Jaap Kelder gee Oudtshoorn pak

NBU-voorsittter is “bedroef”

Kom wat wil tussen die oë feitelike beriggewing van wat
jy waarskynlik selfs nie eens besef jy behoort te wil weet nie

Jou advertensies is net so goed soos die mense wat dit sien – wat dit oor en oor sien! Jy wil besigheid doen met OO-lesers: Mense met geld en beheer oor korporatiewe begrotings. Klik hier

Klik hier om @OudtshoornO op twitter te volg

Drewan Baird. Oudtshoorn. 17 Mei 2013. 12h30. Die voorsitter van die Nasionale Belastingbetalersunie, Jaap Kelder, ‘n getroue O!O-leser en selfs soms verspreider, is erg ontsteld oor die onbetrokkenheid van die burgery op Oudtshoorn.

Na vanoggend se berig oor die munisipale bestuurder-kandidate, het Kelder só geskryf, met kopieë aan o.a. Nic Barrow, regsverteenwoordiger van Oudtshoorn Waghond (wat dit op sy webblad duidelik maak dat die organisasie géén assosiasie met Oudtshoorn Online – iets wat nie meer bestaan nie – het nie) en Lizanne Pelham:

Drewan, ek lees al jou kommentare en wetende dat julle seker met die mees swak bestuurde dorp in die land sit, sit julle almal, al jare lank, met gevoude handjies en toekyk hoe julle dorp tot niet gaan! Gee dit vir julle ‘n perverse gevoel van genot?  En nie omdat dit nie binne julle vermoë is om iets daaraan te doen nie! Dit is om van te huil.

Bedroefde groete,  Jaap Kelder

Vandag se berispening volg op dié van Maandag, toe Kelder vir Barrow geskryf het oor Barrow se briewe aan die Wes-Kaapse minister van plaaaslike regering, Anton Bredell:

Beste Nic,
 
Dit is alles goed en wel om die hof te nader maar wat presies wil jy moet die hof beveel?

Dat die kwessie ondersoek word en dat die Nasionale Raad van Provinsies skriftelik kennis moet kry vir “motivating the action”!

Nêrens in art 106 word daar gepraat van enige “action” nie! Nou het hulle die saak ondersoek en dan wat? NIKS!!!

Ons bly maar by ons standpunt dat julle Oudtshoorn’ers ‘n dispuut verklaar in terme van die KH Rademan uitspraak, julle geld weerhou en laat die munisipaliteit julle dan hof toe sleep! Dan kan HULLE saam met die politieke partye  in die hof gaan verduidelik hoekom die administrasie in so ‘n gemors is. Hoe langer julle wag hoe meer geld gaan julle in die bodemlose put stort wat julle NOOIT weer gaan sien nie.

Groete

Jaap Kelder

Harde woorde.

Verdien aandag.

Verdien aksie.

Klik hier omin te skryf – dis gratis | Adverteer op O!O | Tuis

3 thoughts on “Jaap Kelder gee Oudtshoorn pak

  1. Hoogtyd dat Nick, OO en die Pelhams en almal van die onderdorp en ALMAL op ODN nou saamstaan en die goeie raad van Jaap volg. Verklaar n dispuut met die Munisipaliteit, hou n ‘paper trail” en stort belastings in n Trust Fonds en doen verbeterings self en heelwat goedkoper en meer effektief. Stop daardie Gravy Train self en moenie meer n dag se energie op al daardie vrotsleg partye mors nie !

    Die man praat uit ervaring. Sluit die geldkraantjie nou anders is daardie geld vir ewig weg !!

    Het Bredell en Gordon April al hul tasse gepak ?

Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out / Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out / Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out / Change )

Google+ photo

You are commenting using your Google+ account. Log Out / Change )

Connecting to %s