Vrae wat Theuns Botha weier om te beantwoord

Die DA se soi disant “kragman” is in die moeilikheid

Decision makers turn to O!O first for what’s really happening in Eden
… You’re reading, aren’t you!?
Advertise on O!O – click here for details

Click to follow @DrewanBaird on twitter

Drewan Baird. Oudtshoorn. 31 Julie 2013. 07h45. Kyk, Theuns Botha praat mos nie met O!O nie.

Die ding kom van wannir af aan toe O!O vreeslike ongemaklike vrae oor Bitou se ANC-burgemeester in ‘n verslete blou T-hempie begin vra het.

Toe het Theuns sy mense laat weet: “Do not respond at all.”

Gisteroggend wou ek van Theuns weet – ek edit bepaalde selfstandige naamwoorde vir die huidige:

Geagte mnr Botha

Ek is terdeë bewus dat u aandag wyd en aanhoudelik opgeëis word, maar ek sal dit vreeslik waardeer as u so spoedig moontlik op die volgende paar vrae kan reageer:

1) Het lede van die Oudtshoorn DA-koukus met u vergader in die aanloop na 31 Mei, oor strategie wat verband hou met die DA se “magsoorname” op Oudtshoorn op 31 Mei?

2) Het u goedkeuring verleen om finansiële bystand en/of werk te gee aan die vyf ANC-raadslede wat die DA se mislukte mosies op 31 Mei ondersteun het?

3) Is [MAATSKAPPY, bekend aan O!O] genader om geld te bewillig vir hierdie finansiële ondersteuning?

4) Het [SAKEMAN, bekend aan O!O] van Calitzdorp geld bewillig vir hierdie finansiële ondersteuning?

5) Is enige van die beloofde geld aan die vyf oorbetaal?

Theuns is tjoepstil.

Hoekom?

Intussen is die drie van die “Vrotsige Vyf” wat nie kandidate is vir 7 Augustus se tussenverkiesings nie bitter ongelukkig oor verbreekte ondernemings.

Helen Zille, Theuns se baas, huiwer nie om moeilike vrae te beantwoord nie.

Háár antwoord is as volg: “May I assure you that the DA took no decision, through any mandated structure, to pay people to entice them to cross the floor. We subsequently heard about these allegations.”

O!O sal nader aan verkiesingsdag aanhalings publiseer uit DA uitvoerende burgemeester van Eden Wessie van der Westhuizen se notaboek…

________________________________________________________
DREWAN BAIRD COMMUNICATIONSensaytional – 076 349 6316
Making sure they see it your way
________________________________________________________

Click here to receive updates | Advertise on O!O | Home

29 thoughts on “Vrae wat Theuns Botha weier om te beantwoord

  1. Jade net een onskuldige vragie-is dit die drunk pic saam met die Riversdal girls???

  2. Ed `n verkorte CV van Wessie verskyn biinekort!! Hou die blog dop.Die CV behoort eintlik ook in pamfletvorm in Oudtshoorn ,De Rust en Dysselsdorp versprei te word.Die strekking van die CV- Vanaf Morester tot nou.Dit sal die lesers meer duidelikheid gee oor wat die DA geerf het.

  3. Andrew dus nie net sy dagboekie wat soek is nie,een van die dae soek hy aan homself- wat is ek, waar is ek,hoekom is ek,werk ek en helaas waar werk ek.

  4. Wessie belowe almal poste selfs sy saaidkick vrou sal pos kry in De Rust,Enrico Van Rooyen onderhandelaar van die vrotsige vyf nuwe direkteur gemeenskapsdienste,Carlton September new manager.Wiet hy nie dat hy gaan na 7 Augustus op sy gat sit nie.Hy het reeds vanaand sy gat gesien in Rosevalley.Sy saaidkick vrou ga nog daai swartsak oor ha kop trek voor 7 Augustus.O donner die ENS komitee wag ook nog.Die Stad ,sy stad Eden brand af en ou Wessie belowe mense poste hier in die stad Oudthoorn.Ben het ook net betyds sy gat aangestel anders sou hy die weermag nodig gehad het om hom te vergesel in Riemvasmaak.

  5. Ok Ed. Ek sal my maar eers inhou. Soek Wessie nog nie sy dagboekie nie?

  6. ek praat nie delicious afrikaans nie, but this Nic Barrow sounds like a child throwing his toys out of the cot. So Zille seems to amit that they bought over ANC councillors, yet still no action against the corruptors !! Which is worse the one that accepts the bribe or the one that pays the bribe? I have always voted DA but not anymore.

  7. Nee, nee, Andrew! Daai soort optrede hoort by Chris MacPherson. En by Nic wat van ‘n afstand wens mense soos MacPherson hét geslaan.

  8. Alhoewel die Hof beslis het dat Nel kostes moet betaal, is dit ‘n feit soos ‘n koei dat die DA reeds jare gelede toe die geding begin is verantwoordelikheid vir alle kostes aanvaar het.

