Bredell staan gereed om in te gryp

Kragman minister wil Oudtshoorn van ‘magshonger ANC’ red

Decision makers turn to O!O first for what’s really happening in Eden
… You’re reading, aren’t you!?
Advertise on O!O – click here for details

Click to follow @DrewanBaird on twitter

Drewan Baird. Oudtshoorn. 17 June 2013. 09h05. Die redakteur van Die Burger Suid-Kaap, Eugene Gunning, berig dat die DA/Cope-koalisie in die Oudtshoornse stadsraad Anton Bredell, Wes-Kaapse minister van plaaslike regering, môre, Dinsdag, gaan vra om in te gryp in die skaakmat-situasie met die dorp se begroting.

Die dorp se 2013-’14-begroting en geïntegreerde ontwikkelingsplan (GOP) is Vrydag verwerp nadat die DA en Cope daarteen gestem het.
Chris MacPherson, woordvoerder van die DA-Cope-koalisie, het gister aan Die Burger gesê hulle het daarteen gestem omdat daar nie aan sekere wetlike vereistes voldoen is nie. Daar is byvoorbeeld ’n fiktiewe personeel-organogram.
’n Begroting moet teen die einde van die maand opgestel wees. MacPherson het gesê as dit nie betyds opgestel word nie, kan die munisipaliteit nie geld bestee nie. “Dit is ’n skaakmat-situasie.”
Ons is bekommerd dat die munisipaliteit op die oomblik nie sy skuldeisers kan betaal nie. Dit sal beteken dat dienslewering basies tot stilstand kan kom.”

’n Versoek vir ’n spesiale raadsvergadering waarop mosies van wantroue in die burgemeester, die onderburgemeester en die speaker oorweeg kan word, is reeds aan die speaker gerig.

“Ons gee hom tot môremiddag (vanmiddag) om 16:00 om te reageer. As die speaker nie reageer nie, gaan ons die munisipale bestuurder Dinsdagoggend nader om so ’n vergadering te reël.”

Hy sal dan ook 24 uur kry om dit te doen.

As hy ook nie die vergadering reël nie, sal die DA/Cope Bredell vra om ’n voorsittende beampte aan te wys sodat ’n vergadering gehou kan word.

Bredell het gister by navraag gesê die Wes-Kaapse provinsiale regering sal optree as ’n begroting nie betyds opgestel is nie.

“As ’n begroting nie teen 1 Julie opgestel is nie, sal ek en Alan Winde (Wes-Kaapse minister van finansies) na die aangeleentheid kyk. Die nodige uitbetalings sal gedoen word.”

Hy het benadruk dat die dorp se administrasie nie tot stilstand sal kom nie.

Volgens Bredell is die ANC magshonger. “Dit is ’n politieke spel in die ANC met verskillende faksies.”

Luidens ’n verklaring van Gordon April, die burgemeester, het die munisipale administrasie aangedui hy gaan sy pogings verdubbel om die begroting en die GOP so gou moontlik goedgekeur te laat kry.

________________________________________________________
DREWAN BAIRD COMMUNICATIONSensaytional – 076 349 6316
Making sure they see it your way
________________________________________________________

Click here to receive updates | Advertise on O!O | Home

Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out / Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out / Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out / Change )

Google+ photo

You are commenting using your Google+ account. Log Out / Change )

Connecting to %s