Special Council Meeting at 2

Here we go again…

Decision makers turn to O!O first for what’s really happening in Eden
… You’re reading, aren’t you!?
Advertise on O!O – click here for details

Click to follow @DrewanBaird on twitter

Drewan Baird. Oudtshoorn. 14 June 2013.

15h23. Die Speaker vra dat Van der Westhuizen sy vroeëre vraag oor die vergadering van die 19de herhaal.

Die Speaker sê die DA sal skriftelik ingelig word.

15h19. April stel voor dat die GOP aanvaar word.

Julia le Roux (DA) sê. Daar is foute in die GOP om dit reg te maak.

‘n Konsultant is glo aangestel om die GOP reg te stel. Dit is nou nog swakker.

Raadslede het met Masonda ontmoet en insette gelewer. Dit is nie bygewerk nie.

Grafieke is mooi, maar dis nie nodig om te herhaal nie – dit kon slegs een maal gepubliseer word.

Die huidige GOP is nie ‘n dokument wat Oudtshoorn verteenwoordig nie.

Sy stel voor die dokument word nie aanvaar nie.

April sê dit sal taalkundig versorg word na goedkeuring.

Le Roux (DA) stel voor die GOP word nie aanvaar nie. Gesekondeer.

Donson (ANC) stel voor die GOP word aanvaar. Gesekondeer deur April.

Le Roux se voorstel word aanvaar: 12-8.

15h00. Pierre Nel (DA) stel voor dat die raad die begroting verwerp. De Jager (DA) sekondeer.

April (ANC) stel voor die begroting word aanvaar. Donson (Icosa) sekondeer.

Nel se voorstel word aanvaar: 12-8.

15h06. Van der Westhuizen sê hy voel hy is in ‘n kerk oor al die mooi woorde wat hy hoor. Die “regerende” party (!) het die dorp in die grond in bestuur en die begroting verkrag.

Hy val Hardy Mills aan wat in die gallery sit en wat betaal word.

Wessie, Wessie, Wessie…

Die DA / Cope Alliansie sal nóóit weer die raad in die hande van die ANC sit nie.

Lea Stalmeester (ANC) sê ons wil die dorp help, maar niemand wil hande vat nie.

Sy verwys na Nelson Mandela wat baie siek is en vra dat ons in sy naam optreë.

Johan Fourie (DA) en Ben van Wyk (DA) en April (ANC) kry nog spreekkans.

Fourie sê DA-kundigheid is geweier vir meer as 2 jaar.

Van Wyk sê die ANC is magsbehep en manipuleer sosiale programme fyn.

April sê oor Van der Westhuizen hy kan nie glo wat hy hoor nie…

Wéssie praat oor swak bestuur?

Hy verwys na Anton Bredell…

Van der Westhuizen het ‘n punt van orde oor die “Foolish Five” se “betaling”… Moenie “Drewan Bird (sic)” navolg nie.

Ai tog Wessie…

Nondi Gunguluza praat. Die begroting is vir die gemeenskap.

“Let’s unite for the budget.”

14h30. Roland Butler, finansiële bestuurskonsultant, word aan die woord gestel.

Several misleading statements were made by councillors.

The unqualified audit report indicates that there is a credible and compliant asset register, and therefore MacPherson’s statement is false.

MacPherson is warm oor dié ding. Hy sê as daar ‘n bateregister is, het die raad dit nog nie gesien nie.

Butler sê daar moet rédes wees om ‘n begroting af te wys.

Daar is geen regulasie om ‘n bateregister voor te lê nie.

O!O sal Butler se notas later volledig publiseer.

14h27. Vlancio Donson (Icosa) sê die ANC gee nie geld aan politieke partye nie.

Laat die DA sy meerderheid gebruik om die veranderinge wat die party wil hê deur te druk.

Waar is die DA se begroting, wil Donson weet.

Inderdaad, sê O!O. Inderdaad.

Hoekom laat die DA nie sy begroting goedkeur nie? Die DA het die meerderheid…

14h20. April sê die DA het aan twee werkswinkels deelgeneem en kla nou eers dat hierdie die slegste begroting ooit is. Hy vra dat Roland Butler die begroting verduidelik.

Charlie Wagenaar (ANC) sê die DA probeer nou aan die publiek voorgee dat die begroting onaanvaarbaar is sonder dat hulle die amptenary geraadpleeg het en veranderinge laat aanbring het.

In die werkswinkels was daar eenstemmigheid dat probleme met die begroting aangespreek kan word. Die gemeenskap moet nou eerste gestel word.

Hy pleit dat die begroting aanvaar word met voorgestelde veranderinge.

14h13. Chris MacPherson (DA) lewer repliek. Die ANC wil hê die raad moet ‘n begroting goedkeur wat nie voldoen aan standaarde nie.

Waar is die organogram, jaarverslae, bateregister, ouditverslae om begroting te onderlê?

Geld word onder voorwendsel van sosiale programme gebruik om Icosa en die NPP te onderhou.

Die DA verwerp die begroting ten einde die leierskap van die ANC-koalisie te verwerp.

Raadslid Pierre Nel vra dat daar gestem word oor die begroting. Die Speaker sit debat voort.

14h09. Die burgemeester begin sy begrotingstoespraak.

14h08. Wessie van der Westhuizen wil weet oor die Speaker se regsadvies mbt die vergadering van die 19de. Die Speaker sê hy sal na afloop van die sake van die dag daarop reageer.

14h03. The Speaker opens the meeting and welcomes everyone. Lea Stalmeester (ANC) opens with prayer.

14h00. Action. Activity, rather. The DA councillors troop in.

13h55. No sign of DA councillors…

13h45.Another Special Council Meeting is scheduled for 14h00 to approve the budget and the IDP.

________________________________________________________
DREWAN BAIRD COMMUNICATIONSensaytional – 076 349 6316
Making sure they see it your way
________________________________________________________

Click here to receive updates | Advertise on O!O | Home

3 thoughts on “Special Council Meeting at 2

  1. This is sick…when will the people of Oudtshoorn get the services they deserve with all this clowning…i recall the most amazing relationship between Lulama Mvimbi and Oom Doep Du Plessis…things they didn’t agree on was discussed over a piece of fried fish….sponsored by Oom Doep…this is an ideal worth working towards….come on honorable Mayor Wessie and April show the people a level of maturity….

  2. Wessie Renosterkop het nooit ‘n probleem gehad toe Patel in die gallery gesit het nie in ndie dae toe Patel nog die een faksie van die ANC se regsteenwoordiger was nie. Hy wat die Renoster is het glad nie gewonder of Patel betaal betaal word om in die gallery te sit nie. Ja joong ek weet waarvan ek praat, ek het dit nerens gehoor nie, ek weet dit. Daarna hardloop Patel Kannaland toe en eis ‘n dagfooi daar. Ja jong ek weet ek sit met die bewyse!

  3. Politieke speletjies al die pad terwyl Jan Publiek vir die grap gehou word

    Ek hoop almal se oe is wa-wyd oop en dat kiesers die tussenverkiesings totaal en al sal boikot en terselfdertyd protesteer en hul misnoe uitspreek. Verjaag die hele spul

    As daar n ONAFHANKLIKE staan, ‘need i say anything more, provided there is a recall clause, putting their money where their mouth is (nie soos daardie spul trogvretende TRAWANTE wat huidiglik die raadsaal besoedel nie !!)

Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out / Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out / Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out / Change )

Google+ photo

You are commenting using your Google+ account. Log Out / Change )

Connecting to %s