Die ANC maak bredie onder mekaar

Dis oorlog op Verwardplein… en álmal is daar!

Kom wat wil tussen die oë feitelike beriggewing van wat
jy waarskynlik selfs nie eens besef jy behoort te wil weet nie

Jou advertensies is net so goed soos die mense wat dit sien – wat dit oor en oor sien! Jy wil besigheid doen met OO-lesers: Mense met geld en beheer oor korporatiewe begrotings. Klik hier

Klik hier om @OudtshoornO op twitter te volg

Oudtshoorn. 17 April 2013. 17h00. Die ANC se interne gevegte begin Oudtshoorn nou erg ondermyn.

Die onmin in en om Verwoerdplein en in en om die kantoor van oorlede Deon Lott het ‘n voos blou-geel kleur gekry toe oproeriges vanoggend geskreeu het dat onregmatige druk vir Deon Lott se dood verantwoordelik was.

Een van O!O se bronne na aan die opstandigers weet te vertel dat daar mense is wat beweer die burgemeester, Gordon April, het Lott onder enorme druk geplaas.

Dis ‘n verregaande skuimbek-aanklag, maar aan die ander kant is dit so dat Lott ‘n saggeaarde man was wat net sy werk wou gedoen het en erg getraumatiseer is deur politieke en administratiewe boewery. So erg was dit dat Lott al beskuldig was van swak bestuur, omdat hy so hard probeer het om almal om hom tevrede te hou.

Maandag was daar juis groot marakkas in Lott se kantoor. Die afgesette Fikile Blaauw, sekretaris van die ANC se substreek, en voorheen burko-assistant, het sy rug styf gemaak om wéér aangestel te word. Blaauw se kontrak is vroeër afgekoop omdat selfs die ANC-administrasie dié aanstelling glo nie langer kon regverdig nie.

Hier word dinge nou interessant.

O!O is sowat vyf weke gelede ingelig dat die ANC se provinsiale- en streeks-leierskap Oudtshoorn se burko sou verander.

Pieter Luiters, Hendrik Botha, en Hendrik Ruiters sou verwyder word en was bitter ontevrede oor die besluit.

Blaauw, die ANC-substreek se tesourier, ondersteun die drie in ruil vir hulle wederkerige ondersteuning om Blaauw weer aangestel te kry.

Hoe jy iemand aanstel wie se kontrak afgekoop is, weet slegs ‘n ANC-funksionaris met ‘n nagraadse kwalifikasie in onderduimsheid.

Vandaar die bakleiery in Lott se kantoor Maandag… Pieter Luiters het sy vinger onder Lott se neus rondgeswaai oor (glo onwettige) aanstellings wat Lott nie wou maak nie.

En dit is so dat Lott dieselfde dag in die hospitaal opgeneem is en dat ‘n beroerte by hom gediagnoseer is. Lott is Dinsdagoggend oorlede.

Die onderonsie het gelei tot ‘n insident Woensdag waar Blaauw sy heraanstelling geëis het en hardhandig deur die sekureitsamptenare verwyder is. Daar word gesê hy is teen die trappe afgegooi.

April het ‘n klag van aanranding teen Blaauw gelê. En waarskynlik omgekeerd.

Die ANC se hand is maar oral onder goeie administrasie se rokspante in.

Die jongste dreigende skandaal is Zebra se pad-rehabilitasiekontrak van sowat R6m oor 3 jaar.

O!O sal volgende week oor dié ding berig, maar vir die huidige solank dít: Pat Laws, ‘n tydelike amptenaar wat ‘n mate van gesag het omdat bepaalde raadslede en substreek-lede hom beskerm, het Zebra opdrag gegee om Moos Enterprises, wat deur die kassier van die ANC se substreek, Frank Moos, besit word, te subkontrakteer. Laws het voorgegee dat die raad besluit het Moos se maatskappy moet aangestel word.

Die raad het egter glo nié so ‘n besluit geneem nie – so ‘n besluit is nie iets waarmee die raad gemoeid is nie, vertel O!O se munisipale bronne.

Uiteindelik het Zebra vir Brainwaves aangestel. Zebra het die Brainwaves-kontrak aan O!O bevestig en gesê strate in Bridgton word reeds gerehabiliteer.

Moos is besig met regstappe teen die munisipaliteit en het reeds met ‘n interdik gedreig.

Klik hier omin te skryf – dis gratis | Adverteer op O!O | Tuis

3 thoughts on “Die ANC maak bredie onder mekaar

  1. Ja wat ek weet nou nie meer wat om te se nie! Dit is ‘n f.kken skande wat in Oudtshoorn gebeur en diegene (Provinsie en Nasionaal) smeer hulle gatte aan dit af terwyl die inwoners van Odn die spit moet afbyt. Hoe op aarde kan ‘n junior amptenaar aanstellings doen. Waar is Odn se bodkomitee? Waars Odn se interne ouditeure? Waars Odn se eksterne Oudit Komitee? Waars Ondn se inwoners? Waars Bredell? Waars Baloy? Waars die Openbare Beskermer? Waars die Hawks? Nou het Odn die enigste eerlike en opregte senior amptenaar verloor agv onregmatige druk deur daai klomp slegte goed! Ek hoop Mnr Lott se familie verjaag hulle by sy begrafnis!

  2. Daars n klomp amptenare wat beskerm word. Laws, Coetzee, Sylvester. Maar gelukkig draai die wiel. Blauw beteken niks en sal net NOG n aanstelling wees wat rondsit en geld kry. Groot geld! Persoonlik dink ek dat die ANC politici in Oudtshoorn, Deon na sy graf toe gestuur het. Die 3 genoemdes kan maar van die burko en sommer van die Raad verwyder word. Hulle is in elk geval, nikswerd.

  3. Brainwaves…. now there’s a familiar name. A name that rings alarm bells and sirens if it’s the same company I think it is. I suggest O!O determines who exactly the directors of that company are.

Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out / Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out / Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out / Change )

Google+ photo

You are commenting using your Google+ account. Log Out / Change )

Connecting to %s