April: “Ek is die burgemeester; ek is in beheer”

Gordon April wys spiere terwyl ‘n vyandige DA en ‘n skeptiese media toekyk

Decision makers turn to O!O first for what’s really happening in Eden
… You’re reading, aren’t you!?
Advertise on O!O – click here for details

Click to follow @DrewanBaird on twitter

Drewan Baird. Oudtshoorn. 26 June 2013. 04h30. Burgemeester Gordon April het Dinsdagmiddag slegs ‘n kort toespraak gemaak voordat hy onttrek het aan die mediakonferensie oor die gebeure van 31 Mei, toe die DA aanspraak gemaak het dat die party die raad oorgeneem het; en die huidige regsgedinge oor hierdie en ander kwelpunte.

Die waarnemende munisipale bestuurder en ‘n paar van sy direkteurs en adviseurs het daarna vrae van die media beantwoord.

Hier is die burgemeester se toespraak, verbatim:

Dames en Here van die media

Op 31 Mei het raadslede van die DA en hul Nasionale Leiers die publiek in die media en op
Nasionale televisie mislei, deur voor te gee dat die DA beide die Raad en die Administrasie van Oudtshoorn oorgeneem het.

Ek stel vandag die feite reg. My administrasie het bewyse dat die Wes- Kaapse DA Minister van Plaaslike Regering, Anton Bredell, sy raadslede geadviseer het oor hoe hulle die Raad moes oorneem. Ongelukkig was sy regsadvies onvoldoende en is sy onetiese optrede verder deur swak advies belemmer.

Ek kan vanmiddag lustig die spot dryf met die 11 DA, die Cope, en die 5 ANC drosters wat op 31 Mei soveel eier oor hulle eie gesigte gebreek het dat Oudtshoorn se mense vir jare verniet sal kan brekfis.

Maar dit is nie snaaks nie.

Dis ‘n ernstige saak.

Ek is Gordon April.

Ek is die Uitvoerende Burgemeester van die Groter Oudtshoorn.

Tot ek bedank, of iemand die moed bymekaarskraap om ‘n wettige Mosie van Wantroue saam te flans om my te probeer verwyder.

Ek sê vandag: Kry einde met julle nonsens, DA raadslede – álmal van julle agbare raadslede – en werk om dienste te lewer aan die mense wat julle veronderstel is om te verteenwoordig en te dien.

Ek dien Oudtshoorn.

Ek dien nie die ANC nie; ek dien Oudtshoorn.

Ek dien nie die Provinsiale DA Regering nie; ek dien Oudtshoorn.

Ek dien nie die Nasionale ANC Regering nie; ek dien Oudtshoorn.

In die uitvoering van my pligte moet ek gereeld kosbare tyd en energie spandeer aan sake wat my oog van die bal afhaal.

Ek het genoeg gehad. Hierdie nonsens eindig vandag.

Oudtshoorn is te ‘n belangrike dorp vir sulke konstante ontwrigting en verdeling.

Die raad se regsadviseur sal later oor al die hofsake praat.

Tydens die vorige DA Regering op Oudtshoorn tot Augusts 2010, het Oudtshoorn lelik agteruit geboer.

R24miljoen se resewes is geblaas.

R14miljoen is op konsultante spandeer terwyl daar steeds foute met die begrotings was en oudit menings weerhou is “disclaimers”.

Dit was die verlede.

Dit is soos die bestuur van Oudtshoorn onder MY leierskap daar uitsien:

Oudtshoorn het ‘n ongekwalifiseerde oudit ontvang.

Dit maak hierdie munisipaliteit nie onaantasbaar en perfek nie – ‘n ongekwalifiseerde oudit sê nie alles is perfek nie. ‘n Ongekwalifiseerde oudit sê die meganismes is in plek om uitmuntend te kan raak. En ons is op pad soontoe.

Oudtshoorn se finansiële posisie is gesond. Die balansstaat is solvent en die likwiditeit is positief.

Oudtshoorn voldoen aan die vereistes van die MFMA en liasseer die vereiste verslae soos deur die wet bepaal – en op tyd.

Dis geen wonder nie dat die DA se Provinsiale Minister van Plaaslike Regering, Anton Bredell, my verlede Woensdag gesê het dat hy geen nodigheid sien om op Oudtshoorn in te gryp nie.

Dis geen wonder nie dat die ANC se Nasionale Minister van Plaaslike Regering (COGTA), Richard Baloyi, my verlede Woensdag gesê het dat hy geen nodigheid sien om op Oudtshoorn in te gryp nie.

