“Daar is altyd ‘n lyk” – Theuns Botha

Dis verby vir die ANC 5

Decision makers turn to O!O first for what’s really happening in Eden
… You’re reading, aren’t you!?
Advertise on O!O – click here for details

Click to follow @DrewanBaird on twitter

Drewan Baird. Oudtshoorn. 3 June 2013. 11h30. Daar was ‘n tyd toe ek die DA beskou het as, wel, as “die antwoord”, alhoewel die rockers met dié naam baie beter antwoorde het.

‘n Week of wat gelede, toe ek Helen Zille aangespreek het oor die voortslepende burgemeesterskap van Memory Booysen in Bitou was haar finale verweer dat die DA die enigste skans tussen my (dis nou ons almal) en ‘n een-partystaat sou wees.

Maar die DA se willewragtagoptrede Vrydag is nou die finale strooi.

Ek het na Wessie van der Westhuizen se power bewoorde “dringende mosie” langs ‘n senior DA-raadslid van elders gaan sit en gevra hoekom die DA die ding nie rég doen nie.

Dit was, so het die raadslid gesê, reg gedoen.

Noujatoe, die Wes-Kaapse hooggeregshof sal vandag of môre beslis.

Die DA se leiers is nie dom nie. As hulle dom was, sou ‘n mens die geploeter kon begryp, maar die probleem vir ‘n ingeligte waarnemer is juis dat daar so geploeter word deur intelligente mense!

Vrydag se deurmekaarspul is te verstane as ‘n mens begryp dat die DA nie die raad wou oorneem nie, maar onverbiddelik wou verseker dat daar ten minste een tussenverkiesing op Oudtshoorn afgedwing word. Die DA het drie tussenverkiesings gekry.

Dat die ANC en die waarnemende munisipale bestuurder die OVK Vrydagmiddag reeds ingelig het dat die 5 drosters nie meer lede van die ANC is nie en dat daar 5 vakatures in die Oudtshoorn-raad is, maak raadsvergaderings tans ‘n dobbelspel. Hieroor later meer, want daar is interessante regsaspekte verbonde!

Maar dit is die optrede van Theuns Botha, die DA se hoof van regeringsake en die de facto partyleier in die Wes-Kaap, wat spesiale vermelding verg.

Skil hierdie skerp uitjie nes jy wil, maar vyf mense het na Vrydag nie werk nie en is nie juis werkgewersdrome nie: Jurie Harmse; Hendrik Botha; Pieter Luiters; Hendrik Ruiters; en Jeremy Goliath.

Harmse se wederhelf kyter, maar haar munisipale kytering divisie is nou tóé. Jurie die priester kan darem nog ‘n sikspens maak met ‘n preek hier en daar.

Botha se dinge maak ook geld. Maar daar is tans ‘n helse span inspekteurs op die dorp… en ek het gisteraand juis met die baas gesels.

Botha, Theuns, voel vere vir die vyf.

Op die mediakonferensie na die Verwoerdpleinverwoesting het Theuns hoog opgegee oor die vyf nuwe DA-lede se beginselvastheid en etiese besluitneming en die helse morele hoë grond van waar hulle op ons arme sterflinge neerkyk. En hoe die mense van Oudtshoorn hulle “groot blou harte” moet oopmaak omdat die dapper vyf nie werk het nie.

Maar toe jors troelie in Junie 2011, na die plaaslike regeringsverkiesings namens Theuns met Gordon April onderhandel het om te bedank en sy wyk vir die DA te help wen in ruil vir ‘n lekker soustreinjop in n ander owerheid, het Theuns geen probleem gehad om my aan te sê om April ‘n vals werksaanbod te maak nie.

Want, het Theuns gesê, Tony Leon het hom geleer daat elke politeiek geveg ‘n lyk oplewer.

Ek het geweier en op 24 Junie het Theuns só vir my geskryf:

Drewan

Geluk met wat julle reeds daar kon vermag – kanse lyk nie te sleg nie dat ons wel nog een of ander tyd kan oorneem – wys jou net hoeveel meer mens kan vermag met eendrag en betrokkenheid! Ek respekteer julle April besluit, dit is altyd beter om by die waarheid te hou en nie onnodig lyke te laat rondle nie.

Groete
Theuns
Sent from my iPad

(From: Theuns Botha
X-Apple-Yahoo-Replied-Msgid: 1_17627993_AG7iimIAAMAUTixiVAXU/UTaIhw
Subject: Re: Mediaverklaring: NPP
Date: Sun, 24 Jul 2011 21:02:39 +0200
To: “drewanbaird@gmail.com” )

Harmse, Henrik Botha, Goliath, Luiters en Ruiters is in die politieke woestyn.

You’ve been conned, dear sirs. Take it from someone who has been there; bought the T-shirt.

________________________________________________________
DREWAN BAIRD COMMUNICATIONSensaytional – 076 349 6316
Making sure they see it your way
________________________________________________________

Click here to receive updates | Advertise on O!O | Home

One thought on ““Daar is altyd ‘n lyk” – Theuns Botha

  1. Politiek en sy strikke is daar nog mense met integriteit daar buite. Laat mens wonder of die vyf nie afstammelinge van Esau is nie. 50% bruin en 50% ismaeliet.

Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out / Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out / Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out / Change )

Google+ photo

You are commenting using your Google+ account. Log Out / Change )

Connecting to %s