Die DA se “Fall Guy”

Hoe sê Theuns Botha nou weer:
“Daar’s altyd ‘n lyk.”

Decision makers turn to O!O first for what’s really happening in Eden
… You’re reading, aren’t you!?
Advertise on O!O – click here for details

Click to follow @DrewanBaird on twitter

Drewan Baird. Oudtshoorn. 23 July 2013. 14h15. Gevleuelde woorde van die voormalige DA Wes-Kaapse leier – en steeds die de facto leier vir almal met meer as twee breinselle – Theuns Botha: elke politieke geveg lewer ‘n lyk op. Só het die voormalige DA-leier, Tony Leon, Theuns glo geleer.

Die Constitutional Court Con het tot gevolg gehad dat die DA se federale raad die lidmaatskap van Pierre Nel en Ben van Wyk opgeskort het.

Alhoewel dit klaarblyklik vir baie inwoners van Oudtshoorn na ‘n onbenulligheidjie lyk, het hierdie ligte mistykie-skikking ‘n gruwelike stel tande en gaan daar ongetwyfeld beduidende gevolge wees.

Twee politieke loopbane is reeds onherstelbaar beskadig; twee reputasies aan flarde: Pierre Nel en Ben van Wyk.

Dis ook nou baie duidelik dat die 9 DA-raadslede wat nié geskors is nie eenvoudig oor hulle betrokkenheid moes gelieg het… anders sou hulle mos ook geskors gewees het!

Die “skikking” is gebasseer op ‘n “raadsresolusie” van “die meerderheid” raadslede – ‘n vrotsleg argument, maar die DA hou daarby – en dit beteken noodwendig dat al 11 DA-raadslede vir die “skikking” moes gestem het.

Dat slegs Nel en Van Wyk se lidmaatskap opgeskort is moet daarop dui dat die ander 9 betrokkenheid ontken, anders sou hulle lidmaatskap ook opgeskort gewees het.

Om te dink hierdie raadslede staan ‘n kans om Oudtshoorn te regeer! As hulle hul eie kollegas so kan inloop, dink net wat hulle aan ons arme mense kan doen!

Van Wyk moet dus die sonde van die menigte dra.

Die Azazelbok. (Sien Levitikus 16.)

Ek het in die 2011-verkiesing nou saam met Ben van Wyk gewerk.

Ek dink nie ek en Van Wyk kan as BFFs beskou word nie, maar ek dink ook nie dié werklikheid hou enige van ons snags wakker nie.

Wat ek wel kan sê is dat Ben van Wyk my nog altyd as ‘n reguit man beïndruk het; hy het nie ‘n leuenagtige ingesteldheid nie. Hy is ‘n gerespekteerde sakeman met twee suksesvolle ondernemings; ‘n onaanvegbare militêre reputasie van sowat 25 jaar; en hy geniet verdiende aansien in die gemeenskap.

Dat Van Wyk lelik aan die neus gely is oor die Constitutional Court Con is verseker.

En hoe Van Wyk, byvoorbeeld, saam met Wessie van der Westhuizen in ‘n koukus kan dien spreek waarskynlik boekdele vir Van Wyk se aanpasbaarheid… maar moet terselfdertyd sy morele rigtingwyser in ‘n horisontale tolvlug hou.

________________________________________________________
DREWAN BAIRD COMMUNICATIONSensaytional – 076 349 6316
Making sure they see it your way
________________________________________________________

Click here to receive updates | Advertise on O!O | Home

6 thoughts on “Die DA se “Fall Guy”

  1. Hier moet lyke wees nie ‘n lyk nie. Die Openbare Beskermer moet maar nou die aangeleentheid ondersoek. Ek versoek asb die munisipale bestuurder as die “accounting officer” om die aangeleentheid onder die Public Protector en die Valke se aandag te bring. Ek weet nie hoekom word daar gevoetjie voetjie oor hierdie aangeleentheid nie. Kan Mills nie die munisipale bestuurder en wie ook al adviseur om die die regte ding te doen nie? Of is hier ander issues waarvan ons nie weet nie wat hulle verhoed om die aangeleentheid verder te neem nie. Ek weet Fransman et al maak onderduimse deals met die DA op ander plekke, maar wanneer gaan hierdie land nou ooit regkom as ons so aangaan? Hiers skelms aan albei kante!

  2. Onder die omstandighede kan ‘n mens tot geen ander gevolgtrekking kom as dat die plan van ‘n veel hoer vlak in die DA kom as uit die plaaslike Oudtshoorn geledere.

    As ;n mens bietjie terug gaan in die verlede tot die begin van die ding is dit duidelik dat die besluit om die geding aanhangig te maak nie so seer ‘n persoonlike besluit van Nel was nie of ‘n besluit van die DA in Oudtshoorn nie, maar vanaf die hoogste vlak van die DA gekom het.

    As bewys daarvan staan die skriftelike onderneming van die Federale Voorsitter van die party, James Selfe, dat die DA verantwoordelikheid aanvaar vir die regskoste, soos ‘n paal bo water.

