‘n Oplossing vir Oudtshoorn

Ietsie vir Anton

Kom wat wil tussen die oë feitelike beriggewing van wat
jy waarskynlik selfs nie eens besef jy behoort te wil weet nie

Jou advertensies is net so goed soos die mense wat dit sien – wat dit oor en oor sien! Jy wil besigheid doen met OO-lesers: Mense met geld en beheer oor korporatiewe begrotings. Klik hier

Klik hier om @OudtshoornO op twitter te volg

Oudtshoorn. 17 April 2013. 18h15. O!O publiseer vandag hierdie handige handleiding vir Anton Bredell – die ou wie se handtekening nagemaak word op amptelike briewe uit die kantoor van die Wes-Kaapse minister van plaaslike regering.

1. Synde jy reeds van verskeie klagtes van raadslede, sakelui, beroepslui, amptenare, boere, en inwoners bewus is, skryf ‘n brief aan Francois Human, die direkteur van korporatiewe dienste – want Oudtshoorn het nie ‘n munisipale bestuurder nie en die direkteur finansies is Dinsdag oorlede – en vra hom na die klagtes.

2. Indien Human jou nie binne 14 dae antwoord nie, of jou navraag onvoldoende beantwoord, stuur ‘n funksionaris van jou kantoor om te kom kyk wat op Oudtshoorn aangaan en laat dié gesant praat met die munisipale amptenare, die raadslede, die klaers en ander betrokkenes.

3. Luister na jou gesant se verslag en oefen oordeel uit oor die saak (ûplaai jôr maaind).

4. Gelas ‘n ondersoek in terme van a.106 van die Munisipale Stelselswet (jáá, dáái een!).

5. Ontvang die kommissie van ondersoek se verslag en… ûplaai jôr maaind: dínk oor die bevindinge!

6. Beveel by die provinsiale kabinet aan dat Oudtshoorn onder administrasie geplaas word. Die provinsiale kabinet is nie die drankrak in Ivan se kantoor nie, Anton; dis daai vergadering wat jy so een maal per maand of so in die raadsaal neffens Helen Zille (die leier van jou party, die DA) se kantoor bywoon. Die vergadering wat ous soos Theuns en Ivan en Alan en Donald en Robin ook bywoon. Jáá, dáái een!

7. Maak seker dat jy binne 14 dae nadat die kabinet jou aanbeveling goedgekeur het, die Minister van Samewerkende Regering; die Wes-Kaapse Parlement; en die Nasionale Raad van Provinsies inlig oor die ingrype, soos vereis word deur a.139(2)(a) van die Grondwet. (Vra een van die prokkies in jou kantoor oor die “Grondwet”. Dis ‘n moerse dokument. Baie woorde, so jy wil perdalkies dat een van daai slim ouens jou liefs vertél.)

8. Maak seker dat die nasionale minister die ingrype binne 28 dae van die aanvang goedkeur, soos vereis deur a.139(2)(b) van die Grondwet.

En siedáár, Anton: Administrasie!

Nou ek moet jou waarsku, Anton…

Hierdie saak gaan ‘n bietjie êfîrt kos.

Jy sien, Anton, die nasionale regering is nie gretig om ‘n ANC-raad, wat slegs regeer omdat hy ‘n veroordeelde kinderverkragter genoeg gunse doen om op die veroordeelde kinderverkragter se volhoubare steun te kan peiltrek, onder administrasie te plaas nie… verál nie ‘n ANC-raad in ‘n DA-provinsie nie!

Voorts het die DA (jou party, Anton) ‘n onaansienlike minderheid in die Nasionale Raad van Provinsies, wat deur die ANC (daai party teen wie Helen Zille, jóú party se leier) so baklei. Die NRP gaan ook nie gretig wees om ‘n ANC-raad in ‘n DA-provinsie onder administrasie te plaas nie.

So hóé maak mens?

Só maak mens!

Jy bedryf politiék! Politiek, ja! Pó-lí-tiék: Thuh mênietsmint auf thuh pôssûbil – die bestuur van wat moontlik is.

Dít werk só:

Jy wil iets hê, soos om Oudtshoorn onder administrasie te plaas (sien die 8 punte hierbo) en die ANC (die bêd ghaais) wil nié daai dêng hê nie.

Nou jy gaan op jou moer kry, want die bêd ghaais is meer as jóú ghûd ghaais. Daarom moet jy die bêd ghaais se guns wen. Jy moet politiek bedryf.

Dit help nie jy hol weg en gaan lê agter die een of ander proses nie, Anton, want dan gaan daar níks gebeur nie. Níks! Ek gee jou ‘n brief. Nee, toemaar nou, jy hoef nie binne 14 dae op dié brief te reageer nie. Dis sommer maar net… ag toemaar, los dit nou maar.

As jy die bêd ghaais se guns gewen het met jou idee om Oudtshoorn onder administrasie te plaas, gaan hulle jou ondersteun en jy gaan jou sin kry.

Dis nie maklik nie. Maar dis móóntlik!

Maar dis nie moontlik as jy nie próé-béér nie!

Alle gode en feëtjies en kabouters en die tandemuis en kersvader en die paashaas!

Dóén dit Anton!

Doen dit nóú!

Neem die inisiatief!

Hel, ek weet dis ‘n gróót woord en ek weet jy het nie ‘n koeking kloe wat dit beteken nie, maar néém dit net. Soos ‘n Disprin.

(Inisiatief is om iets ánders te probeer omdat die ou dinge nie werk nie, en om dié nuwe ding met energie aan te pak.)

As jy nié die inisiatief neem nie, Anton, gaan die ANC weer iemand soos Mpho Mogale dorp toe stuur! En dan is ons almal in ons mpho!

En as jy aanhou weier om jou jop te doen, gaan Die Waghond jou vroeg Mei voor die Rondgaande Hof sleep – en jy weet jy verloor hofsake op ‘n streep!

Klik hier omin te skryf – dis gratis | Adverteer op O!O | Tuis

One thought on “‘n Oplossing vir Oudtshoorn

  1. Wanneer gaan Anton tog bedank ?
    Verstaan hy dalk wat OO so mooi en ellendig eenvoudig vir hom probeer uitspel hoe om sy joppie te doen ?
    Ek glo nie !!

    Sien jou eersdaags voor die Rondgaand Hof Antonie !

    Hoe vinniger Helen van haar ‘mediocre men’ ontslae raak, hoe beter.
    “Mediocre men’ nogal n kompliment vir die lot, want ek sou eerder woorde wou kies wat heelwat verder suid van ; mediocre men” le !!

Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out / Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out / Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out / Change )

Google+ photo

You are commenting using your Google+ account. Log Out / Change )

Connecting to %s