“Ek kan nie glo wat ek hoor nie!”

Wat Gordon April nie toegelaat is om te sê nie…

Decision makers turn to O!O first for what’s really happening in Eden
… You’re reading, aren’t you!?
Advertise on O!O – click here for details

Click to follow @DrewanBaird on twitter

Drewan Baird. Oudtshoorn. 15 June 2013. 11h05. “Ek kan nie glo wat ek hoor nie!”

Dít was die woorde van burgemeester April gister, net voordat die speaker hom, tereg, gemaan het om by die punt – begroting en GOP – te bly.

En dít was wat April sóú gesê het as hy kon…

Die DEE AA, die Demokratiese Alliansie, wys vinger na mý en na die dorpsregering se begroting!

Die DA-koukusvoorsitter, Wessie van der Westhuizen, het tot vandag toe nog nie uitvoering gegee aan die KPMG-verslag wat al uitstaande is sedert die huidige Eden-raad gekonstitueer is nie.

En die DA wil mý beskuldig van bestuursprobleme?

Die DA-koukusvoorsitter, Wessie van der Westhuizen, het volgens forensiese kundiges bedrog gepleeg – die eksperts verdink hom nie van bedrog nie; die eksperts verklaar dat hy bedrog gepleeg hét.

Die DA-koukusvoorsitter, Wessie van der Westhuizen, het volgens forensiese kundiges dokumente vervals – die eksperts verdink hom nie van vervalsing nie; die eksperts verklaar dat hy dokumente vervals hét.

Die DA-koukusvoorsitter, Wessie van der Westhuizen, het volgens forensiese kundiges vals dokumente versprei – die eksperts verdink hom nie van verspreiding nie; die eksperts verklaar dat hy vals dokumente versprei hét.

En dan blyk die DA-burgemeester van Eden glo te sê dat sy eie party-genote teen hom saamspan.

En die ANC word van onderlinge binnegevegte beskuldig?

Deur die DA!?

Assebliéf tog!

Die DA-koukusvoorsitter, Wessie van der Westhuizen, se NetStar-data dui aan dat sy ampsmotor teen skokwekkende snelhede op Eden se paaie ry.

Daai dure Volksie is al breek gery op sleg paaie om bedenklike Oos-Europese besoekers te beïndruk, maar daar word na mý vinger gewys?

Miskien moes Wessie maar vir hom ook n SUV gekry het vir sy distrik se sleg paaie.

Maar die DA wil mý aanvat en mý administrasie se begroting kritiseer?

Maar ek kan dit vat.

Ek gaan Oudtshoorn se probleme aanspreek terwyl die DA in selfregverdiging verstik.

Julle daar oorkant kan maar géén vinger na niémand oor níks wys nie.

En dié voorbereiding is gedoen voordat Van der Westhuizen op 4 Junie vir vroulief Suleima help lêers verwyder het uit die George munisipale kantore.

Wessie het juis gister stywe ruggie teenoor my gemaak na die raadsvergadering.

Hy het agter my aangeroep op die trappe en ek het hom gesê ek moet oor 10 minute in George wees en kan ek saam met hom ry.

Hy het eers geantwoord dat hy nie George toe gaan nie, maar toe snap hy… en probeer weer daai ene dat NetStar se data onbetroubaar is.

Ek wonnir wat NetStar te sê sal hê oor burgemeesters wat sy spesialisdiens so in die openbaar afsê.

En hoekom, munisipale bestuurder Godfrey Louw en LBK Finansies Johann Koegelenberg, betaal julle ‘n trekkingkampînie derduisende as hulle nie eens ‘n kar se spoed en posisie kan bepaal nie!?

Hel dit laat my dink aan die grappie oor trefiekkops wat Heisenberg afgetrek het en hom vra of hy weet hoe vinnig hy gery het.

“Nee”, seg Heisenberg toe, “nee, ek weet nie hoe vinnig ek gery het nie, maar ek weet waar ek ís.”

Volgens Wessie weet NetStar nóg wáár hulle karre is, nóg wat hulle spoed is.

(Werner Heisenberg was die kwantum-fisikus wat die Unbestimmtheit (Uncertainty) Principle beskryf het: ‘n Mens kan die pad van ‘n elektron ken, en waar die elektron op ‘n gegewe tydstip ís, maar nie beide nie.)

Om Wessie van der Westhuizen die voorbok te maak in die Dee-Aa se halfgebakte kampanje om Oudtshoorn “skoon te maak” is skreeusnaaks en die opperste manifestasie van die mees verregaande dubbelstandaard.

Dis eintlik so f… undamenteel stoepit dat ‘n mens daarvan wil opgooi.

