Zille kom nie meer nie

DA wys andermaal die middelvinger vir Oudtshoorn

Decision makers turn to O!O first for what’s really happening in Eden
… You’re reading, aren’t you!?
Advertise on O!O – click here for details

Click to follow @DrewanBaird on twitter

Drewan Baird. Oudtshoorn. 23 Julie 2013. 13h00. Die DA se nasionale leier, Wes-Kaap premier Helen Zille, het die soveelste maal ‘n besoek aan Oudtshoorn gekanselleer…

Zille kom nie meer op 4 Augustus Oudtshoorn toe nie.

Gewoonlik daag Zille op ‘n dag voor ‘n tussenverkiesing – as die DA die bepaalde tussenverkiesing belangrik genoeg ag.

As die DA ‘n tussenverkiesing nie juis vreeslik belangrik ag nie kom Zille op die Sondag voor stemdag, sodat haar belangrike werk nie in die slag bly nie.

As die DA nie ‘n swernoot omgee nie, kom Zille glad nie.

Zille kom glad nie Oudtshoorn toe voor stemdag, 7 Augustus nie.

Behalwe as die DA Zille nou oortuig om te kom omdat O!O so lelik skryf oor die gekanselleerde besoek.

Want weet dit nou maar, my lankmoedige lesers, die DA steur hom vreeslik aan wat O!O skryf… Dis ‘n bron van groot humor in die O!O kamp. Veral omdat die DA glad nie op O!O se navrae regaeer nie en wyd en syd verkondig dat die DA O!O nie lees nie.

Helen Zille het sedert 18 Mei 2007 by verskeie geleenthede onderneem om in Oudtshoorn se regering in te gryp:

Op 18 Mei 2007, toe politieke leiers van die DA haar ingelig het oor die kritieke toestand van die DA op Oudtshoorn.

Op 23 November 2007, nadat die DA-raadslede skouspelagtig daarin slaag om te verseker dat Noël Pietersen as munisipale bestuurder bevestig word. Klik hier om oor die verbysterende gebeure van dié dag te lees.

Op 19 Desember 2007, toe die ontbinding van die DA op Oudtshoorn voorgestel is.

Op 11 Desember 2008, toe ek haar na die DA se tussenverkiesingsukses gevra het: “I have been there personally on three occasions to try to sort things out. But something always recurs. It is very disappointing. The DA seems set to win the Western Cape Province in next year’s election and if we do, we may have to consider placing several municipalities (including Oudtshoorn) under administration unless things improve.”

Op 30 Januarie 2009, toe sy Oudtshoorn tydens die Jakes Gerwel-gespreksreeks by die Suidoosterfees bestempel as “definitief nie ‘n suksesstorie van plaaslike regering nie”. Op ‘n vraag van die plaaslike prokureur Leon Coetzee, sê sy die DA sal oorweeg om rade soos Oudtshoorn onder administrasie te plaas indien die DA die bewind na die 2009-verkiesing in die Wes-Kaap oorneem.

Op 4 Februarie 2009, toe sy aan my gesê het dat Oudtshoorn een van die DA se ernstige mislukkings (”serious failures“) is en dat “die Oudtshoorn raad homself nie onderskei het nie”. Zille het herhaal dat die plaaslike koalisie misluk het en dat sy Oudtshoorn sal regruk as die DA na die komende verkiesing die Wes-Kaap regeer.

Op 11 Februarie 2009, toe sy aan my gesê het dat die kaliber van die DA se provinsiale kandidatelys haar oortuig dat die DA die Wes-Kaap in die komende verkiesing sal wen en dan die mag en die gewilligheid sal hê om bepaalde plaaslike regerings – soos Oudtshoorn – “reg te ruk”.

Op 19 Februarie 2009, toe haar Wes-Kaapse leier, Theuns Botha, verklaar het: “Ek het nou genoeg gehad!” en die DA se kiesafdelingshoof (nou minister van Landbou in die Wes-Kaap) Gerrit van Rensburg aangestel het om Oudtshoorn se DA-besluite te monitor en, indien nodig, te veto.

In Mei 2010 ignoreer die destydse DA-burgemeester, Diane de Jager ‘n raadsbesluit (63.29/09/09) en neem ‘n afvaardiging van ses na die Toerisme-Indaba in Durban. Die span neem wederregtelike voorskotte. Die DA-LP, Jac Bekker, erken voor ‘n Eden-raadslid aan my dat hy De Jager na hierdie episode nie meer kan verdedig nie. Die DA tree uiteindelik glad nie op teen De Jager nie.

In Junie 2010 kon Zille Oudtshoorn se raad skoongemaak het, maar sy begrawe die James-verslag oor die DA-aanstellings en ander DA-bestuursvergrype op Oudtshoorn. Sy kiés om níks aan DA-onbevoegdheid op Oudtshoorn te doen nie; sy draai ándermaal haar rug op Oudtshoorn.

En toe daag Zille op 5 Oktober 2010 op Oudtshoorn op en dans en sing saam met haar politieke sustaer, Patricia de Lille, vir die mense van Dysselsdorp en Bridgton voordat die DA die volgende dag onder die skrikwekkende bestuur van haar plaaslike luitenante nerfaf in die stof van die townships byt. Dít nadat De Lille ‘n paar weke vroeër aan my gesê het dat die mense op Dysselsdorp sal maak “soos ék sê”.

Tydens die 2011-verkiesingsveldtog vra die DA vir my en Nic Barrow om die OVK aan te spreek oor die talle SAPD- en SANW-rekrute wat in wyk 1 geregistreer is. Ek en Barrow praat met die hoogste OVK-gesag en verkry die ondersteuning van die DA se destydse parlementêre leier, Athol Trollip, en die DA se verteenwoordiger op die OVK se openbare skakelkomitee, die sg PLC. Die DA beloof hoog en laag om my en Barrow se pogings te ondersteun. Uiteindelik word dit duidelik dat die DA inderdaad téén my en Barrow gewerk het omdat die DA nié wou verhoed dat die Oudtshoorn-rekrute stem nie uit vrees dat die OVK ook nie studente sou toelaat om in hulle universiteitswyke te stem nie. Die verraad lê nie in die DA-beleid nie; die verraad lê daarin dat die DA voorgegee het om Oudtshoorn ter wille te wees en eintlik téén Oudtshoorn se belange gewerk het om ‘n alternatiewe doel te bereik.

Op 18 Mei 2011, stemdag, sms ek vir Zille dat die rekruut-stemgeregtigdes in wyk 1 nie eens die wykskandidate se name ken nie. Zille onderneem per onmiddelike sms-reaksie om die saak op te neem. Níks het gebeur nie.

Nou het Zille haar 4 Augustus-besoek aan Oudtshoorn gekanselleer.

Moet ek dit uitspel?

________________________________________________________
DREWAN BAIRD COMMUNICATIONSensaytional – 076 349 6316
Making sure they see it your way
________________________________________________________

Click here to receive updates | Advertise on O!O | Home

4 thoughts on “Zille kom nie meer nie

  1. O seker op Theunsie se plaas! Wil hy dan nie meer sy dagboekie he nie?

  2. Dit werk so: Helen Zille daag net op as sy weet die DA gaan wen. Die DA-masjien is goed geolie. Die DA het uitstekende intelligensie. Zille word ingelig oor die party se wenkans en dan word daar besluit of sy sal konsert hou of nie. Dat Zille nie Oudtshoorn toe gaan nie beteken dat sy dink die DA gaan verloor.

Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out / Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out / Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out / Change )

Google+ photo

You are commenting using your Google+ account. Log Out / Change )

Connecting to %s