DA kan George verloor

Bevin Fortuin-bedanking skep probleem

Kom wat wil tussen die oë feitelike beriggewing van wat
jy waarskynlik selfs nie eens besef jy behoort te wil weet nie

Jou advertensies is net so goed soos die mense wat dit sien – wat dit oor en oor sien! Jy wil besigheid doen met OO-lesers: Mense met geld en beheer oor korporatiewe begrotings. Klik hier

Klik hier om @OudtshoornO op twitter te volg

Oudtshoorn. 2 Mei 2013. 17h20. Die George Herald se formidabele politiek joernalis, Christo Vermaak, skryf dat die DA gevaar loop om beheer oor die George-raad te verloor na die bedanking vandeesweek van raadslid Bevin Fortuin:

Met Georgiete wat in hul duisende wéér na die stembusse in drie wyke moet optrek, moet die DA nou kaalvuis in die verkiesingsveldtog se bokskryt klim om in koalisie met die ACDP en Cope ‘n meerderheidsregering te behou, terwyl die George Onafhanklike-belastingbetalersforum hul lippe aflek om met een setel die septer te swaai.

Die DA is besig om hul wonde te lek na Bevin Fortuin (DA), wyk 1-Blanco se raads-lid bedank het om sedert gister (Woensdag 1 Mei) die Arende se hoofafrigter te wees.

Die omstredenheid rondom Cynthia Papah het ook tot ‘n einde gekom toe sy Vrydag die stryd opgesê het teen haar skorsing uit die DA en bedank het om by Icosa aan te sluit. Sy was wyk 14 -Pacaltsdorp se raadslid. Fortuin en Papah se DA-leemtes volg na die dood van Jacoba Muller, wyk 6 -Rosemoor se raadslid.

Die DA/Cope/ACDP-koalisie het sedert Mei 2011 gemaklik regeer met 27 koalisielede teenoor die ANC/Icosa/PBI-koalisie met 21 lede. Die GOBF sit en toekyk watter kant van die huis hulle moet ondersteun met hul een stem. Met Fortuin, Papah en Muller nie meer in die regerende koalisie nie, word George nou met ‘n 24 DA-koalisie teenoor 21 ANC-koalisie meerderheid en een GOBF setel regeer. As die DA-koalisie met die tussenverkiesings hul drie setels aan die ANC-koalisie afstaan, om hul ook 24 setels in die raad te gee, sal die GOBF se één stem die bepalende stem in die raad wees.

Oor hierdie moontlikheid het die GOBF-raadslid, ds. Les Hayward gesê: “Ek stem nie vir ‘n politieke party nie, maar vir besluite in belang van die gemeenskap.”

Intussen is die vier kandidate vir die eer-ste tussenverkiesing, wat in wyk 6 -Rosemoor sal plaasvind, bekend gemaak. Op Woensdag 22 Mei sal dié wyk se inwoners moet besluit of Hendrik Ingo (DA), Marco Maswati (Icosa), Marius Korsten (onafhanklik) of Betty Barendse (ANC), hul verteenwoordiger op die raad moet wees.

Wyke 1 en 14 se stemdatums is nog nie bekend nie. Marius de Swardt, DA-kiesafdelingshoof vir George het gesê die setels moet eers by die onafhanklike verkiesingskommissie vakant verklaar word, waarna ‘n datum bepaal sal word.

* With Georgians facing by-elections in three DA wards – 1, 6 and 14 – the DA will have to put up a feisty fight to hold on to its 27 coalition lead over the ANC’s 21 coalition. If the ANC coalition takes the three wards from the DA, the George Independant Ratepayers Association will have the last say in decision making with only one seat in council.

Klik hier omin te skryf – dis gratis | Adverteer op O!O | Tuis

Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out / Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out / Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out / Change )

Google+ photo

You are commenting using your Google+ account. Log Out / Change )

Connecting to %s