Ian Kenned geskraap in Cederberg

Hy’t O!O al wou dagvaar vir R1m; hy’t Oudtshoorn se belastingbetalers báie geld gekos…

Kom wat wil tussen die oë feitelike beriggewing van wat
jy waarskynlik selfs nie eens besef jy behoort te wil weet nie

Jou advertensies is net so goed soos die mense wat dit sien – wat dit oor en oor sien! Jy wil besigheid doen met OO-lesers: Mense met geld en beheer oor korporatiewe begrotings. Klik hier

Klik hier om @OudtshoornO op twitter te volg

Oudtshoorn. 12 April 2013. 14h20. Ian Kenned, wat Dooms Pietersen per geleentheid hier op Oudtshoorn bygestaan het, teen hélse koste!, met klagstate en verhore, se doppie het uiteindelik geklap – in Cederburg, na ‘n klagte van AfriForum.

Kenned het O!O ‘n jaar of twee, drie gelede met ‘n R1m-eis gedreig.

(OO reported that a count of fraud was investigated against Kenned in Stellenbosch; Kenned threatened with a R500,000 civil suit; it turned out that two counts of fraud were being investigated against Kenned in Stellenbosch; OO apologised for only calling one!)

AfriForum het vanoggend die volgende verklaring uitgereik:

Die spesiale handelsmisdaad-ondersoekeenheid van die polisie, die Valke, het vanoggend op Clanwilliam en Citrusdal op die munisipale kantore van die Cederberg Munisipaliteit toegeslaan.  Dit volg nadat Colin Erasmus, as ondervoorsitter van AfriForum se Cederberg-tak ʼn klag van finansiële wanbestuur en verkwisting van openbare fondse teen die burgemeester, Jonas White, en die munisipale bestuurder, Ian Kenned, gelê het. 
 
Luidens berigte het die Valke beslag gelê op rekenaars en selfone van amptenare en raadslede. Die operasie volg nadat nasionale en takbestuurslede van AfriForum vir minister Plato, die Wes-Kaapse LUR vir veiligheid, generaal Meiring, die nasionale hoof van die Valke en brigadier Oliver, die provinsiale hoof van die Valke, by onderskeie geleenthede besoek het om die erns van die beweerde oortredings onder hulle aandag te bring. 
 
AfriForum het sonder sukses gepoog om met mnr. White en mnr. Kenned gesprekke te voer oor verskeie munisipale aangeleenthede wat moontlike bedrog, korrupsie en swak dienslewering insluit.  AfriForum het dit Augustus 2012 in ʼn mediaverklaring duidelik gemaak dat die organisasie geen ander keuse het as om klagtes teen die betrokke persone te lê nie.  AfriForum het oor maande inligting oor beweerde ongerymdhede versamel en dit aan die Valke oorhandig.
 
“Ons is beïndruk met die wyse waarop die ondersoek vorder, nadat brigadier Oliver self die ondersoek oorgeneem het. AfriForum is ook besig om aandag te gee aan ander munisipaliteite waar soortgelyke ongerymdhede plaasvind, en ons vertrou dat daar binnekort soortgelyke optrede sal plaasvind,” het Pieter Rautenbach, hoof van plaaslikeregeringsake by AfriForum gesê. 
 
Louis Röntgen, voorsitter van AfriForum se Cederberg-tak doen ʼn beroep op gemeenskappe om genadeloos op te tree teen die wangebruik of diefstal van belastinggeld. “Ons tak se ondervoorsitter, Colin Erasmus, verdien spesiale vermelding vir sy deursettingsvermoë, volgehoue druk en geloof in die regstelsel en sy oproep op die publiek om nie die reg in hul eie hande te neem nie. Ons kan ʼn soveel sterker organisasie wees en soveel meer bereik as meer lede van die publiek by ons aansluit en betrokke raak om onbevoegdheid en korrupsie uit te roei,” het Röntgen gesê.

‘n Interessante terloopsheid is dat ‘n polisie-dossier van ‘n klagte wat die einste Kenned voorheen teen Oudtshoorn se huidige direkteur gemeenskapsdienste, Ron Lottering, gelê het, tydens ‘n klopjag op 19 Maart 2012 in Lottering se huis in die Strand gevind is.

O!O het daai jammerlike Wes-Kaapse minister van plaaslike regering, Anton Bredell, gewáársku toe Kenned verlede jaar op Cederberg aangestel is, maar Bredell het, getrou aan sy reputasie, fo… volledig níks gedoen nie.

Ek het die plaaslike AfriForum-voorsitter, George Kersop, vroeër gelukgewens met die burgerlike organisasie se sukses op Cederberg:

Uitstekend, George!!

Nogals jammer die provinsiale DA-regering het nie iemand wat hierdie energie kan monster nie!

Daar is glo ‘n snaar wat met plaaslike regering getaak is, ene Briedil, of Brodel, of so iets, maar sy voetspoortjie is maar effentjies.

Great stuff, meneer!

O!O sal nou nie tyd mors om die DA se storie oor dié saak te probeer bekom nie, die arme donirs praat mos nie met O!O nie.

Klik hier omin te skryf – dis gratis | Adverteer op O!O | Tuis

2 thoughts on “Ian Kenned geskraap in Cederberg

  1. Uit eindelik word daar iets aan die snelle agteruitgang van ons munisipaliteit gedoen. Ek weet nie of dit gestuit kan word nie, maar ten minste word n poging aangewend. Puik werk Afriform. Hoekom moet die paar mense in ons streek en land wat die belasting betaal altyd die spit afbyt? Die stelers en korruptes, veral in die politiek, betaal glad nie, maar hul het al die sê oor ons swaar verdiende geld. Dit is tyd dat slegs belasting-betalers in die land stemreg kry.

  2. Puik-te-alle-pragtig-my-magtig OO en Afriforum !

    Ons hoop hierdie Valke en Olivier vlieg die land vol om alle korrupsie wat die lamsakkige DA nie -wil -of -kan oplos nie, vas te vat.

    Slegs, en indien slegs BEIDE n paar DA en ANC ‘functionaries’ se turf gaan sit, gaan ‘sleep-voet-Bredelletjie’ bykom, die ‘slap=gewrig-afgekapte-hannetjie-mannetjie’ wattie sy wek kan of wil doennie !!!!

    Hannes brand al seker om self te loop, genoeg is GENOEG !!

Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out / Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out / Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out / Change )

Google+ photo

You are commenting using your Google+ account. Log Out / Change )

Connecting to %s