Ag kom nou, DA!

Die Déé-Aá wil Oudtshoorn “regruk”!?

Decision makers turn to O!O first for what’s really happening in Eden
… You’re reading, aren’t you!?
Advertise on O!O – click here for details

Click to follow @DrewanBaird on twitter

Drewan Baird. Oudtshoorn. 5 June 2013. 09h00. Laat ek nou maar met die deur in die huis val.

Dis ‘n lang sin, lees sorgvuldig:

Nadat die oorweldigende ironie van die verstandsverbysterende arrogansie van die DA lêplek in ‘n mens se gemoed gekry het, tref die lagbuie soos al groter-wordende tsunami’s totdat ‘n mens leeggespoel van alle emosie die skokwekkende leuenagtigheid bedef van hierdie maagdelike politieke party waarvan die hymen elke halfuur op die kwartroepe herstel word…

Kom ons los nou maar die gepoetste onordelikheid van verlede Vrydag se politiekery en die heen-en-weerdery oor die arme verneukte vyf en die disinformasie oor die status van Stoffels v. Van Wyk et al en fokus op die DA se âkielieshiel: Wessie van der Westhuizen.

Die huidige hansaksaak wat waarskynlik meestal in die Son aandag sal kry staan O!O nou nie aan nie – ons sal hopelik almal ons ma’s en vroue beskerm.

Hóékom is Mevrou op verpligte verlof (wat de hel is ‘verpligte verlof’ in elk geval!?) geplaas?

Dís die vraag.

Nóg ‘n vraag: Hoekom werk Mevrou in ‘n munisipaliteit in die Eden distrik as Mevrou se man die uitvoerende burgemeester van die distriksmunisipalitiet is?

It’s a recipe for political disaster.

And THIS I don’t get: if one is boarded by one government department, how can one work in another!?

As ek maar slimmer en skerper was sou ek seer sekerlik ook kon verstaan.

Maar, my lankmoedige lesers, wat ek nou so wrágtag nie kán begryp nie is dat Oudtshoorn se DA Wessie van der Westhuizen voorhou as die voorvatter wat Oudtshoorn gaan “skoonmaak”!

Dat die DA gaan “skoonmaak” is natuurlik ‘n siek grap – die DA se rekord op Oudtshoorn spreek van jammerlike mislukking: klik hier en klik hier en klik hier en klik hier

Die DA-koukusvoorsitter, Wessie van der Westhuizen, het tot vandag toe nog nie uitvoering gegee aan die KPMG-verslag wat al uitstaande is sedert die huidige Eden-raad gekonstitueer is nie.

En die DA wil Oudtshoorn “regruk”!?

Die DA-koukusvoorsitter, Wessie van der Westhuizen, het volgens forensiese kundiges bedrog gepleeg – die eksperts verdink hom nie van bedrog nie; die eksperts verklaar dat hy bedrog gepleeg hét.

En die DA wil Oudtshoorn “regruk”!?

Die DA-koukusvoorsitter, Wessie van der Westhuizen, het volgens forensiese kundiges dokumente vervals – die eksperts verdink hom nie van vervalsing nie; die eksperts verklaar dat hy dokumente vervals hét.

En die DA wil Oudtshoorn “regruk”!?

Die DA-koukusvoorsitter, Wessie van der Westhuizen, het volgens forensiese kundiges vals dokumente versprei – die eksperts verdink hom nie van verspreiding nie; die eksperts verklaar dat hy vals dokumente versprei hét.

En die DA wil Oudtshoorn “regruk”!?

En dan blyk die DA-burgemeester van Eden glo te sê dat sy eie party-genote teen hom saamspan.

En die DA wil Oudtshoorn “regruk”… En die ANC van onderlinge binnegevegte beskuldig?

Die DA!? Assebliéf tog!

Die DA-koukusvoorsitter, Wessie van der Westhuizen, se NetStar-data dui aan dat sy ampsmotor teen skokwekkende snelhede op Eden se paaie ry.

En die DA wil Oudtshoorn “regruk”!?

Daai dure Volksie is al breek gery op sleg paaie om bedenklike Oos-Europese besoekers te beïndruk, maar die DA wil Oudtshoorn “regruk”!?

Die DA kan maar géén vinger na niémand oor níks wys nie.

O, en “onreëlmaige aanstellings”…

Nee kyk, nóú het ek so wragtag áls gehoor, dames en here van die Dee-Aa.

Alle gode en kabouters en die meeste hoofkarakters in alle feëverhale en een of twee pratende diere in die mitologie!

