April, Pietersen, Kawa in streekhof

Die RUFED-vrae gaan uiteindelik beantwoord word

Decision makers turn to O!O first for what’s really happening in Eden
… You’re reading, aren’t you!?
Advertise on O!O – click here for details

Click to follow @DrewanBaird on twitter

Drewan Baird. Oudtshoorn. 29 Julie 2013. 07h25. Die uitvoerende burgemeester, raadsheer Gordon April; die voormalige munisipale bestuurder, Noël Pietersen; die voormalige ANC-raadslid Wilton Kawa; en ander kom vanoggend in die streekhof op Oudtshoorn voor op klagtes wat spruit uit die RUFED-aangeleentheid van Mei 2011.

Die saak is deur die SOE ondersoek.

OO het reeds verskeie male berig oor ‘n groot betaling aan raadslid Charlie Wagenaar se suster, Caroline.

Die burko het destyds R282,018 aan me Caroline Wagenaar, suster van ANC. Raadslid Charlie Wagenaar, goedgekeur vir een van haar Rural Family Empowerment & Development Co-op se projekte: Support Family Growth and Development Project.

Daar is verskeie vrae rondom die aanwending van die geld.

Die projek-sakeplan, wat deur die burko goedgekeur is, beskryf die gemeenskap van Dysselsdorp as mense wat met sosiale probleme soos alkahol- en dwelm-misbruik, gesinsgeweld, misdaad, werkloosheid, armoede en verwante probleme worstel.

RUFED se projek is glo ontwerp om dié mense te bereik en hulle te help om “volhoubare oplossings te vind”.

Die sakeplan beskryf die projek só: Training peer-educators, facilitators for support groups and relevant stakeholders by Educating, councelling, supporting, training and empowering participants.” (sic)

RUFED se organisatoriese visie is om verhoudings en familie-strukture te skep en te versterk.

RUFED se organisatoriese missie is aanhaalbaar indrukwekkend: “Creating a safety network and support system by empowering people and give them tools to help themselves develop and support each other.” (sic, natuurlik andermaal.)

Moederskap en melktert.

Wie kan dié edelhede nou kritiseer?

Wel… OO het – in Mei 2011.

OO het ‘n paar lastighede in die sakeplan raakgelees en Caroline daarna gevra. Amptelik, per e-pos en met ‘n gepaardgaande sms om te sê dat ‘n e-posnavraag gestuur is.

Mev Wagenaar

Die Munisipaliteit Oudtshoorn het op 15 Mei 2011 R282,018 aan RUFED betaal tov ‘n sakeplan wat u en me Lenie Piedt in April voorgelê het.

1) Verskaf asseblief die volgende besonderhede van die projek vir die tydperk Mei – Julie:
1.1) Datums en venues van die aanbiedings;
1.2) Aantal mense wat die onderskeie aanbiedings bygewoon het;1.3) Name en kwalifikasies van die aanbieders.

2) Waarom verskil die begroting vir “Family and children” met die totaal van die bepaalde items?

3) Waarom verskil die totale en die som van begrotingsitems vir “parenting skills” en “peer educator program for men”?

4) Verskaf asseblief besonderhede van die uitgawes mbt die twee duurste aanbiedings – “Family Expo” (R56,000) en “NARYSEC Workshop” (R58,000).

5) Verskaf asseblief die statistiese uitkomstes tov die geboekstaafde verwagte invloed op die begunstigdes van die program.

6) Verklaar asseblief waarom soveel as 17.5% van die totale begroting vir administrasie en “stipendiums” aangewend is terwyl die dienste die armste van die armstes se sosiale onderbou moes versterk.

O!O het nooit ‘n antwoord gekry nie.

Hopelik sal die hof die antwoorde aanhoor.

________________________________________________________
DREWAN BAIRD COMMUNICATIONSensaytional – 076 349 6316
Making sure they see it your way
________________________________________________________

Click here to receive updates | Advertise on O!O | Home

7 thoughts on “April, Pietersen, Kawa in streekhof

  1. dit laat my wonder oor ander nie regerings organisasies soos Recovery and Development Projects wat gestig is deur die PA van die Onderburgermeester, en waarvan ICOSA Oudtshoorn se bestuurlede nou as voorsitter dien.
    Ook wat met die Duisende rande gemaak word wat uit die spesifieke kantoor aan die ngo betaal word.

  2. Nog ‘n Oudtshoorniet, die feite verskil en die howe kyk na die feite van elke saak en pas die reg toe op die feite. In die Potchefstroom geval was die vergadering onwettig afgelas deur die Speaker in Oudtshoorn se geval was daar ‘n vergadering en die Speaker het die vergadering verdaag. So laat ons maar wag dat die hof uitsluitsel gee oor die aangeleentheid voordat ons ons eie gevolgtrekkings maak. Die ANC het lelik verbrou in Tlokwe om ‘n korrupte burgemeester te beskerm.

  3. So gaan dit steeds aan en aan, en steeds geen verandering, my vraag weer na my vorige kommentaar, wat is Oudtshoorn anders as Tlokwe Munisipaliteit ( Potch ) het daar nie dieselfde gebeur as wat hier gebeur het nie, en n mede leser het gemeld ek moet nie enige iets lees in wat daar gebeur het nie, en na gister se hooggeregshof uitspraak moet ek steeds nie lees in wat daar gebeur het nie, weer mnre wat maak Oudtshoorn anders in wat hier gebeur het of slaap almal rustig voort?

  4. Het Eden nou R450 000 gemors met die ENS ondersoek? Vrydag is d dag virt Wessie en Louw.

Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out / Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out / Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out / Change )

Google+ photo

You are commenting using your Google+ account. Log Out / Change )

Connecting to %s