Nou sal die DA se voorsitter glo praat!

Liewe land, práát net! Hou op praat oor praat!

Decision makers turn to O!O first for what’s really happening in Eden
… You’re reading, aren’t you!?
Advertise on O!O – click here for details

Click to follow @DrewanBaird on twitter

Drewan Baird. Oudtshoorn. 12 April 2013. 06h00. Dis nou sés dae sedert ene Dawie Scholtz die bal vir Wilmot James aangegee het.

En die arme DA-voorsitter het hom des moers geloop teen die vlak verdediging.

Ek het James en die DA se kommunikasie-funksionarisse gisteraand baie bondig só laat weet, in ‘n opvolg-pos van die korrespondensie hieronder:

Nou ja tóé. Daar het jy dit nou.

Die DA het geen antwoorde op my vrae nie.

En die lamsakkige verskoning dat ek nie “mooi vra” en “mooi praat” nie is weersinswekkend.

Ek het vrede met die politici se “gevoelens”. As hulle my vrae nie kan beantwoord nie, is ek, volgens die inihoekgedryfdes, “rude”.

‘Seblief tog. Word groot. Klim uit die sandput, trek ‘n langbroek aan, blaas jou neus en praat!

Ek is klaar met die DA.

Drewan Baird. Oudtshoorn. 6 April 2013. 08h10. Ek is vasbeslote om te bepaal of Theuns Botha se heupskoot-instruksie dat sy party-funksionarisse O!O en JEF ignoreer die DA se amptelik standpunt is oor publikasies wat die moeilike vrae vra.

Daarom dié e-pos gister aan Dawie Scholtz, van die DA se segspersoon se kantoor:

Beste Dawie

Ons korrespondensie van die 3de verwys.

In hierdie aandag-era van slimfone en bykans onmiddelike reaksies verneem ek graag teen 17h00 op Sondag, 7 April, of jy instruksies het om nie die gesprek wat jy met my aanhangig gemaak het voort te sit nie.

Indien ek nie ‘n reaksie teen die keertyd ontvang nie sal ek aanvaar dat jy inderdaad opdrag het om nie te reageer nie.

Groetnis, in die naam van ‘n oupin sousaaietie.

Sholtz het só gereageer:

Hi Drewan

Dit lyk my Wilmot James gaan met jou in kontak wees, so wag maar vir sy terugvoering. Daar is geen opdrag in verband met hierdie saak nie. Wilmot is eenvoudig net meer senior as ek, en dus is dit onvanpas vir my om by julle gesprek betrokke te raak.

Groete,
Dawie

Nou ja toe.

Hoe moeilik kan dit nou wees?

Theuns kan mos maar self sê, of hoe?

Vir my is dit ondenkbaar dat ‘n politikus nie geredelik antwoorde verskaf nie.

In dié opsig is daar geen verskil tussen Theuns se weiering om moeilike vrae te beantwoord en Jacob se weiering nie.

‘n Hoofstroom-joernalis het onlangs ruiterlik aan my erken dat “moeilike politieke berigte” getemper word sodat 1) adverteerders nie verjaag word nie, en 2) die politici bereid sal wees om ‘n volgende maal weer inligting te verskaf.

Dus: trap nie op tone nie!

Bog! Snert! O!O se aanslag is heel anders, gehoor!

O!O gee nie ‘n blou duit om om te beledig as belediging nodig is nie, makisaki of dit ANC, DA, of ‘n snotpartytjie soos Icosa is nie.

En Theuns Botha se vloermoer oor vrae wat hy en die DA nie dúrf antwoord nie verdien belediging.

O!O sal daai beledigings gee.

Want O!O het die DA nie nodig vir inligting nie; O!O kry dan júis die inligting wat die DA nie wíl gee nie!

Kom ons kyk wat die goeie dr Wilmot James, party-voorsitter, sê.

________________________________________________________
DREWAN BAIRD COMMUNICATIONSensaytional – 076 349 6316
Making sure they see it your way
________________________________________________________

Click here to receive updates | Advertise on O!O | Home

6 thoughts on “Nou sal die DA se voorsitter glo praat!

  1. Die DA klink absoluut net soos Zuma se storie oor CAR !
    Dont question the carcasses coming out of CAR, be obedient and do as we say.Die hele spul DA Narre leer moes by die ANC’s en hul sondes haal hul vinnig in terwyl getroue ondersteuners naarstigtilik na n ander, hetsy ONAFHANKLIKE tuiste soek. Die Groot Trek het begin
    Gespuis van eenderse vere,

  2. It takes time to fabricate a story and distort the truth.

    Give the DA some time to answer.

  3. You waste your time. The DA does not respond to questions. It is not in their culture to do so. They ask the questions and everybody else must answer. Understand?

    “Ours not to reason why, ours to do or die.”

    Settle down now and shut up, you turbulent priest. Just vote for them. Your vote is their vote and you owe it to them. You must because they are great and you are not.

  4. Wilmot, want neem jou so laaank as ‘Functionary” Kyk gerus die definisie van n ‘functionary’ op soos onlangs op OO weergegee, blyk volmaak in Wilmot se kamp te pas. Wees gegroet ou grote !!

Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out / Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out / Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out / Change )

Google+ photo

You are commenting using your Google+ account. Log Out / Change )

Connecting to %s