Pierre Nel en munisipaliteit “skik”!

Nou wil jy meer!? Sommer so!

Decision makers turn to O!O first for what’s really happening in Eden
… You’re reading, aren’t you!?
Advertise on O!O – click here for details

Click to follow @DrewanBaird on twitter

Drewan Baird. Oudtshoorn. 27 Junie 2013. 12h30. Die Hoorn berig vandag dat die Groter Oudtshoorn Munisipaliteit en DA-raadslid Pierre Nel geskik het en dat die partye elk hulle eie regskoste sal betaal…

Wááááááát!?

Sê wié!?

Noël Pietersen het vanoggend níks van só ‘n skikking geweet nie.

Burgemeester Gordon April het vanoggend níks van só ‘n skikking geweet nie.

Waarnemende Munisipale Bestuurder Ron Lottering het vanoggend níks van só ‘n skikking geweet nie.

Direkteur Korporatiewe Dienste Francois Human het vanoggend níks van só ‘n skikking geweet nie.

Die Raad se regsverteenwoordiger, Hardy Mills, het vanoggend níks van só ‘n skikking geweet nie.

Nel se prokureur het die raad se voormalige regsverteenwoordiger, Duncan Korabie, glo van die skikking in kennis gestel… maar Korabie het níks van só ‘n skikking van sy voormalige kliënt verneem nie.

Wat gaan hier aan!?

Kom O!O vertel julle wat hier aangaan:

Die DA is nog nie ‘n maand NIE aan bewind nie en die DA kos jóú, die belastingbetaler, reeds sowat R4m in regskoste wat aan die Raad toegeken is toe Nel die appèlsaak verlóór het.

“Burgemeester” Ben van Wyk en sy burgemeesterskomitee het jou, belastingbetaler, blykbaar reeds daar dóér sien aankom!

“Burgemeester” Ben van Wyk!?

Dit smaak O!O die Dee-Aa Ghawirmint ien loukil ekshaail het sommer so ‘n besluit geneem om Pierre Nel en die DA se kesjflou so ‘n bietjie te stu.

O!O het mos reeds berig dat dié ongemaklike bedraggie een van die grootste redes is waarom die DA so naarstigtelik probeer “oorneem”.

En was O!O reg?

Maar natúúrlik!

Soos gewóónlik.

Korabie het ‘n klompie weke gelede instruksies gekry dat Nel die saak na die Konstitusionele Hof neem.

Maar helaas.

Was dié puniceous Clupea harangus (red herring) maar net ‘n potgatvervalde ompaadjie om so ‘n week of twee drie te koop vir die “DA-oorname”?

Hoe dit ook al sy, hiér is ‘n paar moeilike vrae wat antwoorde soek.

Wáár sal ons amtwoorde vandaan kom?

Nee kyk, nou’t ek als gehoor.

Nel en die munisipaliteit het geskik.

En die tandemuis het vanoggend op die rug van ‘n eenhoring in Baron van Reedestraat geland waar Rooikappie en Sneeuwitjie die koue uit sy knatertjies gevryf het

________________________________________________________
DREWAN BAIRD COMMUNICATIONSensaytional – 076 349 6316
Making sure they see it your way
________________________________________________________

Click here to receive updates | Advertise on O!O | Home

Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out / Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out / Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out / Change )

Google+ photo

You are commenting using your Google+ account. Log Out / Change )

Connecting to %s