‘n Helse verleentheid vir die DA

Soos die “oorname” verbrokkel raak die DA al stiller

Decision makers turn to O!O first for what’s really happening in Eden
… You’re reading, aren’t you!?
Advertise on O!O – click here for details

Click to follow @DrewanBaird on twitter

Drewan Baird. Oudtshoorn. 8 June 2013. 10h30. As the DA’s coquettish council coup collapses, the town criers, like Theuns Botha, grow quieter and quieter.

The kingpin, Wessie van der Westhuizen; and the DA whip, Raymond Wildschut; and the Cope cabalist, “reverend” John Maxim on Friday visited one of the directors “suspended” by the DA on May 31 “to give assurances” that the administration would not be impeded.

Van der Westhuizen het so wragtag nie mense rongeruk en -gestamp soos hy Dinsdag in die George-munisipaliteit gemaak het toe mevrou van der Westhuizen al vloekende soos ‘n viswyf die gebou verlaat het nie.

Maar Theuns “die-blou-golf-is-op-pad-na-die-Uniegebou” Botha is tjoepstil!

Ek het Maandag aan Theuns se mediabestuurder, die voormalige By- en Rapport-redakteur Liza Albrecht, geskryf:

Staan die DA se Hoof van Regeringsake, Theuns Botha, se “Do not respond at all” nog, of mag die DA al op vrae reageer?

Niks.

Toe het ek vir Theuns geskryf, Dinsdag:

Ek het baie vrae.

Maar laat ons nou nie mekaar se tyd mors nie: gaan jy reageer of bly weghol!?

Laat weet!

Niks

He-he-he-he…

Maar ek weet van die “deal” wat die DA se regspan aan Hardy Mills probeer verkoop het en wat Mills met minagting verwerp het terwyl een van die DA-advokate op hom geskreeu en gevloek het: “Who the fuck do you think you are!?”

Dis ‘n ou DA-laai daai: Intimidasie.

Maar nóg ek, nog Hardy Mills is intimideerbaar.

Die DA is in ‘n verbysterende verleentheid.

Maar dis ‘n aanvaarbare politieke prys om te betaal vir drie! tussenverkiesings.

Die DA se gróótse probleem is natuurlik daardie albatros om die party se nek op Oudtshoorn: Wessie van der Westhuizen.

So bietjie later besonderhede van die eenbare* uitvoerende burgemeester van Eden se skandalige optrede in die George munisipaliteit – en hoe die eenbare uitvoerende burgemeester van Eden vir Die Burger ‘n sopstorie oor die gebeure verkoop het.

As jy wil weet wat régtig in Eden aangaan…

* Eenbaar… Wel, hy is nie “ágbaar” nie, is hy nou!?

________________________________________________________
DREWAN BAIRD COMMUNICATIONSensaytional – 076 349 6316
Making sure they see it your way
________________________________________________________

Click here to receive updates | Advertise on O!O | Home

6 thoughts on “‘n Helse verleentheid vir die DA

  1. Ag ons almal in die Suid-Kaap ken vir ou Les1 Herman jy weet wat ek bedoel.

  2. Les jy’s heeltemal te lank in die land om te geval het vir daardie enetjie of probeer jy dalk ook om dit te verkoop? Dit is nou duidelik dat die DA die hele proses om die raad oor te neem totaal opge**** het, dit nou ten spyte van maande se beplanning, voorbereiding en regsadvies. Nou probeer hulle die aandag hiervan aftrek en maak asof hulle so graag litigasie wou verhoed het omrede hulle so geweldig baie vir die belastingbetalers omgee. Doen jouself ‘n guns en lees die hofstukke, transkripsie van die vergadering en Mills se brief, dan praat ons weer. Terloops, wat was die “vredesaanbod” waarna jy verwys? As jy wil brownie punte score by die DA, weet dan ten minste eers waarvan jy praat voordat jy (net soos hulle die heeltyd) jou naam bollie maak. Jy’s veronderstel om slimmer as dit te wees.

  3. Les asseblieftog wat soek jy nou weer van die DA? Dit is ‘n prokureur se verpligting om sy/haar klient reg en behoorlik te adviseur. Hardy se familiebande het natuurlik niks met hierdie aangeleentheid te doen nie. Laat die reg sy loop neem en dan kan ons oordeel. Les is jou domicile nie in George nie of het jy alleenreg om oor die grense heen besigheid te doen?

  4. A nee a Les….as daar en mens op die aarde is wat weet die woord vrede bestaan glad nie in die woordeskat van die Duiwelse Alliansie nie is dit daai slimkind Hardy Mills…
    Die woord kondoom en DA is:-) beter pasmaats…
    Kyk maar nou net na EEN voorbeeld….Brummer….arme man het sy siel aan die duiwel verkoop…..toe skop hulle hom uit en blame n masjien vir die glipsie….en dit nogal n masjien wat absoluut niks gedoen het om te bewys hy is lojaal aan die alliansie nie.
    Dit was nie al nie….hulle stuur eposse aan almal en vertel aan elkeen wat wie hoor watter drivel Brummer is.. elke DA lid tussen Tsitsikamma en Kaapstad het geen probleem om vir jou in detail te vertel watter gemors Brummer is…dieselle Brummer wat 3 jaar gelede die messiah van elke blou stoffie was is nou die grootste duiwel….
    Dit was nie genoeg dat hulle hom uitskop nie, nee hulle moet hom toe bind en afspoel by n toilet en seker maak niemand raak aan hom met tang…. presies wat mense met die k doen….gebruik en spoel weg…..

  5. Ek salute Hardy en Drewan. Die DA dnk hulle kan koop en loop soos hulle wil.

  6. Hardy, ALMAL weet dat liefde in jou lewe n prokureur is
    Dat albei jou broers prokureure is
    Dat jou Vader n prokureure is.
    Dat jy n prokureur is.
    Dit, geagte Hardy gee jou nie die REG om met al hierdie REGS kennis, Outshoorn ‘ ransom ‘ te hou nie.
    Dis nie krieket nie.
    As die mense vrede wil maak, maak vrede.
    Beste Hardy, is jou domicile nie Plettenberg baai nie.

    Soos ( volgens Tolla ) Rooikappie vir wolf uitasem geskree het, nadat sy hom n stywe klap gegee het
    Jy wolf hard loop 3 huisie later net agter my aan.
    Eks nie eers in die storie nie

Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out / Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out / Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out / Change )

Google+ photo

You are commenting using your Google+ account. Log Out / Change )

Connecting to %s