Deon Lott sterf na beroerte

Skielike dood skok familie, vriende en kollegas

Decision makers turn to O!O first for what’s really happening in Eden
… You’re reading, aren’t you!?
Advertise on O!O – click here for details

Click to follow @DrewanBaird on twitter

Drewan Baird. Oudtshoorn. 16 April 2013. 08h15. Deon Lott het gisteroggend van borspyn gekla en is in ‘n plaaslike hospitaal opgeneem.

‘n “Ligte beroerte” is gediagnoseer en hy is na ‘n hospitaal in George oorgeplaas waar hy vroeg vanoggend oorlede is.

Lott is in Februarie 2011 aangestel as Oudtshoorn se hoof finansiële beampte en het ten tyde van sy dood waargeneem as munisipale bestuurder.

Lott was voorheen die HFB van Bitou.

Hy het in 1983 die graad B.Comm. aan die Universiteit van die Wes-Kaap verwerf en onmiddelik in plaaslike regering begin werk – as senior klerk vir Kaapstad se destydse stadsekretaris.

Sy loopbaan het deur die Klein Karoo Distriksraad; Beaufort-Wes; Sentraal Karoo distriksmunisipaliteit; en Eden Distriksmunisipaliteit geloop voordat hy in 2009 by Bitou aangestel is.

Lott het voortdurend sy kwalifikasies verbeter en was besig om die kursus vir minimum vereiste vaardighede vir amptenare te voltooi.

By sy aanstelling op Oudtshoorn is bevind dat hy ‘n deeglike kennis van munisipale rekeningkunde gehad het en goed gevaar het in vrae waarmee ander kandidate gewoonlik sukkel. Sy kennis van die MFMA en die verskaffingsregulasies het uitgestaan.

Lott was een van die kandidate wat die beste ooit gevaar het in Mubesko Africa se toetse vir munisipale finansiële bestuurders.

Die regsverteenwoordiger van die Oudtshoorn burgerlike organisasie, Die Waghond, het die munisipale bestuurder van Bitou op 22 Februarie 14 dae gegun om stappe teen, o.a., Lott “in te stel” oor “verskeie vergrype en bedrog / korrupsie” waarvoor Die Waghond bewyse het.

________________________________________________________
DREWAN BAIRD COMMUNICATIONSensaytional – 076 349 6316
Making sure they see it your way
________________________________________________________

Click here to receive updates | Advertise on O!O | Home

6 thoughts on “Deon Lott sterf na beroerte

  1. Ek sal hom altyd onthou vir sy vrygewigheid met sy kennis, die geduld waarmee hy oor en oor aan my die basiese begrippe van die MFMA verduidelik het en sy menslikheid…..sekerlik en van die mees beskeie persons want ek ken. Hy is my seun se gunsteling…Mag God die familie seen met genoeg van allles wat hulle nodig het in hierdie moeilike tyd. RIP my friend.

  2. Deon Lott – altyd statig, behulpsaam en vriendelik. Sy kundigheid gaan gemis word. Innige simpatie vir sy familie. RIP

  3. Innige simpatie aan sy familie. Dit was n goeie mens en lekker om mee saam te werk. Rus in Vrede.

  4. Deon Daantjie Lott was vir etlike jare my Hoof Finansiele Beampte by Eden Distrikmunisipalitiet. Sy werk was onbesproke en sy professionaliteit nooit onder verdenking nie. Hy was ‘n ware heer en het te alle tye sy werkgewer se belange eerste gestel. Dit was altyd aangenaam om met hom te werk. Innige simpatie aan sy voormalige eggenote en sy kinders.
    MC Botha

  5. Im shocked and saddened at the news that a comrade and friend is no more. Deon Lott passed away in the early ours of this morning. To the Lott family in Beaufort West, we pray that the love of God enfolds you during your difficult times and that He helps you heal with the passage of time. Hamba Kahle Qabane!

  6. RIP. Deon Daantjie Lott. A NICE man. My heart felt condolences to the family.

Leave a comment