DA se nuwe aanwins se sjebien geskraap

Een van die DA se “skoon regeringsagente” duik bietjie in die hek – ‘n óu hek…

Decision makers turn to O!O first for what’s really happening in Eden
… You’re reading, aren’t you!?
Advertise on O!O – click here for details

Click to follow @DrewanBaird on twitter

Drewan Baird. Oudtshoorn. 16 Junie 2013. 16h35. Daar is Saterdagaand toegeslaan op die sjebien van Hendrik Botha, een van die Vrotsige Vyf – Botha, Hendrik Ruiters, Pieter Luiters, Jeremy Goliath, en Jurie Harmse wat op 31 Mei van die ANC weggestap het en “by die DA aangesluit het” omdat hulle oor tyd oortuig geraak het dat die beginsels van die DA eenvoudig net hoër is.

Ek het só by die DA se hoof van regeringsake en voorbok van die Vrotsige Vyf se oorlopery, Theuns Botha, aangeklop vir kommentaar:

Noujatóé!

Hoe’t jy nou weer gesê, daai fytvoel dag in die Pearl op Oudtshoorn toe die Vrotsige Vyf van die ANC na die DA “oorgeloop” het – “waar daar ‘n Botha is…” het jy gesê.

Wel jou naamgenoot en nuwe DA-lid, Hendrik, se drankplekkie is gisteraand geskraap, mnr minister van gesondheid en hoof van regeringsake.

Dié slag is die pilieste toe nie saam nie, en was alles toe nie versteek soos laas, toe die pilieste vooraf gesê is nie.

Hoe’t die advertensie in die Herrie Donderdag gesê: “Kom red Oudtshoorn met dié vyf”.

Godsk.

Mooi man!

Jac Bekker, Jaco Londt, Wessie van der Westhuizen en Julia le Roux-Krowitz het afskrifte gekry.

Ek het ook ‘n sms aan Chris MacPherson, Van der Westhuizen, en Krowitz gestuur:

Enige kommentaar op die klopjag op Hendrik Botha se sjebien gisternag? Is hy steeds een van die wat Odn moet red?

Ek het nog geen reaksie gekry nie.

Helse surpraais.

Botha, toe die ANC se hoofsweep en burgemeesterskomitee-lid vir finansies, is op 10 Junie 2012 in hegtenis geneem op ‘n klag van poging tot moord nadat hy sy seun ernstig aangerand het.

Hy is eers op 15 Junie borg toegestaan nadat sy vrou en seun hul klagtes onttrek het.

Op 22 Julie 2012 het die polisie by die huis van Botha en sy vrou, Baadjiesstraat 997, toegeslaan waar daar na bewering sonder ‘n lisensie handel gedryf is in drank.

En gisteraand toe nou wéér.

Botha het 8 vorige veroordelings, almal vir aanranding:

8 Feb 1993; 5 Spt 1995; 14 Nov 1995; 13 Spt 1996; 5 Mrt 1997; 10 Mrt 2003; 6 Feb 2005; 20 Apr 2010.

Helen Zille het in haar styt of the prôwins toespraak vanjaar erg te velde getrek teen drank en dwelms en gesinsgeweld en geweld teen vroue… En nou is Botha ‘n voorbok vir “skoon, regrukregering” op Oudtshoorn!?

Saam met Wéssie van der Wésthuizen!?

Alle kabouters en feëtjies en ál die B’omarr-monnike van Jabba se paleis!

Op 13 Junie – die afgelope Donderdag – het die DA ‘n publieke vergadering gehou in die Alpha Teater, in Springbokweg, Bridgton, onder die vaandel “Kom red Oudtshoorn saam met die vyf” (dis nou die Vrotsige Vyf, waarvan Botha een is).

Botha, en Jurie “Balla” Harmse, wat na die Oktober 2010-tussenverkiesings die “Boere” wou begrawe, werk nou onder leiding van onder andere Wessie van der Westhuizen om “Oudtshoorn te red”.

Alle gode en Cujo, daai wetterse hond, en Christene, daai helse kar, en al die wookiees van Kashyyyk!

________________________________________________________
DREWAN BAIRD COMMUNICATIONSensaytional – 076 349 6316
Making sure they see it your way
________________________________________________________

Click here to receive updates | Advertise on O!O | Home

3 thoughts on “DA se nuwe aanwins se sjebien geskraap

  1. Mense van Oudshoorn
    Die tyd het aangebreek om teen alle Politieke Mafia base en meelopers op te staan !
    Jul toekoms is ernstig in gedrang

    Her Bredell al bedank of het Zille besluit om hom self te verjaag ?

  2. Drewan. Iemand wat net soos jy skryf het jou. Blog gekaap. Is jy bewus daarvan?

  3. En daar pronk hulle saam met die DA leiers ten volle in blou op die nuus en al wat ‘n koerant is. Wat gaan aan met die DA??? Wat ‘n terleurstelling vir ons almal wat geglo het hulle is die antwoord vir ons dorpe. Die ANC kon seker nie hulle geluk glo om van daai 5 suurstofdiewe ontslae te raak sonder uitgerekte en moeisame dissiplinere verhore nie. Ek hoop die tyd vir ONAFHANKLIKE kandidate het nou aangebreek om ons dorpe te bestuur!!!

Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out / Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out / Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out / Change )

Google+ photo

You are commenting using your Google+ account. Log Out / Change )

Connecting to %s