Sê ons asseblief, voorsitter Roberts!

Hoekom is Wessie van der Westhuizen die koukusvoorsitter op Oudtshoorn!?
Wat sê dít van die DA se tamatiekisprekerigheid oor “skoon regering”!?

Kom wat wil tussen die oë feitelike beriggewing van wat
jy waarskynlik selfs nie eens besef jy behoort te wil weet nie

Jou advertensies is net so goed soos die mense wat dit sien – wat dit oor en oor sien! Jy wil besigheid doen met OO-lesers: Mense met geld en beheer oor korporatiewe begrotings. Klik hier

Klik hier om @OudtshoornO op twitter te volg

Drewan Baird. Oudtshoorn. 3 April 2012. 09h40. Die DA se skokwekkende dubbelstandaard oor “skoon regering” word deur Wessie van der Westhuizen se voortslepende leierskap in die Oudtshoorn-koukus onderstreep.

En die DA antwoord nie moeilike vrae nie, soos O!O-lesers teen dié tyd reeds weet.

Ek het hierdie brief aan die voorsitter van die kiesafdelingsbestuur gestuur, met afskrifte aan elke DA-raadslid op Oudtshoorn… én aan die “Dierbare Leiers”, vir wat dít ook al werd mag wees:

Die Voorsitter
Mnr Peter Roberts
Kiesafdelingsbestuur
DA Oudtshoorn

Mnr Roberts

Hoekom behou die koukus Wessie van der Westhuizen as voorsitter onder die volgende omstandighede:

1) Sy traagheid om die bevindinge van die KPMG-verslag oor Eden te ondersoek;

2) Die bevindinge van die ENS-verslag oor reis-en verblyfeise in Eden;

3) Die bevindinge oor die verkeersgevaar wat die gebruik van sy amptelike voertuig inhou;

4) Die verskeie klagtes wat die einste koukus sedert Junie 2011 teen hom aanhangig gemaak het.

Die voorsitter van ‘n koukus word in die algemeen beskou as ‘n party se waarskynlike burgemeesterskandidaat en ek wil die DA se keuses vir voorkeur leiers in ‘n alternatiewe dorpsregering graag begryp voordat ek my stem in ‘n volgende verkiesing uitbring, of selfs die party se veldtog ondersteun.

Van der Westhuizen se voortgesette voorsitterskap is op die oog af nie versoenbaar met Die DA se standpunt oor skoon regering nie en ek ontvang u buitengewone redes vir hierdie onreëlmatigheid graag so spoedig moontlik per kerende e-pos.

_______________________________________________________________________
• Public Relations • Media Relations • Crisis Communication • Reputation Management

________________________________________________________

Klik hier omin te skryf – dis gratis | Adverteer op O!O | Tuis

3 thoughts on “Sê ons asseblief, voorsitter Roberts!

  1. Mnr Peter Roberts ken iemand wat hierdie vrae namens hom kan antwoord. Rig jou vrae aan daardie persoon. Roberts is niks anders as ‘n regstellende kwota aanstelling nie. As die DA slim is sal hulle hom weg hou van openbare optredes, veral om vrae soos die wat O!O stel te beantwoord. Kyk maaar wat gaan gebeur. Ek se weer, Roberts handhaaf ‘n lae werks etiek en kan nie vertrou word nie. Daar is tog sekerlik beter kandidate uit sy gemeenskap. Oorhaastige optrede van DA herinner aan hulle swak leiersbevoegdheid gekenmerk deur swak beplanning en gebrek aan strategiese beplanning.

  2. nobody will reply

    DA just as bad, if not worse at the moment, as the ANC

  3. What’s new.
    The DA and ANC, one and the same when it comes to hiding their sins, preaching something different
    The PUBLIC CHALLENGES the DA to come clean on the Wessie vd Westhuizen saga and Mr Roberts response will be very insightful of the way forward, if any at all !!

Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out / Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out / Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out / Change )

Google+ photo

You are commenting using your Google+ account. Log Out / Change )

Connecting to %s