Voëlgriep: Geen paniek, sê KKI

KKI se langtermyn-visie bevestig

Kom wat wil tussen die oë feitelike beriggewing van wat
jy waarskynlik selfs nie eens besef jy behoort te wil weet nie

Jou advertensies is net so goed soos die mense wat dit sien – wat dit oor en oor sien! Jy wil besigheid doen met OO-lesers: Mense met geld en beheer oor korporatiewe begrotings. Klik hier

Klik hier om @OudtshoornO op twitter te volg

Drewan Baird. Oudtshoorn. 11 April 2013. 06h20. Die hoof uitvoerende beampte van Klein Karoo Internasionaal, Johan Stumpf, het gister gereageer op die ontdekking van die H7N1-virus op ‘n volstruisplaas buite Oudtshoorn:

KKI neem kennis dat die H7N1-variëteit van Avian Influenza (AI) op ‘n volstruisplaas met ‘n streng bio-sekuriteitsprotokol geïdentifiseer is.

Die vinnige professionele en wetenskaplik akurate optrede van die Nasionale Departement van Landbou, Bosbou en Seevisserye het die virus hoogs waarskynlik tot ‘n bepaalde plaas beperk en beteken dat die ontdekking die bedryf nie, soos in 2011, in onsekerheid dompel nie.

Die uitslae wat bepaal of die variëteit ‘n hoë of ‘n lae patogeenlading het word verwag en sal onmiddelike verdere stappe rig.

Die teenwoordigheid van AI is ‘n bestuursgegewe en geen paniek volg op die huidige ontdekking nie omdat KKI se visie dat hitte-behandelde volstruisvleis die toekoms van die bedryf verteenwoordig reeds deur positiewe resultate bevestig is en vleis steeds uitgevoer kan word ondanks die teenwoordigheid van AI.

Klein Karoo International se vleisverwerkingsfasiliteite se presiese nakoming van standaarde soos voorgeskryf deur regerings- en onafhanklike plaaslike en internasionale ouditeure maak voedselveiligheid en -integriteit onaantasbaar en verseker verbruikersvertroue.

Klik hier omin te skryf – dis gratis | Adverteer op O!O | Tuis

Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out / Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out / Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out / Change )

Google+ photo

You are commenting using your Google+ account. Log Out / Change )

Connecting to %s