________________________________________________________
DREWAN BAIRD COMMUNICATIONSensaytional – 076 349 6316
Making sure they see it your way
________________________________________________________

Click here to receive updates | Advertise on O!O | Home

8 thoughts on “Ag kom nou, DA!

  1. IP, as Oudtshoorn onder administrasie geplaas word, wie regeer dan op Oudtshoorn. Die DA. Wat gaan dit help? Al daai manne en dames waaroor O!O al boekdele geskryf het. Dink jy werklik dat dit die oplossing is?

  2. Lets cut through the lies, posturing and general BS.

    It is not about better management of Oudtshoorn. It is not about better service delivery. None of the reasons proffered are a consideration.

    It is nothing but posturing and grand standing by the DA with an eye on the upcoming elections.

    The DA may have engineered 3 by-elections by shamelessly exploiting the stupidity of the Foolish Five.

    That gives them three chances to win the one extra seat they need. The chances of that happening are miniscule and they know it. Besides, they do not want to hold power in Oudtshoorn and have taken every opportunity to avoid this eventuality in the past.

  3. Plaas ODN onder administrasie, kla almal wat verdink word aan ( SIU en P/Protector, NPA, SAP betrokke) terwyl die wereld toekyk en die wat oorbly is die goeie ‘boys’ wat as onafhanklikes kan staan.

    Hul kan sommer dan n INDABA daar by jou Back packers hou Les en hoor watse oplossing en bydra jy wil maak. Hoe klink dit ? Ek hoor jou uit volle bors lag tot hier in Dysseldrop, maar eks ernstig !

    Penny for your thoughts . (Hoekom moet OO en Barrow altyd oplossings probeer bied, dis n publieke poging)

  4. nog ‘n oudtshoorniet wt noem j die Eden aanstellings van Hendrik Botha en Jeremy Goliath.

  5. Ek wil ook n eier lê, kom ons gee die DA n laaste kans, ( ek wens so Mnr Barrow kan Burgermeester word) maar nou ja, die DA het verbrou toe hul daar was, maar hopelik sal daar nie verdere kader aanstellings plaasvind onder hul beheer nie, hopelik sal dienslewering waarna almal en let wel almal smag, gegee word, hopelik sal Oudtshoorn weer kan uitstaan as die toeriste mekka van SA, hopelik sal ons op teerpaaie kan ry in ons dorp en nie gedeelte teer en gedeelte grond nie. Hopelik sal verhogings in gestel word dat die armes en dis nie om neurhalend te klink nie, ook kan by bly, en nie soos wat tans aan die gang is nie. So Drewan ek stem saam, kom ons gee hul n laaste kans, die ANC het hoeveel kanse gehad en as hul nie blink nuwe motors kan ry en sorg vir jobs vir familie lede nie, het hul na hul eie sakke verder gekyk. Daar is tans niemand anders wat die job kan doen nie, of nie kan doen nie laat ek eerder dalk se nie wil doen nie. As die waghond hom gaan beskikbaar stel dink ek nogal die kanse is baie goed dat hy ingestem sal word, maar todat dit gebeur moet iets gebeur, so asb kom ons gee die DA n verdere kans , hul sal wel nou weet as hul dit nog nie geweet het nie dat hul sal waaragtig moet vinger trek as hul nie uitmekaar getrek wil word nie, so ja kom ons kyk wat kan die DA nou vermag.

  6. Les, Les, Les… I stand for Oudtshoorn; I stand for Eden.

    I have no sympathies with any political parties – everybody who knows me knows that; only those who have soi disant agendas can possibly deny it.

    Some of the links in the above story date back to Jan 2011. And there are even earlier such stories!

  7. Wessie, Wessie, Wessie!!!!!!!! Ons sal binnekort face to face ontmoet ou maat en jy sal moet antwoorde gee!

  8. Drewan Drewan Drewan drewaaaaaaaaannnn. Laugh out loud
    Kan jy nie sien die mense wil positief probeer wees , waar als en ALMAL voor wil slaap, 13 op n single bed, seg aunt Joana. Mo
    Okay, okay ons gee op, maar net vir n wyle oomblik.
    WAT SOU JY NOU VOORSTEL, hê
    Hoe sou jy nou optree as jy die kaptein was.
    Want jy het nou die ANC af geskiet ook die DA , jy likes nie Icosa nie?
    Hoe nou…..

Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out / Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out / Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out / Change )

Google+ photo

You are commenting using your Google+ account. Log Out / Change )

Connecting to %s