Ek verneem dat verskeie DA Eden- én Oudtshoorn-raadslede bitter gatvol is vir Wessie, maar eenvoudig maar moet maak soos Theuns sê.

Mooi, man!

Theuns.

Tja.

Theuns wou Wessie al jaag ‘n week of twee, drie voor die 18 Mei 2011-verkiesing. Dit was nog yors troelie wat Wessie se gat gered het destyds.

En so van frustrasie gepraat. Ek hoor dat Jeremy Goliath, 20% van die Vrotsige Vyf (Botha, Harmse, Goliath, Luiters en Ruiters) Vrydag vertel het hoe gewalg hy was om “daai blou ding” oor dy kop te getrek het; hoe hy nie by die Dee-Aa kan inpas nie.

Dit maak nou nie saak nie – politikuste maak dat dit áltyd en hééltyd spitstyd is op die pad na Damaskus.

Chris MacPherson, byvoorbeeld, was al NP, NNP, DA, ANC, Cope, DA… Watch this space.

Maar vir die DA om “Oudtshoorn skoon te maak” met Wessie, Botha, Harmse, Goliath, Luiters en Ruiters is mos nou belaglik, man. Assebliéf tog!

Hoekom maak die DA soos die DA tans maak?

Ek vertel Máándag… Dit gaan oor so R4m.

Interresánte ene, dié, sê ek jou!

________________________________________________________
DREWAN BAIRD COMMUNICATIONSensaytional – 076 349 6316
Making sure they see it your way
________________________________________________________

Click here to receive updates | Advertise on O!O | Home

7 thoughts on ““Ek kan nie glo wat ek hoor nie!”

  1. Arme Getruida v Niekerk
    Kan blykbaar nie so lekker verstaan wat sy lees nie !
    Tannie, sit jy ? Drewan het gese, dis moontlik wat April sou gese het indien die raad hom die gelentheid gegee het.Nou is OO n omgeswaaide April ‘fan’
    Waar val jy uit Tannie ?
    Gaan brei liewer jou trui klaar en gaan gee jou tuin watertjies, hierdie forum is definitief nie vir mense soos Tannie nie, u het hopelik ander talente !

  2. Liewe Gertruida doen ons asb ‘n guns en vra vir die DA om asb ‘n media verklaring of 2 uit te reik maar hle mut asb vir Drewan ok gee want koop Liewer lugtyd v my phone as die son wa ek van Helen se toilet pot hoor.Ek dink as hle dit dun sal dan het j nie nodig om die ghalte n ware joernalistiek van Drewan te probeer kritiseer nie.

  3. Gertruida dit is nogal goeie argumente wat jy maak. Maar jy moet in gedagte hou dat die DA GEENSINDS sy vrae beantwoord of enigsinds met hom korrespondeer nie. Die ander ouens het intussen hul beleid verander en gee amper daagliks verklarings uit aan die media (insluitende O!O). Nou wat anders kan die man dan nou skryf as die DA nie met hom praat nie?

  4. En o ja, O.O, wees eerlik, het u die woorde geskryf wat mnr April wou se toe die speaker hom stilgemaak het?

  5. Jislaaik, O.O, ek kan ook nie glo wat ek hier lees nie. Wees nou eerlik, mnr Baird, het u eertydse woordryke minagting van mnr April nou in ‘n grenslose bewondering van en ondersteuning vir mnr April omgeswaai, of is dit omdat jy nou saam met hom by die trog staan en eet? Jy hoef nie skaam te wees nie. Kom uit met die ware waarheid. Ons is almal lief vir geld. Ander is net meer lief vir geld en bereid om ‘n groter deel van hul siel, dit is nou te se as hulle ‘n siel het, vir geld te verkoop. Hahahahahahahahahahahahahaha!!! Hoe lekker lag ek nou!

  6. Oudtshoorn sal bje beter af wees as:

    Wessie terug gaan Eden fm toe,ons mis BMW mar os almal wil vergeet j was i raadsheer.

    Botha fokus op sy sokker span, hle het bje beter gspeel 2 hy gesmokel het.

    Jurie eerder op die kerk fokus ek dink dan sal baie meer van os mnse meskien gred wrd.

    Peter eerder by die skoen fabriek gan werk, hule het n toesighouer nodig eat amal gan beter poste belowe.

    Jeremy eerder ini koor gan sing hy sal beter inpas as sanger as raadslid.

    Stokkies, geen kommentaar……

    De Jager eerder op haar boerdery fokus, voor voel griep daar uitbreek.

    Chris eerder uit politiek gan ons het nie tyd vir politieke prostitute wat by elke party i bed soek nie.

Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out / Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out / Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out / Change )

Google+ photo

You are commenting using your Google+ account. Log Out / Change )

Connecting to %s