Out / Change )

Connecting to %s