“Dis reg so, my baas”

Bruine ja en amen witte in Eden-raad

Kom wat wil tussen die oë feitelike beriggewing van wat
jy waarskynlik selfs nie eens besef jy behoort te wil weet nie

Jou advertensies is net so goed soos die mense wat dit sien – wat dit oor en oor sien! Jy wil besigheid doen met OO-lesers: Mense met geld en beheer oor korporatiewe begrotings. Klik hier

Klik hier om @OudtshoornO op twitter te volg

Oudtshoorn. 4 April 2013. 10h25. Die DA se skouspelagtige onkapabelheid in Eden het nuwe laagtepunt bereik toe die party se Henri McCombi verlede week openlik met die ANC-sweep, Pieter van der Hoven saamgestem het tydens ‘n spesiale raadsvergadering.

Van der Hoven het beswaar gemaak dat diensleweringsitems van ‘n vorige vergadering oorgestaan het en teen die speaker uitgevaar: “Dit is ‘n skande dat die items vandag weer voor die raad dien. Hierdie is diensleweringsaspekte en ons was bereid om met die vorige vergadering daaraan deel te neem, maar u het die vergadering verdaag.”

Christo Vermaak van die George Herald berig dat ‘n mens ‘n speld kon hoor val toe McCombi, teen politieke beleid in, opstaan en sê: “Ek stem saam met raadslid Van der Hoven. Ek stel voor dat die raad dié items bespreek en voortgaan met dienslewering.”

Volgens Vermaak is baie tong in die kies uitlatings gemaak toe McCombi weer sy stoel ingeneem het, maar die erns van ‘n moontlike strategiese fout kon op die gesigte van DA-lede gesien word.

Waar is die baas van die DA-plaas – Alan Winde, die nuwe kiesafdelingshoof?

Nee kyk, O!O sê mos darem al lá-a-ánkal dat snare soos McCombi en Wessie van der Westhuizen in hulle se harte in ANC is. Daar kan min fout gevind word met ‘n ondersteuningskreet vir dienslewering, maar dis juis dié vlak kortdolkstekies wat die ANC-in-die-kas-lede weggee.

En die DA-leierskap kyk heelpad annerpad. Ivan Meyer, Theuns Botha, Anton Bredell, Alan Winde, en Jaco Londt se politieke sklerose is nie meer bloot ‘n verleentheid vir alle DA-ondersteuners met voldoende breinfunksie om willekeurige liggaamsfunksies te bestuur nie; dié hopelose lotjie is besig om Eden uit te boer.

Géén kroonjuwele nie!

Al waarvoor O!O nou wag is vir Bredell om Van der Hoven en McCombi geluk te wens met hulle dienslewerings-entoesiasme.

En gló my, my lankmoedige lesers: só ‘n vermaledyde ding is sommer báie moontlik!

Ek skaam my nie meer vir die DA nie; ek lag openlik vir die DA – ‘n party waarmee ek níks te doene wil hê nie.

En jý?

Klik hier omin te skryf – dis gratis | Adverteer op O!O | Tuis

Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out / Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out / Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out / Change )

Google+ photo

You are commenting using your Google+ account. Log Out / Change )

Connecting to %s