Virus verongeluk volstruisveiling

Nóg ‘n virus; wéér en andermaal!

Kom wat wil tussen die oë feitelike beriggewing van wat
jy waarskynlik selfs nie eens besef jy behoort te wil weet nie

Jou advertensies is net so goed soos die mense wat dit sien – wat dit oor en oor sien! Jy wil besigheid doen met OO-lesers: Mense met geld en beheer oor korporatiewe begrotings. Klik hier

Klik hier om @OudtshoornO op twitter te volg

Oudtshoorn. 10 April 2013. 06h50. Die volstruisbedryf, wat oor die afgelope sowat 18 maande deur die strategiese en taktiese uitmuntendheid van Klein Karoo Internasionaal herleef het, het ‘n nuwe terugslag beleef toe die H7N1-virus op ‘n groot plaas digby die Oudtshoorn Navorsingsplaas ontdek is.

Die volstruisveiling wat vandag op die navorsingsplaas gehou sou word is afgelas tot verdere kennisgewing.

Boere met wie O!O gister gepraat het, was veral besorg oor ‘n uitbraak so na aan die volstruis-abbatoir.

Die abbatoir val buite die 3km-sone, maar sou beslis binne die maksimum 10km-sone geval het, indien die owerheid die konserwatiewe roete gevolg het.

Die abbatoir was al gesluit – oor Newcastle-siekte onder hoenders; oor Kongokoors – waaraan ook mense op Oudtshoorn dood is; oor voëlgriep.

Die gewone voorsorgmaatreëls is in plek gestel en die Wes-Kaapse minister van landbou, Gerrit van Rensburg, het sy gewone waarskuwing om die beweging van volstruise te beperk uitgereik.

Die volsruisbedryf het homself sedert die H5N2-virus, presies twee jaar gelede in April 2011, gered ondanks regeringslaksheid en -onbetrokkenheid.

Ag, laat ons die kind nou maar by die naam noem: die owerheid het nie slegs feitlik niks gedoen om die bedryf by te staan nie; die owerheid se afsydigheid het op téénkanting gedui! Moontlik selfs op ondermyning!

Die drakoniese vereiste om uit te slag waar die voëlgriepvirus toeslaan gaan die volstruisbedryf op sy knieë hou en tot gevolg hê dat al hoe meer boere die bedryf verlaat.

Na die April 2011 uitbraak is meer 50,000 volstruise vernietig. R70m is aan boere uitbetaal.

Kyk, verkoue is verkoue en met die draai van seisoene word baie mense – en volstruise – siek!

Dis nou nie dat die voëlgriepvirus ‘n nuwe onding is nie! Dit was nog altyd daar en dit sal daar bly – dit gaan nie uitgewis word nie.

Moderne wetenskaplike metodes maak dit makliker om die virus te identifiseer – ons wéét nou dis daar; voorheen was ons nie altyd so seker nie.

Daarom is ‘n owerheidstrategie nodig om die bedryf in stand te hou terwyl siekte ‘n realiteit bly!

Dit is nodig dat die regering ten minste níks doen (om die bedryf te benadeel) nie – en nie die bedryf se ondergang met ontoepaslike maatreëls aanmoedig nie.

Verskeie vrae oor die owerheidsaanslag hang soos ‘n donker wolk oor Oudtshoorn se enkel grootste ekonomiese pilaar:

Word die volstruisbedryf as ‘n bedreiging vir ander inisiatiewe, soos die hoenderbedryf, beskou?

Hoekom word volstruise so getoets vir ‘n naarheid? Wat van ánder slaggoed!?

Is die Europese Unie besig om sy eie produkte te probeer bevoordeel deur Oudtshoorn se volstruisprodukte “in alle redelikheid” uit die mark te haal?

Is die regering ontevrede oor die relatief stadige swart bemagtiging in die bedryf?

Laasgenoemde is ‘n siek grap, as dit ‘n faktor sou wees:

Die bedryf is onaantreklik, as gevolg van owerheidsoptrede, vir selfs gesoute boere; hoe kan nuwe boere getrek word!?

Dit is lank reeds so duidelik soos weerlig oor Volmoed dat die Wes-Kaapse regering vrede het met Oudtshoorn se politieke probleme.

Word Oudtshoorn nou ook uitgelewer op ekonomiese gebied!?

Voorvatter raakvatter buite die boks strategiese en taktiese denkers en doeners is nodig om die volstruisbedryf te red.

En gatkruip deur liefs niks kontroversieël kwyt te raak nie, werk nóóit!

Oudtshoorn moet ‘n gatskopstem in die hôgere amptenary kry wat die volstruisbedryf aggressief kan bevorder onder invloedryke beleidmakers!

Dis tyd dat daar op ‘n paar liddorings getrap word!

Wat beslís nie langer gaan werk nie is hierdie verfoeilike owerheidsaanslag: ons kan niks méér doen nie.

Bog!

Click here for the ANC obituary

Cape Town – An outbreak of bird flu has hit an ostrich farm, but authorities said it was unlikely to pose a threat to humans, though additional tests were being carried out after another strain killed eight people in China.
The outbreak has prompted restrictions on the movement of the big birds and their products in the Western Cape, the provincial ministry of agriculture said in a statement on Tuesday.

Tests samples from an ostrich farm near Oudtshoorn, found the presence of the H7N1 virus, the ministry said.

Another strain, H7N9, has killed eight people in eastern China since it was confirmed in humans for the first time last month.

Marna Sinclair, a state vet, said there had been previous incidents of H7N1 viruses in the region, but that none were found to be related to the current Chinese strain and no people have fallen ill.

“There is no real concern. We doubt it is a related virus but are conducting tests to make sure,” she said.

Two years ago, 10 000 ostriches were culled after an outbreak of another, less virulent form of bird flu halted ostrich-meat exports to the European Union.

Klik hier omin te skryf – dis gratis | Adverteer op O!O | Tuis

Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out / Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out / Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out / Change )

Google+ photo

You are commenting using your Google+ account. Log Out / Change )

Connecting to %s