    Hierdie skriftelike onderneming, wat geen perk plaas op hoeveel geld spandeer mag word nie, is namens die DA gegee deur die Federale Voorsitter Mnr Jame Selfe.

    As enigiemand dit betwyfel, vra maar vir Jac, die skriftelike onderneming is destyds via hom gestuur.

    In realiteit was daar dus niks te bate vir Nel in ‘n skikking nie. Al party wat enigsins kon baat vind uit ‘n skikking is die DA. Nel mag nou wel nie die vermoe he om so ‘n bedrag te betaal nie, maar die DA kan dit vir seker bybring maar sal sekerlik nie wil nie.

    As ek moet raai sou ek se dat die idée van ‘n skikking nie van Nel gekom het nie, maar van ander persone wat bemoeid is met die DA se geldsake, of dit nou een miljoen of twee miljoen is, dit is steeds baie geld en die moeite werd om ‘n kans te vat as ‘n mens so genee is.

  9. is julle skaam om te se wessie was dronk toe hy sy dagboek verloor i will send his drunk pic

  10. ek is so frustreerd ek kom terug oudtshoorn ve julle met al die klomp you name it what happens in my home-town is disgusting you might see me on election day nextweek

  11. ek wil nou nie sarkasties kliink maar ed saidse woorde stink jy verwys seker na die federale raad van die da

  12. Mnr. Barrow,

    Nou sukkel ek om te verstaan, maar as Pierre Nel namens ander opgtree het, en nie namens homself nie, moet daar sekerlik een of ander mandaat wees. As daar dan so mandaat is, dan kan die “andere” sekerlik ook aangespreek word om die kostebevele welke teen Pierre Nel geneem is te betaal. Dus is die beweringe wat uself gemaak het dat Pierre Nel nie die koste kan betaal nie, en die “skikking” dus in die belastingbetalers se belang was mos van alle waarheid ontbloot.

  13. … Dis nou klassieke Nic… die prokureur van Oudtshoorn wat dink hy’s die Here en almal moet voor hom buig en sy lofsage besing…

    (Andrew, los liewer. Ek het die res van jou kommentaar weggelaat. Dis nie nodig om Nic by te kom nie – dis Nic se styl. Ed.)

  14. Jy se die Antie huiwer nie om moeilike vrae te beantwoord nie. Ek stem nie saam nie, sy lei jou om die bos. Haar antwoord is wat hulle noem ‘n “credible denial.” Sekerlik het ‘n “mandated structure” van die DA nie so ‘n besluit geneem nie. Natuurlik is dit in die donker hoekies gedoen met ‘n “nudge” en ‘n “wink.” Daarvan se sy niks want sy is nie presies so gevra nie. Sy omseil die moeilike vraag.

    Try haar eerder met ‘n maklike een. “Wie is op die DA se PR lysie vir Plett om Elaine se plek te vat as sy volgende week sou wen?” Dit is belangrik om te weet want dit is die person wat ons eintlik voor stem. Hoekom dink jy wil die DA nie se nie. Hoekom is dit so ‘n groot geheim? Hoekom het hulle nie soos laasjaar advertensies in die koerant gesit en mense genooi om aansoek te doen nie?

  15. Andrew alias Baird. Vlieg in jou moer. Ek praat nie verder met jou nie. Nic

  16. Baird. Wat jou koning April en meëlopers nog nie verstaan nie is dat Pierre Nel nie in sy persoonlike hoedanigheid opgetree het nie. Hy het namens andere opgetree. Nic

  17. Baird. Net om ‘n moontlike misverstand by mense uit die weg te ruim. Ek het niks negatiefs van jou pa en oorlede ma gesê nie. Ek het hulle goed geken. Hulle was pragtige mense. Ek het net verwys na wat JY aan hulle gedoen het. Nic

  18. Barrow jys nou besig met afpersing. Net die Raad in ‘n wettige raadsvergadering kan so ‘n skikking goedkeur en jy weet dit. Kriminele klagtes moet teen jou en die ander wat betrokke is gebring word finish en klaar. Dis ‘n ou ding van jou om mense af te pers met regsgedinge wanneer daar nie met jou sieninge saamgestem word nie. Dit is nou tyd dat jy vasgevat moet word. Bedrog is hier gepleeg, dit staan uit soos ‘n seervinger en ek daag die munisipale bestuurder uit om nog vandag daardie klagte onder die aandag van die Valke te bring. Jy wil mense regs-en-links aankla maar waaneer die wiel draai wil jy mense afpers. Wie de hel dink jy is jy? Is jy die Here?

  19. Baird. Iemand sê nou-die-dag vir my die nuwe trappe van vergelyking van laag is: laag, laer, laagste, Drewan Baird. Wie de donner dink jy is jy?

  20. WEES GEWAARSKU!!

    Aan: Gordon April, Drewan Baird, Hardy Mills en ander meëlopers.