    Laevlak Kabouters neem doodeenvoudig nie sulke besluite op eie houtjie nie, nog minder sou iemand soos Nel homself persoonlik blootstel aan sulke geweldige regskoste net om ‘n punt te maak nie. Dit maak nie sin nie. Waar is die benefit vir hom?

    Die besluit om die geding te bring en tot die bitter einde te dryf is duidelik op hoer vlak geneem en het duidelik op die hoogste vlak ondersteuning gehad. Die motivering; vir die DA om politieke punte teen die ANC aanteteken.

    Die saak is verloor en nou moet die gelag betaal word. Regsgesproke is Nel verantwoordelik, maar hy is gedek deur die DA/James Selfe se skriftelike onderneming om pa te staan vir al die kostes – sonder perke.

    Nel het nie hierdie plan self uigedink en tot uitvoering gebring nie. Ek glo ook nie James Selfe het dit op eie houtjie gedoen nie. Logika dui daarop dat die plan op Provinsiale vlak uitgebroei is, en as dit so is, kan dit net die breinkind van Theuns Botha wees en heel moontlik met die ondersteuning van HZ en haar kabinet.

    Saak nie maak hoe dit gebeur het nie. Dinge het verkeerd geloop en daar is ‘n hofbevel en die kostes moet betaal word.

    Dit is ‘n geweldige bedrag geld en nou moet daar plan gemaak word..

    Die plan, openlik onder direksie van Theuns Botha, is om die bewind in Oudtshoorn oor te neem en dan vir die nuwe DA raad om stil-stil eenvoudig nie die koste bevel uit te voer nie. Geen haan sal daarna kraai nie.

    Maar op 31 Mei duik die eerste ondeurdagte deel van die plan skouspelagtig in die hek. Dit word duidelik dat hierdie nuwe DA raad geen langtermyn vooruitsig op oorlewing het nie.

    Nou moet daar vinnig gedink en gespeel word. Nog ‘n ondeurdagte skuif word nou uit paniek gebore en moet haastig in aksie gestel word.

    Die sprokie dat daar ‘n nuwe DA raad in beheer is, moet nou vinnig vrugte afwerp. Die DA sprokieraad moet noodgedwonge nou ‘n “besluit” neem om die langtermyn plan ryp te druk en dadelik tot uitvoering te bring.

    Die sprokieraad word beveel om te “besluit” dat almal hul eie kostes sal dra. Maw die Oudtshoorn belastingbetalers sal die gelag betaal en nie die DA nie.

    Iemand moet die papierwerk teken, en die takie val natuurlik op die skouers van die sprokie burgermeester, Van Wyk. Hy teken want hy MOET teken.

    Die Oudtshoorn belastingbetalers is die verloorders en die DA (en Theunsie), wie se probleempie opgelos is, is die wenners.

    Die daad is gedoen en nou is dit asemophou om te sien wat gebeur. En daar lek dit uit en die hele wankelende kaartehuisie stort in duie.

    ‘n Lyk, ‘n Lyk. dink die pa van die planne. Ons moet ‘n lyk(e) kry.

    Elementere my liewe Leser, elementeer! Voor die handligend, van Wyk. Daar is sy handtekening lewensgroot op die document! Skiet hom!

    En nog een vir die wis en die onwis. Nel! Die mense is dom en hulle sal glo hy’t dit gedoen om homself te bevoordeel. Dit trek sommer die aandag van die DA af ook. Skiet hom!

    Al wat nodig is, is om te verseker dat die ander 9 kabouters van die sprokiesraad te oortuig om hul maatjies te verloon. Maklik.

    Al die ander Kaboutertjies skree, “Issie ekkie, issie ekkie.” En vlug vinnig tusswen die klippe en die karroobossies in.

    Die Sprokieraad is dood. Lank lewe die Sprokieraad.

  3. Wanner gaan die lyke van Bredell en Theunsie opgelewer word ?
    Hoe langer hul op DA ‘life support ‘ bly hoe meer kos dit die DA aan’t reputasie wat uiteindelik ook n Zille lyk mog oplewer ?

  4. Hi Fred, to answer your question in one word: SCAPEGOAT.

    The DA has no intention of paying the municipality back the legal costs. They will gladly steal the money from the residents of Oudtshoorn.

  5. Help me! I don’t understand this.

    What did Nel and van Wyk stand to benefit from this manoeuvre?

    If I understood correctly, the DA used Nel to bring the legal action and gave him a written undertaking, signed by the DA’s Federal Chairperson, James Selfe to the effect that the party will pay all the legal costs. If that is so, and I firmly believe it is, why would Nel be suspended?

    Besides, all indications are that the manoeuvre must have been part of Theuns Botha’s overall scheme at the time when he was on the ground in Oudtshoorn personally directing things. Whose brainchild was it? Not Nel. Not van Wyk.

    The disciplinary when the proverbial worms have their backs against the wall will be interesting.

Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out / Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out / Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out / Change )

Google+ photo

You are commenting using your Google+ account. Log Out / Change )

Connecting to %s