En die mededelings is gedoen op ‘n dringende vergadering van die nasionale en provinsiale ministers wat die “nuwe DA-regering van Oudtshoorn” (WAAR IS HULLE!?) nie eens bygewoon het nie.

Wat ‘n belediging vir wetgewende gesag! Absoluut in lyn met hulle minagting vir die wette en die ordereëls wat plaaslike bestuur en raadsvergaderings reguleer!

Waar was hulle verlede Woensdag?

Waar is hulle nou?

Hulle sê hulle was die vorige aand by die opening van die Sportfees.

Hulle sê die Sportfees was die belangrike saak van die dag.

Hulle het ‘n foto van hulle koukusvoorsitter wat ‘n tjek ontvang.

Want ek was elders besig om Oudtshoorn te bestuur.

So, mense van die media, raadslede kan mekaar nou of pimpel en pers slaan en met Den Haagse regspleging dreig, of ons kan vir mekaar sê ons gaan ons kiesers ‘n slag eerste stel en ons politieke base later pamperlang en ons gaan DOEN wat ons almal weet gedoen MOETword.

In hierdie saak is julle almal, raadslede en media, of VIR my, of TEEN my.

En DIE slag is dit nie vir of teen Gordon April nie; dis vir of teen OUDTSHOORN.

Ek het gister ‘n klag teen mnr Nic Barrow gelê by die Wes-Kaapse Wetsgenootskap. Dit gaan oor intimidasie en vloermoer litigasie. Die besonderhede is op die CD wat by die afloop van hierdie konferensie uitgedeel sal word.

EK bestuur hierdie dorp.

Hou my dop.

Ek het 9 mediaverklarings uitgereik sedert 3 Junie: dis 9 in sowat 15 werksdae. Meer as 1 elke 2 dae. Ek het my sê gesê.

As u meer wil weet kan u die inligting op die CD gebruik. Daar is ‘n hele paar honderd bladsye om voor saktyd te lees.

Die raad se eksterne regsadviseur, mnr Hardy Mills, sal nou die regsdoolhof aan u verduidelik en vrae beantwoord in sover dit wetlik moontlik is om te reageer.

U moet my egter verskoon; ek het besoekers van die Nasionale Regering en ek het ‘n dorp om te bestuur.

Ek hoop ek sien julle almal by die Klein Karoo Klassique en by die KKNK – Oudtshoorn se trots!

________________________________________________________
DREWAN BAIRD COMMUNICATIONSensaytional – 076 349 6316
Making sure they see it your way
________________________________________________________

Click here to receive updates | Advertise on O!O | Home

5 thoughts on “April: “Ek is die burgemeester; ek is in beheer”

  1. Bra (drewan)…jy doen Oudtshoorn n groot onreg aan deur April se toesprake namens hom te skryf.

    Die misleidend – dit laat hom slim lyk. Klim nou uit April se kooi uit asb?

  2. Mense, mense!!!

    Dit is die kuns van kommunikasie. Jy kan die grootste doos in die wereld wees, maar as jy goed en effektief komunikeer, dan is jy koning. April het dit duidelik agtergekom. Nou lyk hy goed en die ander ouens lyk soos dose. Dit is iets wat die DA nog moet leer. Hulle antwoord is of om stilstuipe te kry of om ‘n vloermoer te gooi. Kak move, ala Theunsie wat dan konstant lyk soos die doos. (Skies miesies, maar party goed kan ‘n mens net straight sê.)

    Hierdie hele ding is die mooiste illustrasie van hoe jy effektiewe en goed deurdagde kommunikasie in jou guns kan laat werk. “From zero to hero in two press releases.”

    Terwyl Theunsie nog steeds maan, “Do not reply!”

    Welgedaan Drewan. Jy verkoop bokdrolle vir tjoklits!!!

  3. @ Webster – Dink jy werklik eerlik hulle is op die regte pad? Die feit dat iemand sê hy is hier vir dienslewering beteken nie noodwendig dat hy dit besoel nie. Vanwaar ek sit is elke ou – ANC en DA besig om sy eie gat te cover – want vir elkeen is daar baie meer as ‘n goeie gewete op die spel.

  4. @Oom Sonnyboy. Wie gee om,en wat maak dit saak? Dis blerrie goed en long overdue!!! Uiteindelik is die ouens nou op die regte pad! Tien uit tien aan hulle!!

Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out / Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out / Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out / Change )

Google+ photo

You are commenting using your Google+ account. Log Out / Change )

Connecting to %s