    Hierdie sogenaamde ondersoek waarmee julle nou besig is, is onwettig en ongemagtig. Dit is vrugtelose uitgawes wat defnitief mettertyd van alle betrokkenis geëis sal word. Julle probeer om op ‘n baie duur manier en met belastingbetalers se geld ‘n paar stemme vir die Munisipale verkiesing te werf. Die besluit oor die skikking was in goedertrou geneem en is daar geen sprake van enige kriminele attensies nie. Sake word op ‘n daaglikse basis regoor die wêreld geskik op die terme dat aksies teen mekaar laat vaar word en dat elke party sy eie koste betaal. Minder as ‘n jaar terug was julle self aandadig met so ‘n skikking in die saak van Mnyimba. Onthou die ANC Raad het die hele tyd, en sou in die toekoms ook met belastingbetalers se geld gedobbel het. Dit kon nog honderde duisende Rande beloop het.

    Die bewering van Baird dat die regskoste heelwat meer as R 4 Miljoen beloop is stront! Dit kan net Baird wees wat sulke mal bedrae in sy kop het. Dit behoort nie eens die helfte te wees nie. Tensy natuurlik die Raad se prokureurs en advokate onprofessionele hoë fooie gehef het. Ek vermoed so. Dit sal ook sekerlik mettertyd ondersoek word.

    Ek belowe julle dat indien julle sou voortgaan met hierdie malle heksejag en probeer om kriminele klagtes van watter aard okal teen enige iemand te lê, sal daar klagtes van kwaadwillige vervolging teen julle gelê word. Siviele eise vir skadevergoeding sal defnitief volg. Julle moet ophou om deur Drewan Baird mislei te word.

    Nic Barrow

    Namens Oudtshoorn Waghond

    (Nic, ek het die verwysing na my ouers – my ma is reeds oorlede – verwyder. Ek laat die saak daar. Liewe land, hoe laag kan ‘n mens daal? Ed.)

  21. Dit is duidelik dat ou Oudtshoorniet nie hou van die lastige vrae aan die Daceivers nie. Hy het hom seker ook maar gereed gemaak vir die oorname.

  22. Wil Wessie nie meer sy dagboekie hê nie? Dit lyk vir my nie so nie. Dit moet darem moeilik wees wanneer jy jou geheimpies iewers in ‘n dagboek neergeskryf het en daardie dagboek verloor het. Donner hoe kan jy so stupid wees man. Oom Jak het seker al vir Wessie gevra “Watter kak het jy nou weer aangevang”. Wessie jy moet by Oom Jak-hulle leer hoe om skelm te wees. Jy’s slim-dom en jou gat gaan nog brand!

  23. En ek moet se en verskoon my taal maar ek is gatvol verby vir die moan gatte van hierdie dorp, Is dit nie oor die vliegskool is nie is dit oor mense wat die dorp wil voorentoe vat, is daar ontwikkeling gepoog word om vir die dorp ook n winkelkompleks bv te ontwikkel word daar gemoan. Ek het al in verskeie dorpe en stede in die land gebly, maar so iets soos hierdie het ek nog nooit beleef nie, en dit word erger by die dag, dit lyk vir my hierdie is die aftree plek van al die moan gatte van die land. Ek sê ook weer die dorp behoort n standbeeld vir Mnr Nick Barrow op te rig, as dit nie vir hom was nie wil ek nie weet waar die dorp dan hom in sou begeef het nie. Magtig mense begin iets positief en hou op om te moan van die more tot die aand. Ja wat verkeerd is moet aangespreek word, maar doen dit dat daar vir almal iets positief in is. Ek praat nou die dag met iemand van die vliegskool en dis ongelooflik watse dreigemente hul kry van die moan gatte van die dorp, is die dorp van die satan besete of wat?

  24. Oudtshoorniet, die aangeleentheid is inderdaad ernstig, so ernstig dat die DA stappe neem om die saak tot op die been oop te vlek.

  25. Jul weet die hele ou storie is besig om in n Jakkals en Wolf storie te ontaard of gogga maak vir baba bang, al die energie en tyd wat so gemors word kan baie beter aangewend word om iets te doen aan die sukkellende dorp wat oppad na nerens is nie. Daar word gekla en gemoan en as daar iets probeer doen word om die gevrektes uit die kussings te lig word hul kliphard afgetrek, sê my eending wat probeer jul hierdeur bereik asb? Soos dit nou aangaan word Oudtshoorn verder in die riool in gesleep want modder is te sagkuns gestel. Niks maar niks positiefs kom uit hierdie gebrabbel nie.

  26. Het Theunsie, Bredell en Wessie, ja Wessie en sy saaidkick vrou al bedank ?????????????
    Waarvoor wag die publiek, DRING DAAROP AAN sodat bg skepsels vrae kan beantwoord omdat hul nie met OO wil praat nie ! Die publiek is geregtig op EERLIKE ANTWOORDE !

Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out / Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out / Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out / Change )

Google+ photo

You are commenting using your Google+ account. Log Out / Change )

Connecting to %s